Dit is die maand Oktober... - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 16 Oktober 2012 17:42

“Dit is die maand Oktober.....”

Oranje-Vrystaat - Zuid Afrikaanse Republiek

Die mooiste maand. Maar is dit so, as ons terugdink wat die gevolge was vir die Boerevolk, toe die Engelse Oorlog, 113 jaar gelede teen hierdie klein volkie gevoer is om hom uit te wis?

Vandag sit ons presies in dieselfde toestand. Deur die verraad van ons eie mense, het ons oornag slawe geword en heers knegte oor ons. Ons mense word daeliks nog meer verkneg. Ons word vertrap, verjaag, verkrag en vermoor sonder dat ons die wil of die moed het om iets daaraan te doen. 'n Groot persentasie van ons mense aanvaar dit wat oor ons gekom het, willoos en gelate. In die kerke en die skole buig diegene wat leiding moet gee, voor die veroweraar en leer nog diegene waarvoor hulle verantwoordelik is om goeie slawe te wees.

Daar is egter onder ons, diegene wat die knieg nie voor Baäl sal buig nie. Wat weier om die stryd van ons voorsate, te laat vaar en nie omgekoop kan word met 'n pot lensiesop nie. Vandag praat ons met hulle. Vir u wil ons sê: Hou so aan! Die dag is besig om te breek. Ons sal weer vryword. Nie met halfgebakte plannetjies of kompromis-praksasies nie. Nie met krete van volkstatjies en sogenaamde selfbeskikking nie; dit is praatjies vir die vaak. Ons wil die Boerevolk bymekaar maak op daardie grondgebied waarvoor 35 000 kinders en vroue met hulle lewens geboet het om vry te wees. Totale soewereine ONAFHANKLIKHEID ONDER ONS VLAE EN ONDER ONS EIE REGERING. ONS EIS DIT- Piet Rudolph (16/10/2012)