Byeenkoms Balmoral, 14 Okt. 2012 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 09 Oktober 2012 10:29

BYEENKOMS BALMORAL - 14 OKTOBER 2012

Die 10 Oktober is 'n gebeurtenisvolle dag in die geskiedenis van die Boerevolk. Dit is die geboortedag van een van die grootste staatsmanne wat Afrika nog opgelewer het. Miskien klein in die wêreldpolitiek maar 'n kolos in Afrika waar hy sulke diep spore getrap het vir die vryheid van sy geliefde volk. 'n Man van statuur wat hom hardnekkig verset het teen die magtige Britse Empaaier en sy vernietingspolitiek. Foute het hy gehad maar hy was nie 'n tweegatjakkals soos meeste van die sogenaamde "leiers" van vandag nie. So was dit ook bestem dat die Engelse Oorlog van 1899-1902 aan pres. Paul Kruger se verjaardag gekoppel sou word. Dit staan onuitwisbaar aangeteken vir alle eeue. So ook die gepoogde uitwissing van Boervroue en kinders in daardie oorlog.

Vandag belewe die Boervolk weer 'n uitwissingsaanslag teen hom en elke witman in Suid-Afrika. Ons erfenis word vertrap en vernietig. Die kommuniste trek rooi strepe deur ons geskiedenis en hier en daar, is daar flou protes. Ons hoor weer oral die kreet van kompromie. Nooit was ons so naby aan uitwissing as juis nou nie.

Daarom gaan ons Balmoral toe op 14 Oktober om 11 00 om ons Vierkleur te hys en kranse te lê op die grafte van ons helde aldaar. Ons doen dit as 'n daad van meelewing saam met soveel ander Boerevolksgenote wat weier om oor te gee en te vergeet. ONS SAL ONTHOU!

Is dit u erns! Sien u by Balmoral op 14 Oktober om 11 uur!

Piet Rudolph - 072 419 3516.

Paul Kruger