Die Boom van Sameswering - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 26 Oktober 2010 00:08

Die Boom van Sameswering - Ventersdorp

Piet Rudolph se aanmerking.
Hier te lande gaan dit nie goed nie. Die verraad en die verdeeldheid is groot en uiteindelik sal ons verdeel in drie groepe, Afrikaners, Boere en South Africans.

Onthou jy vir JP in die AWB. 'n Ou strydmakker wat onskuldig toegesluit is vir Melrose-huis in 1990? Ons het aan die begin van 1990 as 'n groepie onder die wilgers by Ventersdorp bymekaar gekom en as 'n aksie van die AWB besluit om "oorlog" te maak. Dit is waar die Orde Boerevolk sy aksies moes begin. Ek stuur jou 'n foto van die boom 20 jaar later, Kyk na die littekensa op hom en sie ons volk.

Dit was 'n pragtige boom, Maar in dieselfde jaar slaan die Weerlig hom plat met die aarde. Daardie wilgeboom het weer begin groei. Drie aparte bome- sterk en gesond. Vir my is die boodskap nie soos jy wil nie, maar soos Ek wil. Van die manne wat daar was, is al heen. Daar het nog net drie vegters oorgebly. Die ander het oorgegee en uit die prentjie verdwyn. Dit is wat ons is-Klein wingerukte westerloot.

Ons sal weer opstaan!

Piet.