Bywoning van laaste uitspraak in Boeremag verhoor - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 17 Augustus 2012 23:53

Uitnodiging

Maandag 20 Augustus 2012

Pretoria Hooggeregshof

09:30


Bywoning van laaste uitspraak in Boeremag verhoor

Boere gevangenes

Geagte volksgenote, op Maandag 20 Augustus is die laaste uitspraak van die Boeremag verhoor by die Pretoria Hooggeregshof te Vermeulenstraat Pretoria. Ons nooi volksgenote om saam met ons die hofverigtinge te kom bywoon.

Ons gaan om 9:30 n gebed doen voor die hof waarna ons die hofverigtinge gaan bywoon.

Ons rig ook n spesiale versoek aan alle organisasies wat die Boervolk se saak gewillig is om by te woon.

Hierdie is n geskiedkundige gebeurtenis in ons volk se stryd om oorlewing en sal in die toekoms van waarde wees om te kan verklaar: Ek was daar!

Kom wys jou solidariteit met die manne wat vir jou en my kinders se toekoms iets probeer doen het en bereid was om offers te bring.

Ons nooi die nationale en internationale pers om teenwoordig te wees, aangesien ons n persverklaring gaan uitreik na afloop van die hofverigtinge.

Nooi asseblief u vriende en familie om ook by te woon.

Groete

- Marius Harding