Ope Brief aan ons Boerehelde - Marius Harding PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 12 Desember 2012 13:26

Ope Brief aan ons Boerehelde

Soms raak ek stil en bedink n oomblik julle lot... slagoffers van dit wat my hart vul... vryheid vir my nageslag!

Ek dink aan almal van Cliffie tot Phil deur tot by die Pretorius familie.. die ongevonisde slagoffers is die families by die huis.... jarrelange vonnisse reeds uitgedien. Die Boeremagsaak is letterlik n bespotting van geregtigheid... daar is regte moordenaars wat ou weerlose Boeremense vermoor het wat al weer vry op straat is en in sommige gevalle al besig om weer n vonnis uit te dien terwyl die staat hul konkoksiesaak bewimpel het....

Manne ons Boere hier buite is besig om oor julle te dig, liedjies te skryf en julle groot te maak voor julle volk.... Helde in jul eie tyd... die volk waardeer jul offers, al is dit in baie gevalle dat die staat julle slegs geimpliseer het met bog, dit maak nie die straf minder of die offers kleiner nie.

Op 20 Desember hou ons Jopie Fourie dag en sal ook vanaf die 9de tot die 16de deurgaan spesiaal aan julle dink.

Ek bedank elke Boerevryheids vegter en dan ook hulle families wat jul offers op die altaar plaas en versoek my volksgenote om hierdie manne, vroue en klein kindertjies in te omvou met liefde en respek en ondersteuning.

Groete
Marius

Boere gevangenes