Regs of Pro-Boers? - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 26 Julie 2012 11:53

Regs of Pro-Boers?

ZAR - OVSEk stamp my kop gereeld op sogenaamde regse werwe met ander regses, en dan is daar die wat verklaar geen vyhande na regs ens, tog kan ek nie daarmee saamstem of vereenselwig nie. Dan is daar die manne wat graag wil voorgee dat ek nou verdelend is wanneer ek die Boervolk se saak bepleit teenoor Afrikaner sake, Afrikaner eenheid en sulke twak.

Ek kom ook agter dat daar heelwat mense is wat niks weet nie, hulle was heel gediend met hierdie 'nuwe SA' tot hulle op een of ander dag besluit het dat hulle nou iets gaan begin doen aan die onregte, misdaad ens. Hulle is dan nou 'regs' en wissel van DA ondersteuners tot by stoere AWB ondersteuners of wat ookal.

Die kruks is dat dit twee afsondelike groepe is, ek is nie net regs nie, ek is n Boer en veg ons stryd om vryheid. Vryheid in my boeke beteken Soewereine onafhanklikheid. Ek ondersteun dus groepeeringe en projekte wat hulself uitspreek in die verband. Ek is geen kompromis nie en soek nie troospryse nie, as mens aan die begin begin veg vir n troosprys weet ek nie waar jy gaan opeindig nie, maar hou in gedagte dat die ZAR tussen 1881 en 1899 selfbeskiking gehad het maar nie soewereine onafhankikheid nie.

Dus doen ek n beroep op mede Boere om te besin of hul Boerevryheidsvegters is en of hulle net Regses is?

Wanneer daardie besluit gemaak is, dan kan ons saam begin aanstap

Groete
Marius Harding