Boeremag: uitspraak begin, 23 Julie 2012 - Wilhelm Pretorius PDF Afdruk E-pos
Maandag, 23 Julie 2012 22:04

Johan en Wilhelm Pretorius - Boere-gevangenes (23 Julie 2012)Die uitspraak het vandag begin. Baie dankie vir al die mense wat daar was en ook die wat in die gees daar was. Dankie vir al die gebede. Dit was besonders om so baie mense daar te sien, ook van die gesigte wat 'n mens hier leer ontmoet het.

Vandag se uitspraak kan eintlik opgesom word as volg:
Die staat is reg met alles, al ons betoe word verwerp. Dit sluit in:
Die hofsaak was nie onregverdig weens die lengte van die verhoor nie;
die hofsaak was nie onregverdig weens die feit dat ons vir 7 jaar gesukkel het om ons volkeregtelike saak te voer nie;
Ek is nooit gemartel nie en dit word aanvaar dat ek ongeveer 7 keer my regte voorgelees is deur 5 verskillende polisie beamptes, onder andere Vice, Lotter en Claasens.

Die saak uitspraak sal more voortgaan en sal verseker nie binne 3 weke afgehandel word nie.

Wilhelm Pretorius

 

Internasionale oproep vir die Boere-gevangenes van die “Boeremag”! (2012)