Hoof Kieslys
Boere geskiedenis
| Boeremagsaak: Verraad, verraaiers, getuies en informante - Piet Rudolph |
|
|
|
| Sondag, 15 Julie 2012 07:07 |
|
Verraad, verraaiers, getuies en informante
Die Boerevolk word lamgelê, deur verraad, praatjies van verraad, mense wat saampraat, saamdoen en dan omvlieg en getuienis teen hulle makkers aflê of vir dertig silwerlinge, gewone skindernuusdraers word. Dit is alles deel van die opslag van die oorlog wat teen ons gevoer word om ons stryd te vertraag of te probeer vernietig. Dit is 'n magtige wapen in die hande van ons vyande, die Bolsjewiste. Daarom bly dit ons argument, om disinformasie teen te werk, moet dié wat bewerings maak, dit bewys. Dit is juis die agente wat dikwels die bewerings rondstrooi in opdrag van hulle hanteerders. Bewerings sonder bewyse is skinderstories. |



