Blanke volksmoord - Marlene H. PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 19 Desember 2012 21:46

Blanke volksmoord

 

(From FB Group "Help PW Nel En ander Boere gevangenisse.")

Goeie dag liewe Vriende en Volksgenote

Graag wil ek jul meer vertel oor my ervaring tydens die afgelope naweek se 4020 projek wat in Springs plaasgevind het.

Marlene HanekomAgtergrond :
Ek het Donderdag op bakkies blad (fb) gelees van die projek en was dadelik “vasgevang”. Ek het net geweet hier MOET ek betrokke raak. ‘n Bittereinder Boerseun, Johan van der Merwe het die slim plan gehad om vir 4020 minute in ‘n kis te le sonder om te eet. Dit beteken nou een minuut vir elkeen van die 4020 boere wat op plase en of kleinhoewes vermoor was. Ek is egter oortuig daarvan dat die getel wel heelwat meer is. Hierdie aksie is geloots om mense bewus te maak van die Volksmoorde teen die Boervolk of al te wel die blankes van Suid-Afrika. Ek se blankes van Suid-Afrika, maar baie tong in die kies, want menige blankes in Suid-Afrika is beslis nie Boere nie. Alhoewel jy die slagoffer sal wees as jy blank is.

Let wel: As ek verwys na Boere praat ek nie van landbouers nie. Ek verwys na die Boervolk, volksgenote wat in murg en been, gees en siel begeer en stry om hul Vryheid terug te kry. Die gene wat werk om ‘n vrye onafhanklike staat te bekom. Die gene wat trots is op sy/haar blankheid, nie skaam is oor wat ons voorvaders gedoen het om ons Vryheid te bekom nie. Die gene wat rasse vermenging haat. Die gene wat nie skaam is om ons volkskinders te vertel van ons geskiedenis nie en hulle te onderrig in die kuns van die lewe om ten alle tye God vooroë te hou in alles wat ons doen, sê en dink. Dit my liewe vriend is wie die Boervolk is.

My voorbereiding :
Ek moes ‘n bydra lewer en het toe ‘n besluit om ‘n plakaat te maak van my 5 familielede en een vriend wat vermoor is. Ek wou begin met : “De Klerk hulle bloed is op jou hande”, maar het besef dat dit net weer woorde sal wees wat beskuldigings dra en wat sal die bydra dan tog beteken? Ek moes iets sê of iets doen om die saak te help en besluit toe om met dié woorde te begin:

DIE SKRIF IS TEEN DIE MUUR :
BOERE-VOLKSMOORD IS AAN DIE ORDE VAN DIE DAG; ONDER LEIDING VAN DIE ANC.
AS JY NIKS DOEN IS JY AANDADIG AAN DIE VOLKSMOORD.
DIE BOERVOLK HET ‘N STEM ….HOOR ONS KREET !!!!!!

Ek het skrywes opgesit van my geliefdes met hul name geboorte en sterftedatums en ook genoem hou hulle gesterf het.

1 ) Magdalena Gobey (My ouma)
23/06/1923 – 24/04/1987
1 x geskiet in gesig tydens plaas-aanval te Hekpoort. Niks geroof net gemoor.

2 ) William Gobey (My oupa)
26/01/1922 – 14/06/1987
1 x geskiet in gesig te Hekpoort. Oorleef plaas-aanval. Sterf 7 weke na sy vrou vermoor is tydens plaas-aanval. Hy het homself dood getreur.

3 ) Jacobus Frederik Smit (My PAPPIE EN HELD)
13/09/1945 – 2/12/1996
5 x geskiet tydens kaping te Brakpan. My ma het gestremdes vervoer, my pa het die dag saam met haar gery. Hulle is in ‘n oprit van een van die wonings ingewag. My pa het die gestremdes probeer help om uit die bussie te klim. Die barbare het op daardie stadium my ma aan die bestuurderskant aangehou, nog in die bussie. ‘n Struweling het ontstaan, want my pa het gedink hulle wou met my ma weg-ry. My pa is toe vyf keer geskiet en sterf op die toneel. Hulle het nie die bussie gevat nie. Hulle jaag weg in ‘n ander gesteelde voertuig. My ma was fisies ongedeerd maar geestelik gebreek.

4 ) Jan Hanekom (My man se oom)
1998
Geskiet tydens kaping te Brakpan.

5 ) Renier Lamprecht (My neef)
30/03/1966 – 22/12/2009

In 2006 word Renier aangeval op ‘n plaas in Kroondal, Rustenburg distrik. Hy word 6 keer geskiet. Hy oorleef die aanval maar herstel nooit ten volle van sy beserings nie, dus sukkel hy vir 3 jaar om vaste werk te kry. Op 22 Desember 2009 te Kameeldrift word hy wakker in die oggend ure en besef daar is “mense” in sy woning. Hulle gewaar hom in die gang. Hy hardloop terug na die slaapkamer en druk die deur toe in ‘n poging om sy vrou en sy eie lewe te red. Die rowers skiet hom deur die geslote deur. Een skoot neem sy lewe.

6 ) Eugéne Terre Blanche (Volksvader)
31/01/1944 – 3/04/2010
Wreed vermoor, onherkenbaar vermink te Ventersdorp terwyl hy geslaap het. Sy ideal leef voort in elke blanke wat streef na ‘n Vrye Onafhanklike Staat en werk om ons ideal te bereik.

Graag wil ek ook die volgende met jul deel en vra dat julle hierop sal agslaan en ook ‘n besluit sal neem om betrokke te raak by die Boervolk se stryd tot oorlewing.

VOLKSGENOTE WORD WAKKER ! DIE MOORDE TEEN DIE BOERVOLK IS ‘N BEPLANDE STRATEGIE VAN DIE KOMMUNISTIESE, ANTICHRISTIESE ANC, OM ONS UIT TE MOOR. HULLE IDEAAL IS DAT DIE HELE AFRIKA SWART MOET WEES. HULLE IS HIER OM TE ROOF, TE VERKRAG EN DIE BOERVOLK/BLANKES UIT TE MOOR. SLUIT VANDAG BY ‘N ORGANISASIE AAN EN RAAK BETROKKE SODAT JY DIE NODIGE OPLEIDING KAN KRY OM JOU EN JOU GELIEFDES TE KAN BESKERM. MOET NIE LANGER STIL BLY NIE. STAAN OP! ONS HET ‘N INTERNASIONALE-REG OP ‘N EIE ONAFHANKLIKE STAAT. DIE BOERVOLK IS DIE ENIGSTE MINDERHEIDSVOLK TER WêRELD WAT DEUR ‘N MEERDERHEIDSVOLK ONDERDRUK WORD. STILSWYE BETEKEN AANVAARDING !

Saterdag 3 Nov. 2012:
Ons sluit aan by ons mede volksgenote wat al sedert Donderdag in Ermelo weg in Springs staan om hierdie baie belangrike waarskuwing aan ander mense te rig: Wat is die waarskuwing? Die Boervolk is besig om uitgemoor te word, wees gereed en raak betrokke, wees deel van die oplossing en nie deel van statestieke nie! [...] Ek sien heelwat bekende gesigte en dan besef ek : “wow hier is soveel onbekendes.” Dis goei nuus , want dit beteken ander volksgenote word bereik. Ons is hartlik gegroet en ontvang.

Aan die linker kant voor die tent staan daar ‘n kinder(baba) doodskis op ‘n tafel met die woorde “Is jy Volgende ?” Voor die kissie is ‘n witkruis met ‘n blommekransie oor. Skielik oorval die droefheid my. Die blydskap oor die vele Volksgenote wat teenwoordig is maak nie saak nie. Die opgewondenheid van die vierkleur wat wapper is nou amper ‘n gedagte wat verby gaan. Hier staan ek nou deur God se genade alleen en besef hoeveel families , selfs klein kindertjies vermoor word. Nee, nie net vermoor word nie. Hulle word gemartel, in stukke gekap, geslaan, onteer (verkrag) en verbrand. In die “portaal” en “binnehof” van die tent groet afgryslike foto’s en berigte van volksgenote se geliefdes my. Was die ‘n groet of ‘n hulpskreet wat uit die foto’s klink? My siel ruk in my binneste , dalk wil hy (my siel) my liggaam verlaat, dan is dit dalk nie so werklik nie. Dalk sal iemand my wakker ruk uit hierdie drogbeeld wat voor my afspeel, maar heel-laas weet ek dit ; Volksmoord is ‘n werklikheid en elke blanke persoon in Suid-Afrika is ‘n potensiële slagoffer. Vele ander onmenslike dade wag op ons as ons nie daadwerklik optree om ons voortbestaan te verseker nie.

Ek in die doodskis:
Dis my beurt om te lê. Ek bekyk die kis, wonder, twyfel…. ‘n Vriendelike maar ondersteunende stem sê vir my :“Jy moet nou inklim.” Ek is bang (entevrees), hoe kom ek in so ‘n situasie? Ek haal diep asem, die deksel word opgesit, gelukkig is my gesig nog oop ek kan nog asemhaal en toe begin een uur se lê. Die kis is hard en ongemaklik. Dit reuk van vernis styg by my neus op en ek wonder is die kis dan só nuut ? Mense praat met my, vreemdes, maar ons praat soos ou vriende, ons deel die selfde denke.

‘n Warboel gedagtes, gevoelens en emosies hardloop deur my kop, nee dit hardloop deur my siel. Dit los spore wat nooit uitgewis kan word nie. Hoe bang was jy my geliefde, my vriend, my volksgenoot ? Hoe kon dit met julle gebeur ? Watse ongemak het julle beleef ? Die pyn, die brand, die seer ? Hoe lank het dit gevat voor jou siel moeg geword het ? Ek sien jy het baklei, kyk die krapmerke aan jou hande. Dis dieper as die een wat die skroef van die kis aan my hand gemaak het, baie dieper. Ek voel vasgedruk, die spasie is te klein. Dis hoe ons volk ook voel, dink ek. Vas gedruk in ‘n blik ! Ons is in ‘n situasie waarin ons nie wil wees nie. Ons moet hier uit ! ek wil dit hardop skree, anders my geliefde was julle stryd,julle dood verniet gewees.

“Julle moet die ander deksel ook toe maak “ “beveel” ek, maar net vir ‘n kort-rukkie. Die deksel is op, dis donker, ek is benoud. Dit is hoe dit sal wees as hierdie moorde op die Boervolk so voortgaan, donker ! Is dié die begrafnis van ‘n volk ? Ek sien bietjie lig by ‘n skrefie insluip en besef DAAR IS HOOP !. Ons het ‘n toekoms, daar is vir ons ook ‘n plekkie onder die son in hierdie donker Afrika, maar ons moet dit vir ons self moontlik maak. Ons moet die donkerte “weg-dryf” met God se lig. Ons mag nie opgee nie , ons móét aanhou. Ons moet praat, ons moet wys, ons moet met dieselfde heldemoed van ons volksgenote wat ons vooraf gegaan het, die stryd aansê.

Die deksel is weer oop en ek kan “vry”asem haal. Ek sien ‘n kolletjie bloed aan die kant van die kis en besef, hierdie aksie is net ‘n druppel in die emmer. Baie druppels gaan die emmer vol maak. Ons moet aanhou ons moet die volk eensgesind voor God laat staan.

Sondag 4 Nov. 2012:
Ons kinders is vandag saam met ons. Ons moet hul wys. Ons het hulle vertel wat met ons volk gebeur, maar hulle moet self sien. My dogter (17) sien die baba-kissie en dis nie so erg nie, maar ek weet wat wag. Sy stap na binne en begin kyk. Ek staan lang haar en hou haar dop. Kan haar gesig uitdrukking moontlik haar denke vertel. Ons praat, sy vra vrae en ek beantwoord. Ons hak vas by die een foto, die was ‘n baba van ses maande oud. Sy/hy is in koerantpapier toegedraai en toe aan die brand gesteek. Sy is stil en trane wel op in haar oë. Sy sak vooroor , sy is naar. Die werklikheid van die situasie dring nou deur. Sy besef nou ons is in ‘n stryd om lewe en dood. Nou weet sy waarom ons so beskermend is. Sy gaan sit en herstel vir ‘n oomblik. “Kom Mamma ek moet verder gaan kyk.” Sy het ook in die kis gaan lê. Hoekom doen jy dit, het ek gevra? “Mamma die is vir elke witmens wat vermoor is. Ek besef nou hoe ernstig dit is! Ek sal opoffer om in hulle plek te kon sterf as dit moontlik was, want ek is lief vir ons mense.” My seun (13) is kwaad en dis duidelik te bespeur op sy gesig. Hy wil huil, hy wil skree, hy wil “hulle” ook doodmaak, maar dis God se Gees wat hom keer.

Maandag 5 Nov. 2012:
My dogter sien ek is druk besig en sy lees my gesig. “Mamma ek wil net baie dankie sê dat julle ons Sondag saam gevat het. In ‘n manier is ek kwaad omdat ek die foto’s gesien het , want ons mense word so seer gemaak en ek hou nie daarvan nie, maar ook verlig, want nou het ek die werklike gesien en nie net gehoor daarvan nie. Ek verstaan nou waarom julle dit nie aan ons wou wys toe ons jonger was nie. Nou weet ek waarvoor ons baklei. Ek is bang so iets gebeur met een van ons, maar dis die duiwel wat wil hê ek moet bang wees.” “My kind onthou net dat al so iets dalk met ons gebeur, God sal ons nooit verlaat nie. Hy sal altyd saam met ons wees.” “Ek weet Mamma.” God se Gees is sterker en sal oorwin.

Boere groete
H/Kmdt. Veltie (Marlene)