Balmoralkonsentrasiekamp-Kerkhof, 2 Junie 2013 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 15 Mei 2013 08:54

 

HULDIGING EN KRANSLEGGING- BOEREVROUE EN -KINDERS- SONDAG, 2 JUNIE BY DIE BALMORALKONSENTRASIEKAMP-KERKHOF OM 11 00.

Balmoral, 14 Oktober 2012

Soos gewonlik, sal ons weer hierdie jaar die opoffering van die 35 000 Boerevrouens en kinders wat deur die Britte in die konsentrasiekampe om die lewe gebring is in herinnering roep by konsentrasiekampkerkhowe regoor die land. Die 31 Mei, sal dit 111 jaar gelede wees toe ons Boerevoorsate in die vernederende Vrede van Vereeniging ingedruk is. Die Engelse Oorlog het 'n letsel gelaat wat in eeue nie sal genees nie! Daarom gaan ons om hulde te bring en kransies te lê op die grafte van hulle wat so 'n duur prys betaal het vir die behou van die onafhanklikheid van die twee Boere-Republieke.

Boere-Republikeine wil hiermee alle Boere-eensgesindes oproep om mee te doen en by konsentrasiekamp-kerkhowe kransies te gaan lê wanneer ons voor die Hemelse Vader bely dat ons die Gebod om ons vaders en moeders te eer, gestand gaan doen.

Nadere besonderhede sal alhier verstrek word soos ons reëlings vorder. Ek kan intussen gekontak word by 072 419 3516 - Piet Rudolph