“Die Swewende Siel” - André Tibert du Toit PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 11 Desember 2012 15:00

“Die Swewende Siel”


Die Swewende Siel - André Tibert du ToitDie digbundel “Die Swewende Siel” deur André Tibert du Toit, beskuldigde nommer 2, in die sogenaamde Boeremagsaak, wat gedurende Julie 2012 skuldig bevind is aan Hoogverraad, is weer op veiling.
Hierdie spesifieke bundel is die enigste een wat deur die beskuldigdes in aanhouding SOWEL as die beskuldigdes op borgtog geteken is en is ‘n besonderse versamelstuk vir enige opregte Boer en sal dus vir die geslagte wat na ons kom van groot waarde wees. Dink vir een oomblik daaraan wat die waarde sou wees van ‘n geskrif met die handtekeninge in van die Voortrekkers of die 1914-Rebelle, onbekombaar vandag, maar hier het u die geleentheid om ‘n stukkie eietydse geskiedenis te bekom. Hierdie bundel het nie net versamel- en sentimentele waarde nie, maar gee ons ook ‘n venster van die beskuldigde se siel na byna 11 jaar in gevangeskap.
Gedigte in hierdie bundel is verdeel in onderafdelings en sluit in, gedigte oor Volk en Vaderland, Familie, die Religie, die Liefde, die Lewe, die Tronk, die Natuur en ook Kinderversies en was reeds in 2008 gepubliseer, is in A5 formaat en beslaan 123 bladsye. Daar was ook verskeie resensies oor hierdie bundel in die verlede en een daarvan kan gesien word by die volgende skakel: http://www.stormfront.org/forum/t361810-4/#post6599981.
Sommige van die gedigte in hierdie gewilde bundel is ook beskikbaar op die blad van die bundel “Die Swewende Siel” by die skakel https://www.facebook.com/pages/Die-Swewende-Siel/141556922625827.
LET WEL: Die veiling sal in aanvang neem direk na die plasing hiervan en voortduur tot om 17:00 op Vrydag, 14 Desember 2012.

Free the Boer prisoners / Bevry die Boeregevangenes

Die Swewende Siel - André Tibert du Toit