4 020 wit boere vermoor. Projek 4020 PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 01 November 2012 17:40

PROJEK 4020

4 020 wit boere vermoor. Projek 4020

Sedert 1994 is 4 020 boere vermoor. Blankes wat in stedelike gebiede gesterf het weens aanvalle, aanrandings en moorde staan op meer as 60 000. Ons volk bevind hom in 'n volksmoord situasie. Dr Gregory Stanton van Genocide Watch het ons opgeskuif na vlak 6 uit 8 van totale volksmoord. Gaan google gerus SA genocide en vergewis uself met die skokkende feite.

'n Klompie besorgde volksgenote het besluit om hierdie boodskap uit te dra en bekend te maak onder ons volk. Johann van der Merwe, 'n jong besorgde boer, gaan vir 72 uur in n doodskis lê. Hierdeur gaan hy poog om aandag te trek, om hierdie verskriklike boodskap van moord en slagting onder ons volk, uit te dra na ons volk. Langsaan hom word n tweede kis beskikbaar gestel vir Jan Publiek. Elkeen van u wat empatie met ons volk het, wat die saak ondersteun, word genooi om vir 1 uur in die 2e kis te kom lê ter ondersteuning van die saak. U ervaring word opgeneem en u kommentaar op you-tube geplaas, vir Suid-Afrika en die res van die wêreld om te sien!

Aangeheg is n tydsrooster. Vul dit asb in in die tydgleuf wat vir u geskik sal wees. Let daarop dat die skedule oor 24uur loop. U kan dus na werk, saans, snags, enige tyd wat vir u gerieflik is, hierdie projek kom ondersteun. Kom spandeer 'n uur in die kis, wys vir ons mense dat u waarlik 'n volksmens is!

Ons begin vandag, 1 November 2012 om 12h00 en maak klaar Sondag 4 November 2012 om 12h00.

Alle bewegings, partye, instansies, almal wat die volksaak steun, word hiermee hartlik genooi om by ons te kom aansluit. U is welkom om u stalletjie daar te kom oprig. Daar is GEEN koste aan verbonde nie. Ons vra net u ondersteuning. Kom hou stil by ons, kom gesels, kom drink saam koffie, kom kuier by die vuurtjie vanaand, kom braai u vleisie, kom ondersteun ons! ASSEBLIEF!!

Ons rig 'n uitdaging aan ieder en elk van u, hetsy party/beweging/instansie/individu/professor/dokter/doktor/dominee/pastoor/mnr/mev/mej, wat verkondig dat u die volksaak steun, om te kom wys waar u hart lê. Jong Minke wat verlede week in Springs geskiet is deur kapers, word vandag begrawe. Dit kon u kind gewees het!

Plek: Ermeloweg, Springs
Regoor die Shell vulstasie, langs die koskaravaantjie.

Navrae: Johann vd Merwe 082 4000 625 (tot 12h00 vandag, daarna gaan hy in die kis lê)

Elna Lush 083 734 0200
Johan Prinsloo 083 449 4049


Epos asb u voltooideskedule/verlangde tydgleuf na: vanohanx@hotmail.com

LW: Geen ander sg “Afrikaanse instansie” wat deur ons genader is, was bereid om ons op hulle perseel toe te laat nie, weens vrese dat dit hulle “ander” kliënte sal aanstoot neem! Daarom staan ons in Ermeloweg. ONS VOLK HET SKAAM GEWORD VIR SY HERKOMS, SKAAM VIR WIE EN WAT HY IS, SKAAM WAT HY VERTEENWOORDIG!!

Die Geloftevolk Republikeine


4 020 wit boere vermoor. Projek 4020

4 020 wit boere vermoor. Projek 4020