Gietoffers Van My Siel - Boerius (Wilhelm Pretorius) PDF Afdruk E-pos
Maandag, 10 Desember 2012 23:36

“Gietoffers Van My Siel”
’n Gedigtebundel deur Boerius

Gietoffers Van My Siel - Boerius (Wilhelm Pretorius)“GIETOFFERS VAN MY SIEL” is ’n gedigtebundel van Boerius (Wilhelm Pretorius). Dit het in die gevangenis ontstaan binne maand nadat hy internet toegang gekry het deur middel van ’n hofbevel. Verskeie gedigte is op Facebook geplaas wat eindelik uitgevloei het in hierdie bundel. Hy is beskuldigde 21 in die Boeremagsaak en is al sedert 2002 as verhoorafwagtende in aanhouding. In 2012 is hy skuldig bevind aan hoogverraad, en sameswering tot ’n misdryf in ’n poging om oud president Mandela te dood.
Hierdie spesifieke bundel is die enigste een wat deur die beskuldigdes in aanhouding SOWEL as die beskuldigdes op borgtog geteken is en is ʼn besonderse versamelstuk vir enige opregte Boer en sal dus vir die geslagte wat na ons kom van groot waarde wees. Dink vir een oomblik daaraan wat die waarde sou wees van ʼn geskrif met die handtekeninge in van die Voortrekkers of die 1914-Rebelle, onbekombaar vandag, maar hier het u die geleentheid om ʼn stukkie eietydse geskiedenis te bekom. Hierdie bundel het nie net versamel- en sentimentele waarde nie, maar gee ons ook ʼn venster van die beskuldigde se siel na byna 10 jaar in gevangeskap.

“GIETOFFERS VAN MY SIEL” is ’n eggo van die klassieke Afrikaanse digter in die moderne tyd. Mellet Moll, digter en akademikus skryf as volg: Dit was vir my aangrypend om Boerius (Wilhelm Pretorius) se gedigte iewers in Desember 2011 raak te lees. ʼn Digterstem wat duidelik en diep met my gepraat het teen ʼn agtergrond van andersins middelmatige hedendaagse werk; wat my herinner het waaroor Afrikaanse digkuns gaan en wat my nostalgies gemaak het oor die klassieke digvorme in ons taal. Hier het ʼn jongman se werk voor my gestaan, my vierkantig in die oë gekyk en onbeskaamd gepraat oor die Allerhoogste, oor Boer wees en oor ons trotse erfenis.
Dit is vir my ʼn voorreg om myself met sy werk te assosieer, nog meer omdat hy nie net dig oor bogenoemde nie, maar selfs sy vryheid daarvoor moes prysgee. Mag ek eendag sy hand skud - intussen hoop ek hierdie saluut en die wete dat hy ook in my bedes is, is voldoende.
http://www.facebook.com/pages/Gedigte-van-n-Boer/292198034159369?ref=hl.
LET WEL: Die veiling sal in aanvang neem direk na die plasing hiervan en voortduur tot om 17:00 op Vrydag, 14 Desember 2012.

Free the Boer prisoners / Bevry die Boeregevangenes

 

“Gietoffers Van My Siel”, ’n Gedigtebundel deur Boerius