14 Oktober 2012 PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 19 September 2012 20:51

BEPLANNING VIR DIE KRUGERDAG HERDENKING VAN BOERVROUE EN KINDERS - 14 OKTOBER 2012

Die geboortedag van pres Kruger val hierdie jaar op 'n weeksdag. Ook die uitbreekn van die oorlog 113 jaar gelede. Omdat in die NSA, die dag nie meer 'n vakansiedag is nie, sal ons hierdie jaar op Sondag, 14 Oktober die kranslegging hou vir die vroue en kinders deur die Engelse vermoor.

Tentatief, lyk dit of ons weer sal saamtrek by Balmoral, Heidelberg, Klerksdorp, Krugersdorp. Merebank en Pietermaritzburg en twee plekke in die Vrystaat.

As daar enige ander plekke is met konsentrasiekampkerkhowe wat graag deel van ons herdenking wil wees, sal dit gaaf wees as u met ons in verbinding sal tree.

Vir hierdie rondte het ons 'n aantal Boerevolksgenote wat bereid is om op te tree as sprekers : Jan Diederiks, Marius Harding, Jp Meyer, Gustav Muller en Rudie Rousseau. Hierdie manne het dit erns met die saak en is nie net praatjiemakers nie.

ALLE BOEREVOLKSGENOTE WORD HARTLIK UITGENOOI OM DEEL TE WEES EN OM ONS GELOFTES TE BETAAL. ONS SAL ONTHOU!!!!!

Boer kind