Geloftedag 2012 - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 18 Desember 2012 08:48

Sarel Cilliers, monument in KroonstadGELOFTEDAG 16 DESEMBER 2012- HERDENKING VAN 'N GELOFTE OF SOEKE NA VERSOENING?

Geloftedag, is, soos gewoonlik, weer op 16 Desember “.as dankdag soos 'n Sabbat gehou.” Of so was dit veronderstel om te wees. Mense het selfs lang distansies afgelê en moeite gedoen om by feeste uit te kom. En as hierdie dag tot eer en verheerliking van Sy groot naam gehou is was dit geslaagd. Ongelukkig sal dit egter ook in die naam van Versoening gehou gewees het, wat 'n totaal ander betekenis het en niks met die oorspronklike GELOFTE VAN DIE BOEREVOLK TE DOEN HET NIE.

In die tydsgewrig waarin ons vasgevang is, sal dit miskien ook goed wees dat ons Boere weer kennis neem van die dieper inhoud van die ware betekenis van die Gelofte- Piet Rudolph, aksiekomitee Orde Boerevolk.