Graf, Genl (AWB) Alec Cruywagen; Balmoral - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 15 Januarie 2013 17:00

Graf, Genl (AWB) Alec Cruywagen; Balmoral

June 25, 1993. The  World Trade Centre invaders pray in the negotiation chamber. On the left AWB-Wenkommando Gen. Alec Cruywagen

’n grafsteen vir Alec Cruywagen - Boere-Republikeine (22 Nov 2012)
AWB-Wenkommando Genl. Josias Alexander Cruywagen

Bogenoemde Boerepatriot se graf lê verwaarloos en onopgemaak langs die Balmoralkonsentrasiekamp-kerkhof. Daardie toestand skrei ten hemele, maar vir my 'n goeie aanduiding van die geestestoestand van ons volk en sy ingesteldheid tov diegene wat sy geskiedenis probeer skryf het.

As die ANC besig is om sy helde te onthou van meer as 'n honderd jaar en hulle vereer, terwyl ons volk nie eers dié van enkele jare gelede kan onthou nie, is dit 'n goeie barometer om te bepaal of ons opgewasse is vir die stryd om vryheid. Is dit nie dalk 'n goeie aanduiding van hoe 'n slapgatvolk ons geword het nie? Baie grootbekstories en baie beloftes. Dit is ongelukkig nie goed genoeg nie!

Ek gaan weer probeer om patriotte wakker te kry en om eer te betoon aan die nagedagtenis van iemand wat die gety teen ons, probeer keer het. Ons het geld nodig om die grafsteen op te rig en daarom pleit ek by u, wat soos ek voel, dat ons hierdie jaar iets aan ons plig sal doen. Vir hierdie doel kan die volgende rekening gebruik word. Dit word bestuur deur mnr Nico Barkhuizen van Pietermaritzburg: Vryheid vir die Boerevolk: tak Nedbank, Hayfields; rek.nr 1026228727, bankkode 13402500. Gee tog asb u besonderhede dat ons erkenning aan enige bydrae kan gee. Piet Rudolph, Sameroeper piet.rudolph@gmail.com