17 Sept 1990-2012, 22 jaar gelede! Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 17 September 2012 19:45

17 SEPTEMBER 1990 - 22 JAAR GELEDE!

Op 10 Oktober 1989 was dit duidelik dat die NP met FW de Klerk, op die voorpunt gaan kapituleer. Uit die geledere van die AWB was daar die enigste noemenswaardige buite-parlementêre teenstand en weerstand. Die gevaar was egter dat die AWB nie openlik weerstand en opstand kon oorweeg sonder om sanksies op die lyf te loop nie.

Die Orde Boerevolk is gestig om as stormram te dien om die NP-regering aan te vat, desnoods met die wapen en openlik te agiteer vir die herstel van die Boerevolk se vryheid. Die houding was om egter eers te wag en kyk want die volk moes nie te vêr agtergelaat word met optredes wat as terrorisme uitgemaak kan word nie.

Eugene Terre'Blanche, Welkom, 1990


Die Boom van Sameswering, VentersdorpIn Januarie 1990 het 8 lede van die AWB weer bymekaar gekom onder leiding van Eugene Terre'Blanche onder die wilgebome in die park by Ventersdorp, om na die situasie te kyk en besluite te neem. By hierdie vergadering waar daar twee predikante teenwoordig was, is besluit dat die situasie onveranderd was en dat ek, wyle Dirk Ackerman en Willem Boshoff, die opstand teen De Klerk se regering moes organiseer. Daar moes gesoek word na wapens.

De Klerk se verraad met die ontbanning van die ANC, die loslating van Nelson Mandela en sy parlementêre aankondigings daaroor, is ou nuus. Feit is dat ons sy planne reg gelees het en dat opstand vir ons 'n dure plig geword het. Van die eerste goed wat ons gedoen het is die wapendiefstal by die Lugmag in April 1990. Daarvandaan het aksies mekaar snel opgevolg en is in Junie 1990 gevolg met Adriaan Vlok, die minister van polisie se beloning van R50 000 op my kop. Dit het my pas aansienlik vertraag omdat van toe af, ek omtrent net in die nag kon beweeg en ook net in die geselskap van absolute vertrouelinge.

Piet “Skiet” Rudolph, 1991Op 17 September 1990 is ek deur 'n "vertroueling" na 'n rondevous by die Voortekkermonument genooi. Hierdie vertroueling se statuur was onberispelik in regse geledere en elke regse wat hom geken het, sou hom 200% vertrou het. Van daardie oomblik af was die Veiligheidspolisie op my spoor. Ek is in Paul Krugerstraat, Les Marais gearresteer en ek sou eers weer in Maart 1991, na 6 maande van aanhouding onder Artikel 29 losgelaat. Dit was te danke aan de Klerk se onderhandeling met en die loslatings van die ANC-aangehoudenes. Die dag toe ek losgelaat is, is 40 ANC-kaders losgelaat. Van daardie dag af is 'n kampanje van swartsmeer en verdagmakery teen my gevolg tot vandag toe. Dit is egter 'n storie vir 'n ander dag.

Op 9 Augustus 1991 sou ons egter weer 'n kans kry om met FW de Klerk op Ventersdorp slaags te raak. Hy het na Ventersdorp gekom in 'n helikopter en het met 'n Njala daar weggevlug.

Ek is egter dankbaar dat ek gespaar is om die storie te vertel. Van my ander kamerade soos Eugene Terre'Blanche, Dirk Ackerman, ds Coenie Snyman en Henk Bredenhan en sy pa, Kallie, het aanbeweeg. Ander is in die buiteland.

Die stryd duur voort.

Piet Rudolph (17/9/2012)