31 Mei 1902... en ons onthou! PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 31 Mei 2012 10:25

Free Cliffie! Free all Boers! Balmoral, 27 Mei 2012

Op 27 Mei 2012, het Boere bymekaar gekom te Balmoral, om hulde te bring en kranse te lê ter herinnering aan die duisende Boerevrouens en-kinders wat deur die Engelse vermoor is in die Engelse Oorlog van 1899...-1902.

Op die einste grond waar soveel vroue soveel trane gestort het oor hulle geliefdes, het ons weer Boervroutrane sien drup,toe Mienie Pretorius, dapper ma van Boerekryger Wilhelm Pretorius, een van sy gedigte voorgelees het. Die Boerevolk het weer gerou.

Dr Lets Pretorius, self 'n aangeklaagde in die Boeremagsaak en pa van Wilhelm het die lot van ons Boeregevangenis, uitgelig. Telkemale wou sy gemoed ook volskiet. Agter hom en teen die heining van die kerkhof, was die spandoek uit Italië, netjies gespan deur jong Boerevroue en mans, wat ons pleidooi vir die loslating van ons gevangenes bepleit het. Die spandoek is handgeverf in Italië deur die Italiaanse patriot en Boergesinde, Maccio Maccini, met die opdrag om die doek te span, waar ons kan, by verrigtinge waar Boer bymekaar kom.

Cliffie Barnard se naam verskyn prominent op die doek. Hy sit al veertien jaar in die tronk. So kon ons ook hulde bring aan nog 'n dapper Boerevrou, Lorraine Barnard, wat al veertien jaar by Cliif staan en daagliks spartel om liggaam en siel aanmekaar te hou.

Ons het gegaan om ons gebod te betaal een ons vaders en moeders te eer. Ons het die gordyn van 110 jaar se lyding en knegskap teruggeskuif. Sedert 1902, was ons Boere nog nie vry nie. Ons wil nie langer knegte wees nie!!

Piet “Skiet” Rudolph