Selfbeskikking? - Orde Boerevolk PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 03 Januarie 2013 13:58

SELFBESKIKKING.

Ons is Boere-RepublikeineSELFBESKIKKING in die huidige opset en nuwerwetse betekenis, is soos 'n suigstokkie vir 'n kleuter. Dit is absoluut naïef om te dink dat onafhanklikheid en selfbeskikking een en dieselfde betekenis het. Diegene wat selfbeskikking predik, moet net vir ons sê van wie hulle verwag om dit te kry?

Ons Boerevolk wil nie deel wees van die geelworteltaktiek van troosprysies wat afgesmeek moet word van die huidige regering of die internasionale wêreld nie. Ons eis totale soewereine onafhankliheid en die herstel van die twee Boererepublieke waarvoor 35 000 kinders en vrouens hulle lewens op die altaar gelê het. Niks minder en niks meer nie! (Piet Rudolph - Orde Boerevolk).