Terre’Blanche - Ventersdorp, 27 Jan 2013. Kranslegging en Gedenklesing PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 22 Januarie 2013 10:07

Eugene Terre'Blanche. Pretoria, Geloftedag, Desember 1993

Kranslegging en Gedenklesing: E.N. Terre’Blanche, Ventersdorp,
Sondag 27 Januarie om 09:30.

Die finale reëlings vir bogenoemde aangeleentheid is soos volg:

 

1. Kranslegging by die graf om 09:30.

1.1. Verwelkoming en Skriflesing en gebed: Mnr. JP Meyer.

1.2. Rede: Deur Mnr. Paul Visagie, AWB namens Mnr. Steyn van Ronge—15 minute.

1.3. Rede: Mnr. Andre Visagie, Geloftevolk Republikeine en jare lange vriend van die Terre'Blanche-gesin-15 minute.

Om 10 00 vertrek na die graf van Ds. Coenie Snyman, Oud-Kapelaan van die AWB by die Ventersdorp- begraafplaas, waar ook ’n kransie gelê sal word om ongeveer 10:45.

2. Gedenklesing
2.1. Opening

2.2. Lesing; Eugene Ney Terre’Blanche: Man en Standpunt- Piet Rudolph- 30 minute.

2.3. Bedanking deur Mnr. Ruhan Swanepoel

Waar moontlik bring u eie AWB, Vierkleur of Vrystaatse vlag, kransies en stoel saam.

3. Die Terre’Blanche- begraafplaas is geleë 17km vanaf Ventersdorp op die R30 vanaf Ventersdorp na Klerksdorp. Ingang sal aangewys word.

4. Ons sal begelei word na die graf van Ds. Coenie.

5. Die Ventersdorpse Trimpark [-26.323128,26.829128] is geleë op die R53 op die Potch-Krugerdorp- Ventersdorppad en sodra u oor die Schoonspruitbrug gaan, sal die ingang aangetoon word.

6. Hierdie byeenkoms is ‘n Volksbyeenkoms en ’n uitvloeisel van die Heimwee-bult gedagte wat dikwels deur Eugene en JP bespreek is om kamerade bymekaar te kry. Dit is nie ’n AWB-byeenkoms nie alhoewel elke lid en oud-lid wat die Leier van die AWB se standpunt gedeel het, welkom sal wees.

7. Ons begin vroeg omdat die Wes-Transvaalse son ongenadiglik met ’n witvel kan werk!

Piet Rudolph - Sameroeper: 072 419 3516