Die Boerevolk bestaan in eie reg - Lets Pretorius PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 20 Desember 2012 07:07

Die BOEREVOLK bestaan in EIE REG
deur Dr. Johan (Lets) Pretorius
Vanaf: Boerevryheid (Gepubliseer op 12 Dec 2012)

Alle Afrikaners is nie Boere nie

1. OPSOMMING

Tydens die 17de eeu het Europeërs hulself uit verskillende stamlande aan die Suidpunt van Afrika gevestig. Twee Blanke, (uiteindelik) Afrikaanssprekende groeperinge, het weens verskeie omstandighede tot stand gekom:

• Die een groep was meer kosmopolities, meer individualisties, meer liberaal, ingestel op handel met die Buite wêreld, wel later op die
Taal (Afrikaans) gefokus, geen werklike patriotiese gevoel nie en nie werklik op grond (heimat) ingestel nie. Hulle was nie werklik
blootgestel aan die natuur en bedreigings van wilde diere, aanvalle van barbare en die uitdagings om te oorleef in ʼn vyandige omgewing nie.
Hierdie groep het ook nie ʼn strewe openbaar dat hulle ʼn VOLK wil word nie.
• Die ander groep was meer patrioties, op mekaar ingestel en aangewese, baie konserwatief, ingestel op oorlewing en bestaansboerdery,
terwyl handel gedryf is, hoofsaaklik met produkte wat op en uit die grond en natuur geproduseer is. Die Taal wat hulle gepraat het, het
deur die volksmond ontwikkel en is nie op dieselfde wyse (soos deur lede van die ander groepering) deur die geskrewe woord, tot ʼn spits
gedryf nie. Weens blootstelling aan die natuur en bedreigings van wilde diere, aanvalle deur barbare en die uitdagings om te oorleef in ʼn
vyandige omgewing, het ʼn diepe afhanklikheid van- en geloof in hul Skepper God, asook ʼn onderlinge afhanklikheid van mekaar, laat ontwikkel.
Weens die samehorigheidsgevoel en hul liefde vir die “grond” het ʼn sterk patriotisme ontwikkel. Hierdie groep het dan ook duidelike eienskappe,
gemeenskaplike belange en waardes openbaar en ook 'n gemeenskaplike doel of roeping met mekaar gedeel, wat die basis gelê het om as ʼn
VOLK te kwalifiseer.

Ek beweer dat daar vandag steeds twee Blanke, Afrikaanssprekende groeperinge bestaan. Die omstandighede en eienskappe het verander, maar die twee (tipe) geeste (ingesteldheid), leef steeds voort in die harte van mense.

• Die eerste groep het nie die wil of die morele grond om as volk op ʼn “eie plek onder die son” aanspraak te maak nie en is bereid om te assimileer en kosmopolities te kompromitteer.
• Die tweede groep het van meet af aan en steeds ʼn drang om as Volk op hul eie plek oor hulself te regeer, wil nie assimileer of “kosmopolitiseer” nie.
• Die tweede groep is van hul vormingsjare af (en word steeds) deur internasionale liberaliste, (in samewerking met die eerste groep) gemarginaliseer en onderdruk.
Die enigste roete waarlangs die eerste groep, binne die huidige politieke- en maatskaplike situasie hul doel kan bereik, is om hulself as volk te identifiseer, te groepeer en te propageer.

2. INLEIDING

Ter inleiding, verskeie uiteenlopende stellings wat deur die verloop van hierdie dokument bymekaar gaan uitkom:
• nFA Venter het gepraat van GELOFTEVOLK .
• Wie is hierdie Geloftevolk? Waar kom hy vandaan? Bestaan hy nou nog, of behoort hy net tot die geskiedenis?
• In Desember 1995 het Amnon Danker, 'n kommentator oor maatskaplike aangeleenthede in Jerusalem, die volgende stelling gemaak: "Daar is twee volkere in Israel" .

Pieter Bruwer maak in sy boek die stelling dat:
“Elke persoon in elke geslag bewustelik ‘n keuse oor sy volkskap moet uitoefen”


Wanneer jy hierdie keuse maak moet jy jouself die volgende afvra:
Is ek ‘n Suid-Afrikaner?
Of is ek ‘n Blanke Suid-Afrikaner?
Of is ek ‘n Afrikaner?
Of is ek ‘n Boere-Afrikaner?
Of ‘n Afrikaner-Boer?
Of is ek ‘n Regse?
Of is ek ‘n Boer?
(Toets gerus jou vriend en vra hom/haar: “Aan watter volk behoort jy?”
Kyk dan hoe word daar rondgespring tussen die bostaande entiteite.)
Arthur Bryant het gesê:
"Die sleutel tot 'n volk se toekoms lê in sy verlede.
Die volk wat dit verloor het, het geen toekoms nie."

Ek beweer dat ‘n Volk wat sy IDENTITEIT verloor het, ophou bestaan het.

ʼn Engelsman, Conan Doyle (al stem ek nie noodwendig met alles saam wat hy sê nie), het die volgende oor die Boer (tydens die Boere se Engelse oorlog) gesê:

"Take a community of Dutchmen of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare under which no weakling could survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman, and the rider. Then, finally put a finer temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer"

• 'n Volk se geskiedenis is:
sy voedingsbron... (uit die verlede)
wat hom nou sy bestaanswil gee (in die hede)
en as sy rigsnoer dien vir die toekoms. (in die toekoms)

• Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreld heersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Ek wil die volgende stelling maak:

DIE BOEREVOLK IS DIE ENIGSTE BLANKE VOLK TER WÊRELD
WAT REG OP GROND
IN AFRIKA
HET.


Om hierdie stelling te bewys, moet ons eers kyk na die definisie van ʼn VOLK. 


3. WAT IS ‘N VOLK?

• Dit is nie net die GODSDIENSTIGE-
GESKIEDKUNDIGE-
GEOGRAFIESE-
TAAL- of
RAS ooreenkomste wat 'n volk tot stand laat kom nie.

• Volgens Prof DJ Kotze is 'n gedagtesisteem of lewenshouding waarin die volk sentraal geplaas word die kern vir volkswording, asook die aanvaarding dat hulle as groep sekere

gemeenskaplike BELANGE en WAARDES besit
en ook 'n gemeenskaplike DOEL of ROEPING het.
'n Volk leef dus in die harte van die mense waaruit die volk bestaan.


3.1 ELEMENTE WAT NODIG IS OM N VOLK TE VORM
Al die volgende is noodsaaklik om uiteindelik n volk tot stand te laat kom:

I] WEES: Die basiese bestanddele wat nodig is om 'n volk te kan vorm moet in die eerste plek teenwoordig wees en sluit ras, godsdiens, geskiedenis, geografie, taal en ander kulturele eienskappe in.

II] WIL: hierdie groep mense moet 'n wil hê om volk te wees (die "volkswil").

III] WIL WEES: hierdie groep moet 'n roeping hê om as volk met sy eiesoortige identiteit ten opsigte van sy eie waardes belange en roeping lojaal te bly, te handhaaf om as volk te bly voortbestaan.

4. OORSPRONGE VAN DIE BOEREVOLK

Waar kom die Boerevolk vandaan en hoe het hy ontstaan?

RAS: Die Germaanse "barbare" wat reeds voor Christus die Romeinse Ryk hoofbrekens besorg het, is waarskynlik nasate van Gomer, kind van Jafet , kind van Noag. Hieruit ontwikkel die Wes-Germaanse stamme.
STAMME: Soos die Friese, Saksers en Franke.
Hieruit ontwikkel die VOLKE: Soos die Duitsers, Nederlanders en onder Romeinse- en ook Spaanse invloed, die Britte en Franse.
Hieruit kom die godsdienstige groepe, nl. die Geuse en Hugenote tot stand, wat ter wille van veral godsdiensvryheid (geloofsbeginsels) na die Kaap (vlug)/verhuis.
Later vorm ook Engelse setlaars (uit die Britte) deel van die vroeë inwoners van die Kaap.

5. ONTSTAAN VAN DIE BOEREVOLK-GELOFTEVOLK

Dit is uiters belangrik om te let dat die voorsate van die Boerevolk van die begin af in stryd was met die "die owerste van hierdie wêreld " se owerhede, magte en kragte. Verder is dit ook van uiterste belang om te let dat die "genetiese poel" waaruit hierdie volk ontstaan het, uitgesproke godsdienstige (geloofs-) beginsels gehandhaaf het en juis dit aanleidend tot die sekere eienskappe binne die ontstaan van hierdie volk was.
Die eerste klanke van die totstandkoming van die Boerevolk is dan ook as gevolg van die owerhede wat nie op die griewe van die inwoners wat hulself in 1784 as patriotte bestempel het, ag geslaan het nie. Hierdie patriotte het onder andere gesê: "Ons het nog te veel edele bloed om ons onmiddellik te buig onder die juk van slawerny" .

Hulle roep in November 1784 'n Kongres van Volksrepresentanten in die lewe . Hierdie verteenwoordigers het eers die pad van onderhandeling gevolg (soos die geskiedenis homself daarna met reëlmaat sal herhaal) met versoekskrifte en deputasies na die Owerhede (die State-Generaal.)

As gevolg van die mislukking van die onderhandelinge het daar twee duidelike denkrigtings ontstaan:
• Die een groep is meer samehorig, opstandig teen die owerhede, wil onafhanklik wees: pleeg sesessie deur Graaff-Reinet in Desember1785 tot 'n onafhanklike distrik uit te roep .
• Die ander groep meer individualisties, onderdanig aan die owerhede, kosmopolities en handel-georiënteerd - en soek hul heil by Brittanje.

Hierdie verskil tussen die twee groepe loop soos 'n goue draad dwarsdeur die geskiedenis van die Witman wat later deur sommige die "Afrikaner" genoem word, tot vandag toe.

Dat daar inderdaad van die begin af 'n verskil tussen hierdie twee groepe bestaan het, word weerspieël deur die waarnemings van buitestaanders soos die Engelse wat gepraat het van die "Boers" (of Imigranten-Boeren) en die "Cape-Dutch".

6. WANVOORSTELLING EN VERWARRING VAN IDENTITEIT

Die verwarring wat oor die afgelope dekade (en vandag nog) in die gemoedere van die volksgenote ontstaan het, is hoofsaaklik te wyte aan die miskenning van hierdie uiters relevante kernbegrip:



Daar het deur die geskiedenis twee blanke groeperinge (wat albei Afrikaans praat) in Suid-Afrika tot stand gekom met oorvleuelende oorspronge en belange,
maar verskillende wil, roeping, doel en waardes.

Die lere, Skotte, Walliesers en Engelse vorm 'n Verenigde Koninkryk, praat “Engels”, maar is tog afsonderlike volkere. Vergelyk ook die Oostenrykers en die Duitsers en vele ander voorbeelde uit die geskiedenis en die wêreld.

7. GROEP 1 versus GROEP2

ʼn Vergelyking word nou tussen die twee groepe gemaak en die twee groepe word deurgaans getoets aan die omskrywing van 'n volk, deur 'n paar spronge deur die geskiedenis te maak.

Ter wille van onderskeid word die een groep Boerevolk (Geloftevolk) en die ander groep Afrikaners (Kolonialers/Cape Dutch) genoem.

BOEREVOLK(Geloftevolk)
AFRIKANER
( Kolonialer / Cape Dutch)
1780
Volgens Bruwer het hierdie groep se "volksgeboorte" tussen die jare 1795-1806 plaasgevind toe daar in hierdie tyd
'n "eksklusiewe volksbewussyn na vore begin tree het".
By hierdie groep is daar geen werklike bewyse dat die groep as n VOLK tot stand gekom het nie. Daar is aanspraak
gemaak dat hierdie groep ʼn “nasie” is, maar die waardes, wil, roeping en doel om
as ʼn VOLK te bestaan en te bly voortbestaan, het altoos ontbreek.
Strewe:
Na onafhanklikheid deur stigting van republieke van Graaf-Reinet (1785) en Swellendam (1795). Dryf handel om lewensmiddele
te bekom. (Bestaanstryd)
slegs na ekonomiese voorspoed; dryf handel met plaaslike bevolking, met Franse-, Britse- en Nederlandse skepe.
Ontwikkel
Verinheems as gevolg van minimum kontak met buitewêreld. Kosmopolities en nie bereid om te verinheems nie as gevolg van voortdurende invloed vanaf buitelandse besoeker.
Oorlewing
Oorlewingstryd teen swart stamme soos Kaalkaffers en ander. Slegs ekonomiese stryd.
kultuur
Skep eie kultuur Blootgestel aan- en aanvaar uitheemse kultuur
1796
Britse Besetting van die Kaap
Weier om eed van getrouheid aan Britse koning af te lê word dus ipso facto vyande van Brittanje. Adriaan van Jaarsveld gebruik
van pandoere en 1815 Slachtersnek volg.
Lê eed van getrouheid aan Britse koning af en aanvaar dus Britse gesag met entoesiasme (word die "Anglomanen” genoem).
1834
Die Groot Trek
Trek die binneland in om volgens die verskillende trekleiers se manifeste:
i] 'n volk tot stand te laat kom
ii] wat God- drie-enig kan dien
iii] in 'n land waar hulle vry kan wees
iv] en oor hulself kan regeer
. Bly in die Kaap agter:
i] sonder dat volkskap ter sake is
ii] godsdiens nie voorvereiste nie
iii] volksgrond speel geen rol nie
iv] bereid om onder Brittanje te dien
BLOEDRIVIER/GELOFTE
Beskou die gelofte as 'n plegtige volksgelofte en bindend op nageslagte.
Die nakoming van hierdie gelofte is dus bindend op elke persoon wat met die Boerevolk/Geloftevolk identifiseer en by implikasie lid van die
Boerevolk/ Geloftevolk is.
Beskou nie die gelofte as bindend op hulle en op hul nasate nie. By implikasie is die persoon nie lid van die Boerevolk/Geloftevolk nie.
Republikeinse strewe
Republikeinse strewe kom tot uiting deur die stigting van republiek Natalia
en later 13 ander republieke
Republikeinse strewe bestaan nie.


DIE BOEREVOLK IS
(sover ek kon vasstel)
DIE ENIGSTE VOLK OP AARDE WAT
'N GELOFTE MET GOD AANGEGAAN HET EN
STEEDS DAARAAN GEBONDE IS



8. DIE ROL VAN DIE KERK 1834-1870
Die vergelykende tabel word onderbreek aangesien die rol van die Kerk in hierdie tydgleuf inpas. Dit is dan nodig om 'n bietjie langer by die Boerevolk/Geloftevolk se kerkgeskiedenis stil te staan, omdat die kerk en godsdiens ʼn sentrale rol in hierdie volk se geskiedenis gespeel het.

DIE "BOEREKERK"
1. Geen predikant is bereid om uit die Kaap, saam te trek nie. Elke patriarg of hoof van elke huis het die verantwoordelikheid as "priester, profeet en koning" in sy eie huis aanvaar.
2. Trekkers rig verskeie versoeke by die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk om 'n predikant na die trekkers te stuur.
3. Twee grondslae van die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk is egter vir die Trekkers onaanvaarbaar:
i) die opname van gekleurdes as volle lidmate van die Kerk.
ii) die aanvaarding van die Britse owerheid.
4. Die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk word vir die Boere so 'n bedreiging dat hulle in Augustus 1853 te Rustenburg 'n nuwe kerk, die Nederduits Hervormde kerk, stig. Ongelukkig is die eerste predikant, Ds. Van der Hoff, wat uit Nederland ingevoer word, 'n liberalis en sy gesindheid wek weersin by die Boere sodat die nuwe Kerk nie summier as volkskerk aanvaar word nie.
5. Na die aankoms van Ds. Postma uit Nederland, word die Gereformeerde Kerk van de Zuid-Afrikaanse Republiek, op 10 Februarie 1859 gestig - weereens as reaksie teen liberale bedreiging van die godsdiens.
6. Die "Kerk van die Boere" het dus nie toegelaat dat 'n kerk of die Kerk, op enige wyse hul “volkwees” aantas nie.

DIE KAAPSE NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK
1. Openbaar absolute antagonisme teenoor die Trek en dus teenoor die Trekkers. Is nie bereid dat enige van hul predikante met die Trekkers saam trek nie.
2. Die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk is bereid om 'n predikant te stuur op voorwaarde dat die Trekkers onder beheer van die Kaapse sinode sal bly.
3. Die Britse regering het toenemend die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk as instrument van hul verengelsingsbeleid gebruik.
4. Die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk werk hartlik saam om verengelsing te bevorder.
5. Op 16 Oktober 1862 aanvaar die sinode 'n mosie dat: "indien 50 lidmate van 'n gemeente gesamentlik aansoek doen vir Engelse dienste, dan mag die kerkraad dit nie weier nie" .
6.Die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk van daardie tyd, het dus 'n politieke agenda gehad en politiek bedryf, ter bevordering van die regering van die dag en het geen simpatie of gevoel vir die volk gehad of bereidheid openbaar om volkskerk te wees nie.


Die vergelykende tabel gaan verder....

BOER
AFRIKANER
1850 tot 1854
ONAFHANKLIKHEID vir die BOEREREPUBLIEKE
1852
SANDRIVIERKONVENSIE
'n Nege-punt konvensie waarvan die belangrikste was dat die Britse regering onafhanklikheid aan die "Emigrante-boere"
van oorkant die Vaalrivier waarborg.
Geen betrokkenheid by hierdie konvensie of enige strewe na onafhanklikheid nie.
1854
BLOEMFONTEINKONVENSIE
Onafhanklikheid: Vrystaatse "Emigrante-boeren" gewaarborg. Boere onthef van onderdanigheid
aan Britse kroon, word verklaar as vrye en onafhanklike volk, Britse regering onderneem om hulle
as 'n onafhanklike regering te behandel
Geen betrokkenheid by die ooreenkoms en openbaar geen strewe na onafhanklikheid nie.
Bereid om onder Briste kroon te bestaan.
1879-1881
EERSTE VRYHEIDSOORLOG VAN DIE BOERE TEEN ENGELAND
PAARDEKRAAL
Herbevestig Bloedrivier Gelofte en voeg by dat die gelofte onderhou sal word
“tot die dood toe”. Dit bewys die erns van Boere om vry te wees.
Geen betrokkenheid nie.
1881
AMAJUBA
Hoogtepunt in Boeregeskiedenis. Bevestig Boere se krygskuns. Cape-Dutch/Afrikaner o.l.v. "Onze Jan Hofmeyer" (bereid om drie jaar na Amajuba, trou aan
Britse koning (vyand van die Boere) te sweer.
1889-1902
TWEEDE VRYHEIDSOORLOG VAN DIE BOERE TEEN ENGELAND
• 3800 Boerekrygers gesneuwel.
• 27000 Boere-kinders en -vroue gesterf in Britse “helkampe”.
• 60 000 Boereplase en plaashuise afgebrand.
• Die Boerevolk ekonomies vernietig.
• Kaapse (Boere-) rebelle, word ook as deel van die Boere gereken, omdat dieselfde gees in hulle geleef het.
• Geen Cape-Dutch/Afrikaner, sover vasgestel kan word in die stryd teen die Engelse gesterf nie.
• Geen vroue en kinders verloor sover vasgestel kan word nie.
• Geen verlies van eiendom nie.
• Ekonomies bevoordeel: proviand, beeste, perde en perdevoer aan Kakies teen wins verkoop en vervoer.
• Na die oorlog oorlogsloon en plase ontvang.
• 80000 Kaapse-Afrikaners veg teen vergoeding aan Engelse se kant. (vyand van die Boerevolk)
• Teen vergoeding: Boere-vrouens en -kinders verraai en in Britse helkampe help bewaak.
1902
DIE TERUGKEER NA DIE OORLOG
• Kom by vernietigde plase aan.
• Geen geld om weer te begin nie.
• Die meeste hubare meisies is in die konsentrasiekampe oorlede. Geen hubare nooiens vir jong Boerejongens nie.
• Verstedelik, werk op myne en woon in Blanke plakkerskampe o.a. in Fitatown en Fordsburg.
• Boere = basis vir die armblanke vraagstuk.
• Baie word bywoners.
• Word met plase en geld beloon vir die verraad teen die Boere
• Heelwat hubare meisies is aangewese om met Joiners se kinders te trou!!
• Raak betrokke by politiek en joernalistiek.
• Sien neer op die Boere bywoners.
DIE REBELLIE VAN 1914
• Met die letsels van die Engelse oorlog nog vars sigbaar
en in die geheue, is die Boerevolk, nie bereid om aan die
sy van sy voormalige vyand te veg nie en rebelleer teen
die politici wat op hierdie stadium aan bewind is.
• Boereleiers word in die tronk gegooi weens “hoogverraad” en Jopie Fourie
sterf voor ʼn Afrikaner vuurpeleton, terwyl die liberale pers hom
as ʼn “Afrikaner-rebel” etiketteer.
• Die rebellie vind in die Transvaal, Vrystaat en Noord-wes Kaap plaas
- die tuiste van die Boerevolk.
Die politici en kerkleiers in die Kaap (die Kaapse Afrikaner) is totaal teen die rebellie gekant .
• Afrikaner (AB) predikante preek (in opdrag) uit Romeine 13.
1938
HERDENKING VAN DIE GROOT TREK
Politici gebruik die vlaag van patriotisme om die Identiteit van die Boerevolk verder te verwar met
toesprake, deur die media en publikasies te gebruik, om die Boerevolk se geskiedkundige Trek, tot politieke
voordeel aan te wend en dit as AFRIKANER kultuur voor te hou.
Liberale Afrikaners neem deel aan die Boerevolk se fees onder invloed en aansporing van die liberale
propaganda in die pers en media
1939
OSSEWA-BRANDWAG (4 Februarie 1939)
Aanvanklike strewe om:
• Die ideale van die groot trek lewend te hou.
• As kultuurbeweging ter bevordering van die volk se kultuur op te tree .
• Duisende volksgenote sluit na 1941 by die Ossewa Brandwag aan, hulle hoop om 'n volkseenheid bo die
party-politiek tot stand te laat kom, omdat hulle geen heil in die politiek sien nie.
• Die OB se lede , word genoem: “Ware Afrikaners, Opregte Afrikaners, Patriotiese Afrikaners,
Ware Nasionaliste ,Nasionalistiese Afrikaanse volk en selfs Boere-Afrikaners om onderskeid te maak van die
Liberale Afrikaner-Cape-Dutch.
• Die OB begaan een van die grootste foute in die geskiedenis van die Boerevolk, deur NIE na hulle self as die
BOEREVOLK te verwys nie.
Die politieke leiers van die Nasionale party sien 'n bedreiging in die Ossewa Brandwag, oefen druk op
lede uit om te bedank via staatsdiens en ander werkgewers.
• Die party ry egter op die Ossewa Brandwag se rug tot party-politieke voordeel maar breek uiteindelik aan die
einde van 1942 die rug van die Ossewa Brandwag finaal


DIE AFRIKANER BROEDERBOND (AB)

Die Afrikaner Broederbond is aanvanklik in 1918 tot stand gebring as beskermingsorganisasie. Later is sy doelstellings verbreed om die hele kultuurlewe van die volk te betrek. Artikel 6 van Grondwet stel: "partypolitiek is uit die Bond uitgesluit".[1] D.m.v. die aanstelling van leiers op die terreine van die politieke (d.m.v. die Nasionale Party) en Kerklike terreine (feitlik alle predikante was AB lede), die Weermag, Polisie, die totale Administrasie, Onderwys, Landbou (Koöperasies) ens., het die AB later so magtig geword, dat hulle later totale beheer oor besluite, aksies en resultate op feitlik alle terreine in SA bekom het. Die denke van die mense in SA is deur hulle gemanipuleer en beheer.

Boerevolk

Die AB het gesorg dat die “Regte Boodskap”, verkondig word vanaf elke kansel, skoolverhoog, Sondagskoolklas,
Volksverhoog, asook deur die SAUK en Nasionale Pers.
• Die “Regte Boodskap” wat van die wieg in elke witmens in SA ingedril was is die volgende: “Ek is ʼn Afrikaner en
my Afrikaner Nasionalisme en ek leef dit uit deur lojaal te wees aan die Nasionale party.”
• Die gevolg hiervan, is dat daar baie “Boere” rondloop, wat dink hulle is “Afrikaner nasionaliste”
Afrikaner

Slegs persone wie volgens AB-kriteria “reg” georienteer was, het lid van die AB geword.
• Slegs AB-lede het kontrakte gekry en is bevoordeel en bevorder.
• Afrikaners is van kleins af geleer dat die geskiedenis wat eie is aan die Boerevolk, nl. Die Groot Trek, Bloedrivier,
Majuba, Die Anglo-Boere Oorlog, die ZAR, die Vierkleur, Die Voortrekkermonument, die Konsentrasiekampe (ens), die
kulturele en geskiedkundige eiendom van die AFRIKANER NASIE is.


1960

Harold Macmillan kon met reg sy “winde van verandering toespraak” in die parlement maak nadat hy deur MI6 ingelig is dat die Afrikaner Broederbond van Weskaapland, onder leiding van die Kaapse Afrikaner, 'n nuwe rigting begin inslaan het en besig was om (finaal in die laat sestiger jare geslaag) om 'n “staatsgreep” deur liberale politici, op die topbestuur van die AB, sonder slag of stoot uit te voer. Die Afrikaner Broederbond word ongesiens tot 'n dienstige stutorganisasie van sekere politieke leiers omskep. In die proses is die totale media deur die UR (Uitvoerende Raad) se liberale “nuwe leiers” gemanipuleer en beheer. Die Afrikaner Broederbond was uiteindelik (onder invloed en instruksies van die Internasionale geldmag), die argitek in die totstandkoming van die situasie waarin die volke van Suid-Afrika vandag verkeer.

31 MEI

Dit is ironies dat 31 Mei wat deur die AFRIKANERS as 'n feesdag gevier word,
eintlik ‘n swart dag in die geskiedenis van die BOEREVOLK is.

31 MEI 1902
VREDE VAN VEREENIGING
Na die Vrede van Vereeniging: beloftes dat die Boere se grond weer teruggegee sal word (nooit vervul nie).
• Baie Boere trek weg na Angola, Noord- en Suid-Rhodesië, terug Kaap toe,
Kenia toe en selfs na Patagonië in Argentinië. •
• Ekonomies sterker: Trek na die ou Boere Republieke en kry "oorlogsloon" en
koop goedkoop plase van die verarmde en oorwonne Boere.
• Raak veral by die party-politiek betrokke.
31 MEI 1910
UNIEWORDING
• Die pad wat die Boer geloop het, was deurgaans verset teen onderdrukking en oorheersing van vreemde magte, deur o.a. weiering om belasting te betaal, sesessie te pleeg, gewapende verset, rebellie, of oorlog. Sy strewe bly steeds onwrikbaar die vestiging van 'n onafhanklike Volksrepubliek.

• Vir die tweede keer word "politieke onafhanklikheid” aan die Boerevolk gebied, maar die keer teen 'n prys: ter wille van "politieke eenheid", word die Republikeinse strewe van die Boerevolk ondergeskik gestel aan 'n eenheidstaat-gedagte wat verkoop word aan die politici: vennote van die voormalige "vyande" van die Boerevolk.
• Die Kaapse Afrikaner het deur die loop van die geskiedenis 'n politieke oplossing nagestreef en d.m.v. politieke programme en politieke doelwitte op 'n Anglo-Joodse lees geskoei, die verloop van die geskiedenis bepaal. Die doelwit: "om 'n Suid-Afrikaanse Nasie te bou uit die materiaal wat deur die verlede voorsien is en hierdie Nasie in 'n Koloniale Burgerstaat te vestig".
• Die Boer en die Kaapse Afrikaner (Cape-Dutch) word nou volgens die "Milner-resep" politieke vryheid aangebied en 'n nuwe "Volk", die Afrikaner, word nou geskep. Ter wille van politieke eenheid en kruisies by die stembus, word die begrip BOER begrawe en die begrip AFRIKANER bevorder


By Uniewording gebeur die volgende

Boer, Cape-Dutch, Afrikaner, Ander Blankes, Blanke Suid Afrikaner

BOER + KAAPSE AFRIKANER (CAPE-DUTCH) = AFRIKANER
Onder Milner, word die sg. “kindergarten” in werking gestel. Dit behels die inbring van ʼn groep jong Engelse Oxford gegradueerdes soos Patrick Duncan, RH Brand en Lionel Curtis.
'n Georkestreerde indoktrinasie vind nou plaas om die begrip "Afrikaner volk" te verkoop. Louis Botha en Jan Smuts (met hul Anglofiliese gesindheid) werk saam aan ʼn Imperialistiese Vereniging van Suid Afrika onder die beheer van Brittanje.
NA 1910


Die Afrikaner Broederbond, wat op hierdie stadium reeds deur die Afrikaner-politici gekaap is, sorg dat vanaf die preekstoel, deur die media, vanuit die onderwysersstoel in die geskiedenishandboeke en vanaf geloftefees-en politieke verhoë, die begrip "Afrikaner Volk" voluit ingedril word. Die gees van die Boer moes daardeur vernietig word en die politieke party bevorder word. Deur middel van politieke eenheid in 'n politieke party, moes die mense 'n kwasi-eensgesindheid beleef. Die Boer word nou, binne die sakkie van die Afrikaner, nog verder versteek binne ʼn politieke “Blanke Suid Afrikaner”.

31 MEI1961
REPUBLIEKWORDING

Aanhangsel 5682

Die totstandkoming van die Republiek van Suid Afrika is met hoë emosies aangekondig en gevier en word die kersie op die verjaarsdagkoek van die Afrikanervolk. Die ideale van die Boerevolk om hul eie Republiek te hê, word deur die politici gekaap en tot hul voordeel aangewend om 'n Suid-Afrikaanse Nasie tot stand te laat kom. Krities ontleed word die Boerevolk nog verder "weggebêre". Nou word die Afrikaner-Nasie, tesame met die ander Blankes in Suid-Afrika in 'n sak gegooi en word nou die Blanke Suid-Afrikaners (wat kan stem) en Nie-Blanke Suid Afrikaners (wat nie kan stem nie).

Suid Afrikaner

NA 1970
P.W. Botha, F.W. de Klerk en die BROEDERBOND se NUWE SUID-AFRIKA

Onder invloed van mnr. P.W. Botha, later mnr. F.W. de Klerk en volgens die bloudruk van die Rockefeller Foudation onder mnr. Mandela word die Boere nog verder begrawe. Nou word die Blanke Suid-Afrikaner en die Nie-Blanke Suid-Afrikaner, in een pot saamgekook tot die vorming van 'n nuwe nasie: 'n kleurlose, raslose, volklose, "reënboognasie" (Suid-Afrikaanse Kosmopolitiese Nasie) in 'n Nuwe Suid-Afrika.

Hierop lewer ek nie tans kommentaar nie. Al wat ek vra is dat die vraag gevra moet word: “Wat het van die Boerevolk geword?”
(sien skets hierbo)

Deur georkestreerde sosiale ingenieurswese, is die Boer feitlik in die vergetelheid verswelg.

9. Die VERGELYKENDE TABEL KRY ʼn NUWE ROLSPELER BY

Evaluering van gebeurtenisse, partye en organisasies wat op
die drie groeperings en veral op die
Boerevolk impakteer na 1970:

Ontleding (skatting) van die verspreiding van die drie groeperings binne die volgende politieke partye. Die syfers verteenwoordig ʼn skatting (nie noodwendig korrek nie) van verspreiding van die BLANKE AFRIKAANSSPREKENDE SUID-AFRIKANERS wat BETROKKE is, (persentasie gewys) BY:
(M.a.w. 100 % van die “Afrikaners” betrokke by die XYZ organisasie word gevorm deur X % LA, Y % KA en Z % B)

DRIE GROEPE “AFRIKANERS”

Die identiteit van die Boerevolk word verder gekompromitteer deurdat die sosiale ingenieurswese drie groeperinge binne Afrikaner geledere laat ontstaan het. Hierdie drie groepe kyk deur verskillende brille na mekaar. Hierdie interaksie en oriëntering sal in die volgende tabelle evalueer word.

Liberale Afrikaner
Hierdie groep verteenwoordig die gees van die tradisionele Cape-Dutch soos hierbo uiteengesit.
Hulle verwys graag na hulle self as Suid-Afrikaners of Blanke Suid-Afrikaners.
Hulle verwys na die ander twee groeperinge as regs, verregs, verkramp en agter die tyd
Konserwatiewe Afrikaner
Hierdie groep is verward oor hul identiteit en verteenwoordig ʼn groep wat in hul harte Boere is,
maar tot so ʼn mate geïndoktrineer is dat hulle vasskop by die term Afrikaner. Volgens hierdie
groep is daar geen verskil tussen Boer en Afrikaner nie en eien hulle die kulturele- en geskiedkundige
erfenis van die Boer aan hulle self toe.
Hulle beskou die eerste groep as links, liberaal en as Afrikaanses en probeer hulself van die liberaliste
onderskei deur verskeie byvoeglike naamwoorde soos nasionalisties-, regse-, ware-, konserwatiewe-
en Boere-Afrikaner aan hulle self toe eien.
Hulle is bereid tot kompromieë tussen regs en links terwille van getalle. Hulle beskou diegene wat hulle
self Boere noem as fanaties en verkramp en beskuldig hulle daarvan dat hulle die “Ware Afrikaner”
verdeel.
Hulle volg eerder die politieke roete as die Volksroete om by selfbeskikking uit te kom.
Boerevolk
Hierdie groep noem hulle self die Boerevolk en beskou hulle self nie as ʼn groep nie, maar as lede van ʼn Volk.
Hulle beskou albei die ander twee groepe as Afrikaners en liberaal. Die Boerevolk word ongelukkig beskuldig,
geassosieer en gedemonetiseer met alle regse en fanatieke optredes deur enige groepering wat teen liberalisme
optree.


9.1 GEBEURTENISSE
REFERENDUM 1983
Die regering hou ʼn referendum oor ʼn voorgestelde planne om magsdeling in ʼn nuwe grondwet in te skryf. 690 000 mense stem teen verandering. Dit sluit ook die ou Progressiewe party in.

Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
Stem JA 555 000 se NEE (gesamentlik)
Verkiesing 1987
KP staan vir eerste keer en trek 600 000 stemme (gesamentlik)
Verkiesing 1989
Ongeveer 900 000 679 000 stemme (gesamentlik)
Referendum 1992
Totaal Blankes =1,924,186
Liberale Afrikaners = ? 1milj
+ "ander"= 875,619 stemme


Die "verkiesing" van 1994

Gedurende die twee jaar voor die verkiesing van 1994, is daar ernstige en daadwerklike pogings van verset en beplanning gedoen ten einde die "volk" te red. Daar was egter weer twee agendas soos weldra uitgewys sal word en dit was dan ook hoofsaaklik bydraend tot die oorsaak van die mislukking van alle beplanning.
Vir die ANC was die “verkiesing van 1994” nie 'n politieke oorwinning nie, maar het in hul eie persepsie, ʼn "oorlog" gewen. Daarom kon "oorlogsmisdadigers" voor die WVK verhoor word. Die Boerevolk voel asof hulle weereens 'n oorlog verloor het en het 'n gees van verslaentheid oor almal gekom. Politieke leiers het weereens hul volgelinge in die steek gelaat. Die wrang smaak het tot gevolg dat die huidige geslag Boere niks van party politiek wil weet nie. Alhoewel die Afrikaners ook grootliks deur hul leiers ontnugter en in die steek gelaat is, vorm die Afrikaners steeds meer as 90 % van die Afrikaanse politieke strukture wat tans funksioneer.

9.2 POLITIEKE PARTYE

9.2.1 NASIONALE PARTY

Politieke huis vir die KA en die Boer vanaf 1940. Word deur die AB gemanipuleer en uiteindelik is die NP die voertuig waarmee de Klerk ʼn politieke oorgawe maak sonder om sy kiesers ʼn kans te gee om ʼn behoorlike ingeligte besluit te neem. Die NP implementeer die beleid van apartheid wat vandag teen die kop van die Boerevolk gehou word sonder dat hulle werklik by die ontwerp en implementering daarvan betrokke was. Ontnugterde kiesers laat uiteindelik een kortbroek verteenwoordiger, wat by die ANC aansluit, as erfenis oor voordat dit “in die geskiedenis” verdwyn.
JAAR
Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 80% 20% 0%
2012 VERDWYN VERDWYN VERDWYN

9.2.2 HNP
Die HNP kon ʼn verskil aan die lot van die Boerevolk gemaak het, maar het verkies om vas te haak by die term “Afrikaner Nasionalisme” en het hulself in ʼn doodloopstraat in bestuur.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 5%(AGENTE) 80% 15%
2012 5%(AGENTE) 90% 5%

9.2.3. KP
Die KP het die weerstand van die Boerevolk wat nie wou gaan stem nie, ervaar en uiteindelik ook nie gaan stem nie. Nuwe groeperings is gevorm wat nie van die grond af kon kom nie. Uiteindelik is die KP opgeslurp deur die VF en slegs die KP veterane (die meeste diep in die 70 jaar oud) bly vandag nog oor.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 5 % 50 % 45 %
2012 VERDWYN VERDWYN VERDWYN

9.2.4 DP/ DA
Die DP huisves die liberale denke en het in 1998 ontstaan en ontwikkel uit die ou Progressiewe Party en die PFP. Later smelt dit met die NNP saam om die DA te vorm. Die DA se bestuurstyl maak dit (misleidend) aanvaarbaar vir liberale Afrikaners en nie-denkende Afrikaners wat WIL stem en dan vir die “mees effektiewe opposisie” gaan stem. Daar moet deurentyd onthou word dat die DA die liberale denke huisves. Liberalisme is die patriotisme en die konserwatiewe nasionalisme van die Boerevolk se vyand.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 90 % 10 % 0 %
2012 60 % 37 % 3 %

9.2.5 ANC
Die keuse van Robberts nl. “Flee, plead or be free” is hier ter sake. Baie Afrikaners het besluit om te “plead” deur by die ANC aan te sluit, BEE te ondersteun, ens.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 100 % 0 % 0 %
2012 90 % 10 % 0 %

9.2.6 Die Vryheidsfront (VF)
Die VF onder leiding van Genl. Constant Viljoen, is onder valse voorwendsels deur die uitgeslape ANC onderhandelaars omgepraat om te gaan stem. Na die BOP fiasko besluit Viljoen om aan die verkiesing deel te neem. Die optrede van die AWB het hom finaal laat besluit dat hy nie met ʼn onopgeleide ongedissiplineerd groep manne wil oorlog maak nie. Hy deel die besluit aan die AVF vergadering in die NG Kerk se sinode saal mee. Onmiddellik ontstaan verslaentheid en verdeel die vergadering in twee groepe, nl. ”om te stem of om nie te stem nie”. Die kloof is groter as wat enige iemand wat teenwoordig was besef. Die Boere in murg en been wil nie gaan stem nie, terwyl die Afrikaner bereid is daartoe.
Die VF+ het nog ʼn flouerige poging aangewend om die situasie te beredder en beding die sg. Accord in die naam van die AVF wat deur die Afrikaner VRYHEIDSFRONT i.p.v. die Afrikaner VOLKSFRONT geteken word.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 10 % (agente) 80 % 10 %
2012 Verdwyn Verdwyn Verdwyn

Die VF het ʼn paar denkfoute begaan o.a. die Piet Retief sindroom nl. om op die beloftes van ʼn Swart Afrikaan te vertrou. Verder het hulle ʼn berekeningsfout gemaak en dit gemis dat die rooibokke die leeus in die wildtuin sal uitstem as hul stemme ewe veel sou tel. Verder het hulle namens die Afrikaner onderhandel terwyl die liberale Afrikaner hulle nie gesteun het nie. Dit het hul magsbasis wankelrig gemaak. Die ANC het dit geweet en uitgebuit met Mbeki se uitdaging oor bewese steun. Hierna word die Schlemmer verslag ter tafel gelê. Dit het die hoop wat die leiers nog getroetel het, finaal vernietig en Viljoen besluit om terug plaas toe te trek. Hierdie verslag word steeds deur die VF+ as HOOGS GEHEIM weggesteek.
Indien hulle hul voetwerk reg gedoen het en namens die Boerevolk onderhandel het, het hulle ʼn mandaat en ʼn magsbasis gehad en kon dit die verloop van die geskiedenis verander het.

9.2.7 VF+
In 2004 gevorm na die samesmelting van die VF en die KP. Na die vertrek van Genl. Viljoen neem Dr. Pieter Mulder oor. Hy slaag geensins daarin om die Boerevolk nader te trek nie. Trouens, hy was bv. die eerste een wat hom (namens die VF+) in die openbaar oor die radio van die Boeremag gedistansieer het. Hy aanvaar ook heel gerieflik ʼn adjunk Ministerspossie binne die ANC regering. Dit was die finale doodsteek van die VF+.
Die VF+ is tans amper geen faktor nie, behalwe dat dit vir ʼn paar persone ʼn pos in die parlement en selfs een as adjunk minister sorg.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 nvt
2012 5 % 85 % 5 %

9.2.8 BOERESTAAT PARTY
Hierdie party het aanvanklik ʼn hegte basis gevorm waarop die Boerevolk moes bou. Ander politieke partye het egter die verbeelding van die konserwatiewe Afrikaner telkens aangegryp en die bewussyn van die Boerevolk se identiteit is nooit effektief bemark nie. Die gevolg is dat die party steeds dormant lê en wag om gebruik te word. Sonder om die Boerevolk as entiteit of die identiteit prys te gee, kan dit as ʼn effektiewe voertuig aangewend word en onder ʼn dinamiese leierskap uitgebou word.
JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 (Agente) 5 % 5 % 90 %
2012 (Agente) 5 % 5% 90%


9.3 GEHEIME ORGANISASIES

9.3.1 DIE AFRIKANER BROEDERBOND (AB)
(Reeds bo bespreek)
Die Afrikaner Broederbond is aanvanklik in 1918 tot stand gebring as beskermingsorganisasie. Later is sy doelstellings verbreed om die hele kultuurlewe van die volk te betrek. Artikel 6 van Grondwet stel: "partypolitiek is uit die Bond uitgesluit".
D.m.v. die aanstelling van leiers op die terreine van die politieke (d.m.v. die Nasionale Party) en Kerklike terreine (feitlik alle predikante was AB lede), die Weermag, Polisie, die totale Administrasie, Onderwys, Landbou (Koöperasies) ens., het die AB later so magtig geword dat hulle later totale beheer oor besluite, aksies en resultate op feitlik alle terreine in SA bekom het.
Tans het hulle hul deure oopgestel vir anderskleuriges om polities korrek te lyk. Hulle verander hul naam na Afrikaner Bond . Ironies ook die naam van n liberale Kaapse Cape dutch Afrikaner groep in 1883 onder aanvoering van JH Hofmeyer (Jan "K") en FW Reitz.
Hulle getalle het egter gekrimp tot (volgens my inligting)ongeveer 2000

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 83% 15% 2%
2012 95% 5% 0%

9.3.2 TOEKOMSGESPREK (TG)
Toekomsgesprek is in 1983 in Noord Transvaal gestig as teëvoeter vir die AB. Met hierdie doel is uitmuntend geslaag.
Van die begin af was daar oud AB lede betrokke. Baie Boere is gewerf, maar ook net soveel konserwatiewe Afrikaners is gewerf, veral uit ontnugterde oud AB geledere. Dit was ongelukkig “die dood in die pot” vir die organisasie want, met die besluit deur Viljoen om aan die verkiesing deel te neem, het TG gesplit en alle oortuigde Boere het bedank terwyl die Afrikaners agter gebly het. Later verander hulle hul naam na Volksbond.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 (Agente) 5% 35% 60%
2012 verander na Volksbond

9.3.3 VOLKSBOND
Die Volksbond inisieer die AKB, sorg dat hulle die Majuba Trust beheer, Radio Pretoria se Raad oorheers en infiltreer later die HNP en neem ook hier beheer. Die besture van TLU is ook vol gepak met VB lede. Intussen sorg VB dat hulle die Verkenners beheer en gebruik SEGE ook as werwings terrein. Aanvanklik word hul hoop op die VF+ gevestig om ʼn politieke pad te loop, maar word mettertyd ontnugter deur swak leierskap. Hulle gryp die geleentheid aan om die VVK te ondersteun maar word ook hier ontnugter deur swak leierskap.
Aangesien dit steeds ʼn geheime organisasie is, bestaan die behoefte om ʼn openbare been daar te stel en stig die AF (Afrikaner Front). Die AF kom egter nie van die grond af nie.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 nog nie bestaan nie
2012 (Agente) 5% 90 % 5 %


9.4 KULTUUR- EN ANDER ORGANISASIES

9.4.1 AWB
• Die AWB is waarskynlik deur John Vorster laat stig (Lang Hendrik van den Bergh) met ʼn politiek motief. ET het as orator mense se verbeelding aangegryp en daarin geslaag om baie Boere agter hom gevestig. Wantroue, verraad, leierskapbesluite wat steeds bevraagteken word, het uiteindelik die AWB laat eindig in mislukking.
• Alhoewel die benaming op “Afrikaner” weerstandsbeweging gedui het, was die meeste lede van die AWB hart en siel lede van die Boerevolk.
• Ongewensde elemente vanuit NIA en MI agentskappe, sowel as politieke en godsdienstige fanatici, sluit ook in groot getalle aan.
• By verskeie geleenthede soos by die volksaamtrek op Monumentkoppie amfiteater op 26 Mei 1990, by die skilpadsaal tydens die aanwys van die skadu kabinet van die AVF en veral by die Bophuthatswana fiasko, het die AWB belangrike gebeure in die wiele gery deur hul optrede. Of dit deur agente of deur ET self georkestreer is, kan tot vandag nie altyd duidelik uitgewys word nie.
• Die dood van ET het ʼn tragiese hoofstuk in die Boerevolk se geskiedenis op ʼn nog tragieser noot laat eindig en na ET se dood, behoort die AWB tot die geskiedenis.
• Interne gevegte het daartoe gelei dat ʼn nuwe organisasie tot stand gekom het, nl. die Geloftevolk Republikeine. Die organisasie het gepoog om ʼn radikale beeld uit te dra maar kon nie werklik daarin slaag om enige impak te verkry nie.
Verskeie ander splintergroepe het ook ontstaan en die AWB het feitlik opgehou om n faktor te wees.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 (Agente)15 % 10 % 75 %
2012 (Agente) 10 % 5 % 85 %

9.4.2 AVF
Die totstandkoming en verloop van die AVF word volledig hierbo uiteengesit. Die AVF was die magtigste “regse” organisasie wat naas die OB gestig is. Indien die aksies namens die Boerevolk uitgevoer is en nie namens ʼn “regse groepering” nie, het hulle ʼn mandaat gehad en ʼn been om op te staan. Dit kon die verloop van die geskiedenis drasties verander het. Weereens soos dikwels in die verlede, het politici met ʼn politieke agenda die magte en kragte tot hul beskikking wanbestuur en dit op die rotse laat beland.

9.4.3 BKA
Volledige kommentaar word apart oor die BKA gelewer.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 1 %(agente) 14 % 80 %
2012 verdwyn

9.4.4 BWB
Boere weerstandsbeweging is in 1991 gestig. Dit het selstrukture gehad en was by bom ontploffings betrokke. Die sg. Boere republikeinse Leer (BRL) is ook onder die BWB tot stand gebring, sowel as die Orde Boerevolk wat ook nou verband met die BWB gehad het. Daar is geen aksies in die onlangse verlede om oor te rapporteer nie.
Ek weet te min van die BWB om kommentaar te lewer.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996
2012

9.4.5 Die (sg.) BOEREMAG
• In 2002 word persone gearresteer wat volgens die staat, besig was om ʼn staatsgreep te beplan.
• Hulle kry die naam van die Boeremag en word ook gekoppel aan ʼn reeks bomontploffings.
• Lede van die sg. Boeremag maak daarop aanspraak dat hulle lede van die Boerevolk is, maar twee oud HNP lede beskou hulself as Afrikaners.
• Hierdie hofsaak duur 10 jaar en almal word skuldig bevind aan hoogverraad.
• Veral tydens die uitspraak, wek die verhoor baie simpatie by die Boerevolk. Binne drie dae registreer meer as 4000 betrokkenes op ʼn Facebook blad wat as ondersteunend tot die Boeremag gevangenes geskep is.
• Vonnis moet nog voltrek word.
Intussen het ‘n oud-polisielid in ʼn verklaring aan ʼn Sondagkoerant gemaak wat die Boeremagsage, as ʼn polisie komplot ontbloot. Die laaste hoofstuk in die verband is nog nie geskryf nie.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
2002-2012 Agente 2 % 8 % 90 %

9.4.6 TLU
Die Transvaalse Landbou Unie was nog altyd die tuiste vir die landbouer en ook vir die ware Boer (teenoor AGRI SA wat die tuiste van die liberale Afrikaner is.
In die verlede het die AB die uitvoerende poste gemanipuleer, later TG en op die oomblik speel die Volksbond waarskynlik ʼn prominente rol.
Deesdae staan dit bekend as TLU SA en huisves ook die Konserwatiewe Afrikaner.

9.4.7 Die Boerevolk Vryheid Stigting
Hierdie organisasie het in 2004/5 tot stand gekom en gefokus op die bevordering van die saak van die Boerevolk.
• Baie effektiewe Vroue optog word gehou.
• ʼn Boerevolk Verkiesingskommissie word in die lese geroep en ʼn raad, nl. die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR), word in die lewe geroep.
• Die Majuba Deklarasie sien die lig. Dit is die eis om vryheid wat namens die Boerevolk aan Mbeki, aan die Speaker van die Parlement en aan 20 ambassades oorhandig is. Dit word ook persoonlik aan Zuma oorhandig.
• Die Adamah (rooigrond) aanspraak sien die lig.
• Die Webwerf (BV=Boerevryheid) word geskep . Dit ontwikkel tot die grootste Afrikaanse webwerf wat by SA Topsite geregistreer is. Dit is tans die 20ste grootste webwerf (algeheel) in Suid Afrika by SA Topsite.
• Daar word gepoog om ʼn Volksregister te ontwikkel, maar die poging word laat vaar weens probleme met die ontwikkeling. Die projek moet weer ondersoek word.
• Die BVS slaag egter daarin om mense weer van hul Identiteit en van die BOEREVOLK as entiteit bewus te maak.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 nog nie bestaan nie
2012 5 %(Agente) 5 % 90 %

9.4.8 Verkenners
Die verkenners is aanvanklik deur TG gestig om as werwingsakker vir lede van TG (geskool op die Broederbond se rapportryers) te funksioneer. Waar die Verkenners in die begin jare baie meer ingestel was op die Boerevolk, is die uitgangspunt klaarblyklik tans dat dit ʼn regse Afrikaner groepering is.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 (Agente) 5 % 35 % 60 %
2012 5% 70 % 25 %

9.4.9 Die TAR
Tussentydse Afrikanerraad het tot stand gekom na ʼn poging om ʼn verteenwoordigende raad in die ou Raadsaal op die plein tot stand te bring. Hierdie raad het onverpoos en op gereelde basis bymekaar gekom en na verskeie oplossings gesoek.
Ongelukkig is daar slegs na die Afrikaner as entiteit gekyk en die Boerevolk is nie gereken nie. Een van die lede van die TAR het ʼn byeenkoms gereël waarheen dertig organisasies uitgenooi is. Ongeveer 16 het opgedaag en die VVK het tot stand gekom. Hierna het die TAR ontbind.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
2004 5 % 90 % 5 %
2012 ontbind

9.4.10 VVK
In ongeveer 2007 het 11 organisasies bymekaar gekom om na ʼn oplossing te soek en die Volks Verkiesings kommissie (VVK) het tot stand gekom – een van vele organisasies wat in die laaste jare tot stand gekom het.
Hulle verkry ʼn mandaat van die vergadering om ʼn Volkskongres te reël, wat opdrag sou gee aan ʼn verkiesingskommissie om ʼn verkiesing te reël. (sien die Redaksionele kommentaar by: Die skakel
Hulle ignoreer egter die opdrag en reël ʼn verkiesing sonder om ʼn volkskongres te reël. Hierdie verkiesing van sg. Boere Afrikaner Raad het met vele gebreke gepaard gegaan.
Die lede van die sg. Volksraad wat verkies is, word ongelukkig nie aanvaar deur die Boerevolk of deur die Liberale Afrikaners nie en die werklike aksies wat na die sg. verkiesing geloods word, word deur die VVK self geïnisieer.
Opsomming:
Op die ou einde is die VVK niks anders as ʼn nuwe Afrikaner organisasie met sy eie beleid, keuring, lidmaatskap en struktuur nie. Daar kan op geen wyse aanspraak gemaak word dat die leiers ʼn Volk verteenwoordig nie. aangesien daar nie n volk met die naam Boere-Afrikaner bestaan nie.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996
2012 5 % 80 % 15 %

9.4.11 NBU
Die Nasionale belastingbetalers Unie funksioneer die afgelope paar jaar deur dorpsbewoners te aktiveer om o.a. belasting terug te hou nadat ʼn dispuut verklaar is.
Daar is reeds verskeie dorpe georganiseer en verskeie hofsake in die verband gewen.
Die NBU kan egter nie namens ʼn volk of selfs nie eers namens ʼn etniese groep optree nie, aangesien die ʼn “dorp se inwoners” is wat in ʼn struktuur gevestig word.
JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
2012

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 nog nie bestaan
2012 20 % 60 % 20 %

9.4.12 Orde Boerevolk
Hierdie organisasie is ongeveer in 1991 gestig en sou militante optrede propageer. Dis een van die min organisasies wat van die Boerevolk as ʼn entiteit praat, maar het nog nie werklik in groot getalle gefunksioneer nie.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 (Agente) 5 % 5 % 90 %
2012 (Agente) 5 % 5 % 90 %

9.4.13 Solidariteit
• Aanvanklik die Blanke Mynwerkers Unie.
• Verander na die Mynwerkersunie om anderskleuriges te huisves.
• Verander na Solidariteit (waarskynlik geskoei op die voorbeeld van Solidariteit in Poland) om op ʼn breër front te organiseer om ʼn politieke agenda te kan bedryf.
o Skep ʼn burgerregte organisasie, nl. Afriforum wat d.m.v. die hof regte afdwing
o Neem Radio Pretoria oor
o Skep ʼn welsynsorganisasie, nl. Helpende hand
o Begin ʼn media organisasie, nl. Maroela Media
o Is besig om ʼn universiteit te ontwikkel.
Die hele aksie word positief ervaar, maar het reeds die dood in die pot wat aangespreek sal moet word voordat die Boerevolk weereens op sleeptou geneem word deur Nie Boere.
• Solidariteit is ʼn Vakbond met swart- , Kleurling- en anderstalige- en anderskleurige lede
• Hulle kan dus NIE namens ʼn volk optree nie
• Hulle gebruik die term Afrikaner en het geen sentiment t.o.v. die Boerevolk nie
• Hulle kan ook nie namens ʼn Blanke groep optree nie
• Hulle verteenwoordig werkers wat ledegeld betaal om hulle reklame aksies te loods
• Hulle sal ʼn politieke agenda moet gebruik om enigsins by ʼn oplossing uit te kom en dan is die Boerevolk weereens aan politici uitgelewer
• Hulle is hard besig met ʼn werwingsveldtog ook onder die Boerevolk en gebruik hierdie geld om bg. doelwitte te bereik

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 Ander* +15 %LA 30 % 55 %
2012 Ander**+LA 35 %LA 50 % 15 %

Ander* sluit in ander Blankes soos Portugeuse, Engelse, Duitsers, ens.
Ander** sluit in ander Blankes soos Portugeuse, Engelse, Duitsers, sowel as Kleurlinge en Swartes in.

9.4.14 AVS Bokkieweek

Tydens betrokkenheid op beide die Laer- en Hoërskool op Potgietersrus se beheerliggame in 1990, het dit duidelik geword dat skolesport aan die begin van gedwonge transformasie op grond van kleur gekom het. Ek het ʼn volledige strategiese analise gedoen en Aksie Volkseie Skolesport van stapel gestuur. Een van die grootste struikelblokke was die aspirasies wat elke Pa tov sy seun se verkiesing (eendag) tot die Cravenweekspan, gekoester het. Daar moes dus ʼn teëvoeter vir die Cravenweek ontwikkel word.
In samewerking met die sport komitee van die gewese KP (wat volgens Nolte,reeds vyf jaar op soek was na ʼn oplossing), het ek met ʼn paar medewerkers, die eerste Bokkieweek in 1991 by Lekkerrus gereël. Na die tweede byeenkoms, het ek teruggetree en het die politici onder aanvoering van Daan Nolte die week verder bestuur. Hulle verander toe die Aksie Volkseie Skolesport na AFRIKANER Volkseie Skolesport. Ek moet dit rapporteer om aan te toon hoe die Afrikaner ( en veral politici) dikwels soos in die verlede, vir hulleself toe geëien het wat nie noodwendig aan hulle behoort nie.

9.4.15 Ander organisasies
Verskeie organisasies het die afgelope tyd te voorskyn gekom soos BBF, Volber en die nuut gestigte politieke party met die naam Federale Volks Party (toevallig ʼn naam wat deur ʼn kleurling party in die verlede gebruik is). Hierdie party is onlangs geregistreer en poog om die Boere-afrikaner in ʼn federale stelsel in te lei.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 5% 15% 80%
2012 10 % 50 % 40 %

Opmerking: Al meer lede van die Boerevolk gee hul kinders privaat onderrig.

9.5 KERKE

Sonder om die jare-oue kerkstryd en die tradisionele kerkisme in te bring, word die polarisasie wat duidelik ontstaan het, uitgelig. Die syfers is bloot bespiegeling , maar word tog weergegee vir oordenking en kommentaar.

9.5.1 NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK
Die Nederduits Gereformeerde Kerk (NG) is dwarsdeur die geskiedenis van die Boerevolk se vormingsjare af, vyandig en negatief gesind jeens die Boer. Die NG kerk het hom deur die jare met die Afrikaner geïdentifiseer en veral sy politieke motiewe en doelstellings nagepraat en verdedig.
Daar was 'n stadium dat daar baie min NG Kerk predikante was wat nie deel van die AB was nie.
'n Persoon wat hom ten volle met die Boerevolk identifiseer, sal beswaarlik 'n tuiste vind, of tuis voel in die NG kerk.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 45 % 40 % 15 %
2012 68 % 30 % 2 %

9.5.2 GEREFORMEERDE KERK
Alhoewel die Gereformeerde kerk op 'n stadium die "Staatskerk" van Paul Kruger was, het die Afrikaner Broederbond 'n sterk greep in die kerk se hiërargie bekom en uit die aard van die saak, die rigting van die kerk bepaal en bestuur.


9.5.3 HERVORMDE KERK
Van die "susterskerke" het die Hervormde kerk, alhoewel versigtig, die mees goedgesinde houding jeens die nuwe kerk (APK) openbaar.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 40 % 40 % 20 %
2012 60 % 30 % 10 %

9.5.4 AFRIKAANSE PROTESTANTE KERK
Met die stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) in 1987, het groot getalle Boere betrokke geraak. Diegene met sterk godsdienstige- en beginseloortuigings het vroeg reeds die stap geneem. Ander het om verskeie redes later gevolg. 'n Interessante waarneming is dat die vroue soms 'n belemmerende invloed gehad het. Hieroor kan ek slegs bespiegel. Die drie susterskerke beskou die nuwe kerk as 'n bedreiging. Veral die Afrikaner Broederbond lede binne kerkrade en deur die pers, loods fel aanvalle. Ongelukkig het baie lidmate slegs oor suiwer politieke redes aangesluit. Sekere predikante het ook die geleentheid gesien om die nuwe kerk deur middel van dogma te bestuur. In die proses het daar weereens (binne die APK), oorvleueling van die twee groeperinge onder bespreking plaasgevind.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 Agente 10 % 20 % 70 %
2012 (Agente)10 % 40 % 50 %

9.5.5 ANDER AFRIKAANSE KERKE
Baie van die ander Afrikaanse kerke is sterker op emosionele belewenis van die godsdiens ingestel. Hul politieke en kulturele belewenis kom nie altyd duidelik genoeg na vore dat 'n persepsie oor hulle gevorm kan word nie.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 20 % 40 % 40 %
2012 20 % 40 % 40 %

9.5.6 HUISKERKE
Dit is wel so dat daar al meer mense in die laaste tyd 'n weerstand teen rigiede kerklike dogma ontwikkel. Die liturgiese, seremoniële en rituele handelinge word die norm, sodat kerke in baie aangename sosiale klubs ontwikkel, terwyl die kern van bekering en wedergeboorte sekondêr word. Dit vorm deel van 'n ORGANISASIE en nie deel van die ORGANISME nie. As gevolg hiervan, beweeg baie mense weg van "kerke" na huisgemeentes.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 30 % 30 % 30 %
2012 20 % 40 % 40 %


9.6 MEDIA

Die liberale media was en is nog altyd die Boerevolk se grootste vyand. Die Afrikaanse koerante en tydskrifte, is veral daarop ingestel om by elke geleentheid die Boerevolk af te kraak as verkramp, as regs, as verregs, en as fanatieke godsdienstig- en politieke karikature. Ten spyte van die feit dat die Boerevolk, as volk die volste reg het om te groepeer en te organiseer

9.6.1 SABC

TV
Reeds in die tyd van die NP is die televisie en radio programme met ʼn ysterhand gereguleer. Dit word tans op dieselfde wyse hanteer. Die Afrikaanse kanaal is feitlik verlore. Behalwe dat daar op ʼn fyn sielkundige wyse, die Afrikaanssprekende mense verslaaf gemaak het aan sepies soos 7de laan. Hiermee is die sosiale ingenieurswese vervolmaak en is grense op so ʼn wyse afgebreek dat gemengde verhoudinge oral plaasvind.

RSG
Vroeër was die aanbieders meesal lede van die AB. Hulle was dan ook pro NP en anti-regse politieke entiteite en mense.
Deesdae is die aanslag op ʼn ander front. Die voltydse aanbieders van die Afrikaanse diens is een Blank en vier gekleurdes. Die meeste ander aanbieders is kontraktueel aangestel. Die gekleurde aanbieders bring Volksvreemde kulturele-, taal- en sosiale waardes, op subtiele wyse in die huishoudings van die Boerevolk en Konserwatiewe Afrikaners in. Dit is opvallend dat die gekleurde aanbieders, gekleurde “kundiges” kry om tydens inbel programme, as die kundiges optree.

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 30 % 60 % 10 %
2012 40 % 50 % 10 %

9.6.2 RADIO PRETORIA

Met die eerste onseker en swakkerige uitsendings van Radio Pretoria, het daar weer 'n nuwe bries van hoop deur die volk gewaai. Hier het ons weer mense soos Anita Armand en oorlede Johannes vd Walt, wat vir die eerste keer, onbeskaamd, oor die lug van die Boer en die Boerevolk praat.
In 1996 geskryf: Die eerste krakies van kompromieë (ter wille van ekonomiese voorspoed) het ongelukkig reeds sy verskyning gemaak en daar leef tans 'n benoudheid in die binneste van verskeie ware Boere, dat die Afrikaner/politici/ekonome dit weer gaan reg kry om hierdie ongelooflike volkseiendom geleidelik te kaap soos al die volkseiendomme van die verlede. Soos die SAUK ook sy pad geloop het, lank voor 1994.
2012: Die vrese wat in 1996 uitgespreek is, is inderdaad bewaarheid en tot uitvoer gekom. Solidariteit (ʼn gemengde swart/bruin en wit vakbond) het die Radio finansieel oorgeneem. Die DA en ander liberale denkers, kry al meer geleentheid om die liberale stem oor radio Pretoria uit te dra
Anton Goosen (as voorbeeld), was weens sy openlike liberale standpunt en sy openlike steun vir die “ja-stem”, vir al die jare deur die beleid van Radio Pretoria as persona non grata belet op die lug. Hy is egter onlangs as ʼn held tydens vasbyt ontvang!
Die term Boere-Afrikaner word aanvanklik gepropageer maar die Boer gedeelte is vinnig besig om uit RP se woordeskat te verdwyn en amper net van die Afrikaners tydens uitsendings en kommentaar gepraat.
Persone wat as omroepers gedien het wat die saak van die Boerevolk gepropageer het, is amper almal uitgewerk. Die wat oorbly is te bang om te praat omdat hulle bang is om hul werk te verloor. Die Boerevolk se geld is egter goed genoeg om tydens vasbyt aksies in te samel.

Bestuur en redaksie:

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 5% (agente) 25% 70
2012 20 % 60 % 20 %

Luisteraars

JAAR Liberale Afrikaner Konserwatiewe Afrikaner Boerevolk
1996 25% (agente) 25% 50
2012 10 % 50 % 40 %

9.6.3 Media 24

Die Beeld en Rapport is op die oog af steeds baie antagonisties teenoor die Boerevolk. Tim Du Plessis was bv. nie bereid om ʼn afspraak wat ons met hom wou maak, na te kom nie.
Daar kom egter in die laaste tyd al meer berigte deur wat die vroeëre negatiwiteit effe verdoesel. ʼn onlangse berig in Rapport oor die Boeremagsaak is ʼn voorbeeld.
Nogtans kry plaasmoorde, misdade en vergrype van Swart teen Wit, steeds baie minder prominensie as wanneer ʼn Wit persoon iets teen ʼn Swarte sou doen.

9.6.4 Die Afrikaner koerant
Dit is die mondstuk van die HNP en propageer Afrikaner Nasionalisme ten koste van die term Boerevolk.
Die oplaag van die koerant het in die laaste tyd soveel afgeneem dat dit nie meer werklik ʼn faktor is nie.

9.6.5 Die Boervolk Radio
Die internet gebaseerde uitsendings vind plaas vanuit Londen. Dit is ʼn groeiende entiteit wat tans deur een persoon bedryf word en behoort ondersteun te word.


10. DIE POLITIEKE ROLSPELERS (en BONDGENOTE)
1970-2012

Rolspelers rondom die gebeure voor- en na die politieke oorgawe van 1994 word nou onder die loep geneem:
1. Met die stigting van die Herstigte Nasionale Party (HNP), het die volkshoop weer opgevlam. Die HNP het egter, alhoewel dit momentum gekry het, nooit werklik 'n faktor geword nie. Die mislukking van die HNP is aan veral vier redes toe te skryf:
1.1. 'n Geweldige georkestreerde aanval deur die media.
1.2. Deur fyn beplanning van die politici, word die Konserwatiewe Party (KP) as teenvoeter vir die HNP tot stand gebring. Die media gee op 'n georkestreerde wyse aansien aan hierdie nuwe party ten koste van die HNP. Die volk beskou dit as die nuwe voertuig om die altyd teenwoordige volksideaal van 'n werklike onafhanklike vaderland te verwesenlik. Die beroepspolitici binne die party sorg egter deur pragmatiese en krisisbestuur dat die politieke agenda heeltyd bo volksagenda of volksprioriteite gestel word en neem weereens die volk op sleeptou.
1.3. Die HNP is volgens alle kriteria 'n politieke party wat volgens politieke reëls opereer en het dus nie ‘n werklike oplossing gebied aan die Boer nie.
1.4. Die leiers (en ondersteuners) het (soos die leiers van die OB) te volhard om eerder van Afrikaner nasionaliste te praat as om die Boerevolk by die naam te noem.
2. 'n Vierman komitee kom op versoek van volksgenote aan einde van 1991 bymekaar. Hulle opdrag: om die volk buite party-politiekeverband bymekaar te maak.
3. 'n Eenheidskomitee van 25 (EK 25) kom tot stand op 22/2/1992.
4. Daarna kom die VolksEenheidsKomitee (VEKOM), met 'n suiwer volksgerigte plan op die tafel, tot stand. Die hoofopdrag is om 'n volkstaat vir die (word op hierdie stadium voorlopig "Boere-Afrikaner" genoem) tot stand te bring.
5. Die KP verander intussen hul beleid om in pas te kom en propageer nou ook 'n "volkstaat".
6. Om nie politieke momentum te verloor nie, stig die Konserwatiewe Party die Mobilisasie-komitee (MOBKOM).
7. In samewerking met VEKOM (70 ander volksorganisasies en partye) kom die Afrikaner Volksfront (AVF) tot stand en die volk se verbeelding word aangegryp. Die KP orkestreer egter die verkiesing van alle uitvoerende posisies en beheer uiteindelik VEKOM. Die KP se leier word die AVF se leier en die dood is in die pot vir die AVF. Uit vrees dat hulle dalk politieke steun onder Afrikaner stemgeregtigde kruisie trekkers mag verloor, weier die politici wat nou in die binnekringe van die aanvanklike volksorganisasie sit, om van die term Afrikaner afstand te doen of om van Boer te praat.
8. As gevolg van die "skaking" van die organisasie deur die politici, misluk die AFV uiteindelik as volksbeweging.
9. Intussen kom die Boere Krisis Aksie tot stand (BKA). Dit word spontaan uit die volk gevorm na 'n uiters suksesvolle demonstratiewe "beleg van Pretoria". Hierdie organisasie (soos die Ossewa Brandwag), wou "besigheid" doen en is gerat om die volk na vryheid te lei. Onder leiding van Dries Bruwer en Herman Vercuil, betrek hulle Constand Viljoen. Hy skakel nou met die Direktoraat van generaals voortspruitend uit die AVF en die BKA word die AVF se Volksleër. Hierdie volksleer bestaan 90% uit Boere.
10. Die Boerevolk is gereed vir oorlog om hul vaderland met wapengeweld te verdedig as dit nodig sou wees. Ongeveer 250 Kommandante van die eertydse Kommando’s word op gereedheidsgrondslag geplaas.
11. Die politici en NIA agente ontlont egter die situasie met fynbeplande strategie en slinkse skuiwe, en slaag daarin om die wig tussen Boer en Afrikaner so diep te slaan dat baie tot vandag nog nie kan verstaan presies wat gebeur het nie.
12. Die finale veldslag word gelewer in Bophuthatswana:
12.1. FW de Klerk, taak klaarblyklik Pik Botha en Roelf Meyer, om saam met Maharaj ʼn staatsgreep teen Mangope te beplan.
12.2. Eugene Terreblanche en die AWB word as pionne deur binnekring rolspelers in die BOP regering gemanipuleer terwyl Mangope Viljoen en Hartzenberg en Genl. Tienie Groenewald nader om hom by te staan teen georkestreerde ANC kaders wat besig was om die land onregeerbaar te maak.
12.3. Genl. George Meiring sorg dat daar (toevallig) ʼn eskadron pantservoertuie in die omgewing besig is met ʼn oefening terwyl ʼn groep ontwapende BKA manne onder Douw Steyn by ʼn lugmagbasis saamtrek en wag op bevele.
12.4. Die AWB “val “ Bop in en saai chaos. Drie AWB manne word deur ʼn swart agent tereg gestel terwyl kameras (toevallig?) opgestel is. Die grusame beeldmateriaal word oor en oor vertoon deur die media, en stuit alle potensiële weerstand deur die Boer in sy spore.
12.5. Hierdie insident laat Viljoen besluit om stembus toe te gaan en met ʼn georkestreerde (deur die Mulders, Chiole en Groenewald) aksie, word die (A)VF (sic) Afrikaner Vryheidsfront as politieke party geregistreer.
13. Die Vryheidsfront word die nuwe voertuig vir die Afrikaner politiek terwyl die meeste lede van die Boerevolk onbetrokke is by die stembus waar die finale vernietigende slag van die oorlog aan die Volk toegedien word.
14. Na hierdie aanslag is die Volk verslae, en teleurgesteld in die leiers wat toegelaat het dat die ANC hulle vernederend mislei het en aan die ore rondgesleep het.
Ek het in 1996 voorspel dat dit ‘n hele paar jaar gaan neem om die Boerevolk weer as ‘n faktor ‘n rol te laat speel. Nou is die tyd dat die Boerevolk weer hande moet vat en op ‘n wettige wyse as volk moet konsolideer.

11. SLOT OPMERKINGS EN VRAE

11.1 Evalueer KRITERIA om aan die definisie van “VOLK” te voldoen

EIENSKAP*** Boerevolk Afrikaner
Eie vlag Verskeie waarvan die vierkleur en die Vrystaatse
vlae die bekendste is.
Geen Afrikaner vlag nie
Oorloë as Volk geveg Verskeie: (K)Tafferoorloë(die oorloë is so genoem),
en Anglo Boereoorlog x2 geveg
Geen Afrikaner oorlog geveg nie.
Eie Republiek 13 Boere republieke gestig GEEN enkele republiek opgerig nie
Eie Volkslied Kent gij dat Volk en Vrystaatse Volkslied Geen Afrikaner Volkslied
Die Stem" was Afrikaans maar
deur almal gesing en aanvaar.
Eiesoortige kleredrag Oa. Kappies en Voortrekker-rokke. Trek neus op vir tradisionele Boere klere
Amptelike afgevaardig
(namens Volk)
verskeie kere as verteenwoordigend van
die Boerevolk opgetree.
Nie bewus van enige Afrikaner deputasie nie.
Traktate onderteken
(as volk)
as Volk verskeie Geen

***Aangesien die term “Boere Afrikaner” of Konserwatiewe Afrikaner nog nooit as volk ter sprake was nie, word slegs die term Boer en Afrikaner onder die loep geneem.


11.2 Geld die onderskeid tussen BOER en AFRIKANER vandag nog?

Krities beskou kan die volgende onderskeid getref word:

BOER AFRIKANER
• Die gees van die Boer soos beskryf deur Arthur E. Connan Doyle leef vandag nog steeds in mense.
• Mense met hierdie gees (die Boere) het steeds 'n vryheidstrewe en wil om as volk in 'n onafhanklike Volksrepubliek oor homself te regeer.
• Die gees van die Cape-Dutch/Kolonialer leef ook (steeds) vandag in die liberale Afrikaner
• Hulle, in wie hierdie gees leef, is heeltemal tevrede om in die kookpot van internasionalisme en kosmopolitisme, deel van 'n burger-staat uit te maak


GEOGRAFIES

BOER AFRIKANER
• Grootste konsentrasie steeds in gebied van ou Boere Republieke: Transvaal, Vrystaat, Noord-Natal en Noord-Kaap.
• Oor die res van die land yler verspreid.
• Grootste konsentrasie in Kaap, Natal en Witwatersrand
• In "Boere-gebied" in minderheid.


KULTUREEL

BOER AFRIKANER
• Gebonde aan die geloftes, geskiedenis en ander kulturele waardes van die Boerevolk.
• Jaloers op Volkseie kulturele instellings en NIE bereid om dit oop te stel vir, en te deel met volksvreemdes nie.
• Die (minderheid-veral in Pretoria en in die Vrystaat) wat lid was, het bedank uit Afrikaner Broederbond..
• Gelofte van geen waarde (vgl Floors v Jaarsveld) beskou dit as bloot historiese gebeurtenis.
• Kulturele instellings nie “Volkseie” nie en daarom bereid om FAK, Broederbond Voortrekker- beweging, Voortrekkermonument, Vroue monument (nadat hulle dmv Broederbond soos vgl Erfenisstigting van Rooi Gert Opperman beheer daaroor gekry het), oop te gooi vir ander volkere.


11.3 Is daar n verskil tussen n BOER en n AFRIKANER?
• Ter wille van duidelikheid moet aanvaar word dat deur ondertrouery tussen Boer en Afrikaner, die lyn nie altyd skerp getrek kan word nie. Mense het ook as gevolg van die verwarring wat van die begin af geheers en deur die politici van die dag uitgebuit is, selfs van die een “groep” na die ander “groep” oorgeloop deur 'n doelbewuste keuse te maak, sodra die "politieke of ekonomiese lokaas" groot genoeg is, of andersyds deur omstandighede gedryf.
• Selfs binne gesinne word uiteenlopende rigtings ingeslaan. So kry ons byvoorbeeld Boere-generaals wat later met die Vyand heul en saamwerk, ook Cape-Dutch, wat later ten volle met die Boere assosieer en selfs aan die Rebellie deelneem. Die twee broers Genl. Christiaan en Piet De wet is sprekende voorbeelde.

Daar moet dus na dieper faktore of redes gesoek word
wat die verskil maak tussen Boer en Afrikaner

11.4 Wat veroorsaak die verwarring van identiteit?

11.4.1 TAAL AS BRON VAN VERWARRING
Albei groepe praat Afrikaans.
Die Kaapse groep is veral "Taal georiënteer" (die taalbewegings het oa. in die Kaap ontstaan). Omdat hulle hulself van vroeg af Afrikaner begin noem het en by die geskrewe woord betrokke is, word die persepsie geskep dat almal wat Afrikaans praat, Afrikaners is.
Hulle studeer aan die Kaapse akademiese instellings, word later die digters, skrywers, joernaliste en vorm drukgroepe wat vir die Taal stry. Hulle verander egter nie na Boere nie.
Die Boere aan die ander kant, is nie op akademiese prestasies ingestel nie en streef eerder om die grond te bewerk. Die Boere word egter aan die geskrifte van die Kaapse (en later Transvaalse en Vrystaatse Afrikaners) blootgestel en omdat die "Afrikaners" in die Kaap vir die Taal van die Boere stry, begin die gedagte van: "Ik ben een Africander "(wat jou as inwoner van Afrika klassifiseer) ook onder sommige Boere posvat.
Die Kaapse kleurling praat ook Afrikaans.
Dit is belangrik om te herhaal dat TAAL slegs ʼn element van die elemente is wat ʼn volk vorm en nie die enigste kriterium is wat 'n Volk vorm nie. Hier het dit eerder 'n volk ten opsigte van sy identiteit verwar.

11.4.2 SOSIALE INGENIEURSWESE: Die rol van POLITIEK (versus patriotisme)

Daar moet duidelik onderskeid getref word tussen 'n party-politieke agenda en 'n kulturele agenda (volksingesteldheid).
• Aangesien dit in 'n mate oorvleuel, slaag politici elke keer daarin om kultuurorganisasies wat 'n kulturele agenda het, op sleeptou te neem en na 'n politieke agenda, tot voordeel van die politieke party te manipuleer.
• Volksdoelwitte word in die proses afgewater of ter syde gestel, ter wille van politieke gewin. Die Boerevolk het 'n “volksplan” of strewe agenda gehad, terwyl die Kaapse Afrikaner hoofsaaklik 'n politieke agenda gehad.
• Die AB het ʼn baie groot rol gespeel om die huidige geslag as “Afrikaners” te oriënteer. Hulle beskou die Boerevolk as die “verdelers” terwyl hulle nie besef dat HULLE eintlik die verdelers is wat die liberale term “Afrikaner” aanhang, ten koste van hulle ware identiteit, nl. Die van BOEREVOLK nie.
• Politieke party ingesteldheid, is altyd bekommerd oor getalle en sal daarom na links (meer liberaal) vry aangesien dit die groter getallebron bevat.
• ʼn Ware patriot is nie oor getalle bekommerd nie. Daar bestaan nie ʼn minimum kriterium (getalsgewys) om as Volk te klassifiseer nie.

11.4.3 Etiketering van die Boerevolk
Reeds vanaf dr Verwoerd se tyd is die Boerevolk (Robert van Tonder en die Boerestaat Party) geëtiketteer as regses, verregses, verkramp en fanaties. Hierdie beskuldigings word voortdurend deur die media opgedis aan elke situasie wat negatiewe publisiteit aan die Boerevolk kan verleen. 

Positiewe gebeurtenisse word bloot geïgnoreer.

11.4.4 Te veel ooreenkomste?
Die Boerevolk en die Afrikaner word feitlik net deur godsdiens, taal en velkleur aanmekaar gebind maar kan nie op 'n kunsmatige wyse as 'n volk saam forseer word nie. Hierdie eenheid kon na twee eeue en ernstige pogings van breinspoeling en indoktrinasie nie tot stand kom nie (vgl. Nederland en Vlaandere; Duitsland en Oostenryk, en vele ander lande met sg. situasies).

11.4.5 MOTIVERING EN DOELWIT van die twee groepe wat verskil
• Die Boer is ingestel op grond, volk en onafhanklikheid terwyl
• die Afrikaner gerig is op taal, ekonomiese- en politiekse doelwitte.

11.4.6 Verskil tov STRYD
• Die Boerevolk se stryd is van voor sy wordingsdae, teen die "owerhede en magte, teen die wêreldheersers van hierde eeu". Dit is duidelik dat die Boerevolk iets besit wat vir die Vyand, die Heerser van die owerhede en magte, 'n bedreiging inhou.
• Die Afrikaner het slegs ʼn taalstryd en nooit werklik 'n bestaanstryd gevoer nie. Hulle was voortdurend bereid tot kompromie met die owerhede en ekonomiese magte, of was sélf die owerheid. Die eerste keer wat daar werklik vir die Afrikaner(in geheel) 'n bedreiging na vore getree het, is na 1994.
• Swart op wit (ook op liberale Afrikaners): misdaad, gewapende roof, kapings, verkragtings, plaasaanvalle, naam verandering, kwota stelsels, BEE en diskriminasie by kontrak toekenning asook teen kinders by universiteitskeuring ens., laat hul liberale ingesteldheid vir die eerste keer onder die selfondersoekende soeklig kom.
• Dit is interessant om te let dat Swartes in die algemeen van wit mense as “Boere” praat

11.5 SKOLE

Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys, (BCVO) is suiwer gemik op die grondslae van die Boerevolk en bied vir die volk weer die geleentheid om sy kinders, die geslag van more, by die haarwortels van die Boerevolk te laat begin. Die liberale Afrikaner het reeds hier geleidelik begin oorneem”.

11.6 Wat is die probleem met party politiek?

• Partypolitiek is 'n Anglo-Joodse stelsel, volksvreemd aan die Boerevolk en het tot verknegting en amper tot vernietiging van die eens trotse Boerevolk en sy ideale gelei.
• Party-politiek verdeel 'n volk: die Cape-Dutch en "liberale Afrikaner" het sy heil hoofsaaklik by die party-politiek gesoek , terwyl die Boerevolk in wese “verset georiënteerd” is.
• Party-politiek verwar 'n volk en het die Boerevolk se siening en republikeinse strewe afgewater tot die "oorlewing van 'n politieke party".
• 'n Politieke party en 'n versetorganisasie het aparte programme, beginsels en reëls; daarom kan 'n politieke party nooit ʼn versetorganisasie wees nie en 'n versetorganisasie kan ook nie 'n politieke party wees nie.
• Dieselfde geld tov ʼn Volksgedrewe beweging en ʼn Politieke party.

11.7. Hoekom GELOFTEVOLK ?
• Met die aankoms in hierdie woeste land, het Jan van Riebeeck 'n gebed in die vorm van 'n gelofte afgelê. Dit voldoen egter nie aan die kriteria van ʼn gelofte nie en word bloot as ʼn onderneming wat hy in sy wysheid onderneem het, gesien.
• By die walle van die Wasbankrivier, lê die Boer die Bloedrivier gelofte af.

Die volgende is ʼn aanhaling uit ʼn skrywe van JJG Smith (sien skakel): http://www.boerevryheid.co.za/forums...-DIE-BOEREVOLK

Dan moet ons kennis neem dat die Gelofte wat algemeen bekend is, nie korrek is nie. Die verslag wat in die De Zuid-Afrikaan van 14 Julie 1839 gepubliseer is onder die opskrif:

“THE EMIGRANT FARMERS AT PORT NATAL” gee die meer korrekte feite oor die Gelofte.
“om zoo de Heere ons de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het Hem zal behagen, - en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kumnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aanteekenen, om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag worden.”
Hierdie Gelofte is ‘n integrale deel van die ontstaan en ontwikkeling van die Boerevolk.

By Paardekraal word die gelofte herhaal en 'n verdere gelofte tot die dood toe afgelê.

Hierdie geloftes, lê sentraal binne die Volksgevoel en Volkstrewe van die Boerevolk.

11.8 Wie is vandag deel van die Boerevolk?
Na die relaas moet mens by ʼn gevolgtrekking kom.
Eerstens vra ek die vraag: “Wie behoort vandag aan die Boerevolk?”

Die volgende kriteria kom dan ter sprake:
• Die persoon wat etnies kán kwalifiseer
• Daarna met die Boerevolk se geskiedenis, ideale en stryd assosieer
o Dit sluit in die waardes en belange van die Boerevolk,
o Die geloftes van die Boerevolk,
o Die doel en strewes van die Boerevolk
o Volhoubare betrokkenheid om die Boerevolk as entiteit te laat aanhou bestaan.
• 'n Persoon wat 'n so ʼn bewustelike keuse ten gunste van eie volkskap gemaak het, word deel van die geestelike bries van die volk en daarom ook deel van die stryd om daardie volkskap te vorm en te behou.
• Elke persoon in elke geslag moet ʼn bewuslelik keuse oor sy volkskap uitoefen
(Of as alternatief, in die geval van 'n kosmopoliet oor sy gebrek aan volkskap besluit) ".

STELLING:
DIE BOEREVOLK
IS DIE ENIGSTE BLANKE VOLK
WAT REG OP GROND
IN AFRIKA HET.
Daar moet vandag, deur elke BOER ʼn keuse gemaak word of die Boerevolk gaan bly voortbestaan....
en of dit slegs as ʼn entiteit van verlede in die Geskiedenisboeke opgeteken sal staan.

OPSOMMING:

Hy wat ʼn Boer kan wees,
en in sy hart besluit dat hy ʼn Boer wil wees,
Hy IS ʼn BOER


12. FINALE GEVOLGTREKKING EN OPLOSSING:
Geen organisatories groepering of politieke party kan die Boerevolk uit sy situasie in die huidige klimaat red nie.
Alle vorige pogings wat gegrond was op samewerking, saamvoeging, kompromieë of politieke aksies, het misluk.
Die term Afrikaner is te wyd en het geen grond om as volk te funksioneer nie.
Die enigste pad na Vryheid is om as volk gegroepeer te word en as VOLK aanspraak op Vryheid te maak.

Ons eerste taak is om die Boerevolk as BOEREVOLK bymekaar te maak.

Daarna kan die vryheidspad uitgewerk en uitgespel word.