Die strewe en stryd van ons volk, 1902 - 1994 - Mike du Toit PDF Afdruk E-pos
Sondag, 21 Oktober 2012 11:07

DIE STREWE EN STRYD VAN ONS VOLK, 1902 – 1994
deur Mike du Toit

Die strewe en stryd van ons volk, 1902 - 1994 - Mike du Toit

Die skrywer, Mike du Toit, is beskuldige nommer 1 in die sogenaamde Boeremagsaak. Hy is in Julie 2012 aan Hoogverraad skuldig bevind, die eerste Blanke in die geskiedenis van Suid-Afrika wat aan Hoogverraad skuldig bevind is omdat hy na bewering die ANC-regering wou omvêrwerp.

Mike het verskeie akademiese kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria verwerf, naamlik:
- BA(Ed),
- BA(Honneurs)(Geskiedenis),
- BA(Honneurs)(Filosofie), en
- MA(Filosofie) cum laude.
Hy was ‘n geskiedenis dosent aan Vista Universiteit en ‘n deeltydse dosent in argeologie aan die Universiteit van Pretoria.

Die boek DIE STREWE EN STRYD VAN ONS VOLK, 1902 – 1994 handel oor ons volk se 20ste eeuse geskiedenis. Dit vertel wie ons volk is en hoe ons volk se strewe tot uitdrukking gekom het in die politieke stryd van 1902 tot 1994, wie ons volk se vyande is en hoe hulle strewe tot uitdrukking gekom het in hulle stryd teen ons, die twee teenoorstaande Suid-Afrikaanse politieke tradisies, die drie hooftydperke en ses belangrike datums.

Die boek behandel onder andere die oorlog wat die ANC-SAKP op 16 Desember 1961, die PAC in Januarie 1962 en sekere linkse Blankes in Mei 1964 teen Blanke- en Afrikaner oppergesag oor Blank Suid-Afrika begin het. Dit wys daarop dat dié oorlog in September 1984 tot 'n openlike binnelandse oorlog ontwikkel het en dat die KODESA-onderhandelinge maar net die vredesonderhandelinge van dié oorlog was, waartydens die mag aan die ANC-SAKP oorgedra is.

Die boek grootte is A5, die skrif grootte is Times New Roman 10, die boek beslaan 370 bladsye met ‘n bronnelys en ‘n indeks. Die prys is R220 posgeld ingesluit, R200 sonder posgeld.

Mike du Toit is ook die skrywer van twee ander vakwetenskaplike boeke:

- RAS, VOLK, TAAL EN RELIGIE: OPSTELLE OOR ONS INDO-EUROPESE EN GERMAANSE VOORGESKIEDENIS EN IDENTITEIT,

en

- PARADIGMAS, WETENSKAPSREWOLUSIES, DISKONTINUÏTEIT EN KONTINUÏTEIT BY DIE STUDIE VAN DIE EUROPESE VOORGESKIEDENIS.

Vir Bestellings kontak asseblief vir Linda Botha Joubert per boodskapper op FB
https://www.facebook.com/linda.bothajoubert