Kerkstraatbom vs. Boeremagsaak - Dr. Lets Pretorius PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 17 Mei 2013 16:06

 

Rudi Gouws en Herman van Rooyen

Nelson Mandela en Joe Slovo

[Dr Lets Pretorius van Boerevryheid en een van die aangeklaagdes in die Boeremag-saak, lewer Redaksionele Kommentaar oor 19 en 20 Mei en vergelyk die Kerkstraatbom en die Boeremagsaak. (met erkenning aan Boerevryheid.) - Piet Rudolph]

19 Mei en 20 Mei in perspektief
by
Lets Pretorius

Redaksionele Kommentaar oor 19 en 20 Mei

19 Mei en 20 Mei grens teen mekaar en is met een dag "van mekaar geskei". Tog is daar meer in gemeen.
Om 10h00 19 Mei 2003 neem die sg. Boeremagverhoor in aanvang en om 16h20, Vrydag 20 Mei 1983, ontplof die ANC se Kerkstraatbom.

Die Boeremagbomme word gestel om minimum lewens in gevaar te stel en slegs een vrou, sterf nadat ʼn stuk metaal haar in die kop tref, 400 meter vanaf die ontploffingsterrein.

Die ANC se Kerkstraatbom, beplan deur Aboobaker Ismail, gemagtig deur Oliver Tambo onder leierskap van Joe Slovo, waarskynlike met die medewete en goedkeuring van Mandela, dood 19 persone terwyl 217 ernstige beserings opdoen. Hierdie bom was in Spitstyd en tussen mense geplant.

As verder na die ANC se trekrekord gekyk word, het hulle(volgens my bronne), 1417 sakegeboue, 4435 privaat huise, 28 kerke, 54 munisipale geboue en 100de swart skole afgebrand en of verwoes vanaf September 1984 tot April 1986. Hulle pleeg 253 terreurdade dmv bomme met Mandela as die opperbevelvoerder van M.K. Die McAlvany verslag se dat dit ANC beleid was om Boere op plase uit te moor, sodat die Boere van die grond gedryf kan word. Daarom o.a. landmyn ontploffings.

Uit verslae van die WVK word die volgende aangehaal:
Ten MK operatives including Aboobaker Ismail applied for amnesty for this and other bombings. The applications were opposed on various grounds, including that it was a terrorist attack disproportionate to the political motive. The TRC found that the number of civilians versus military personnel killed was unclear. South African Police statistics indicated that 7 members of the SAAF were killed. The commission found that at least 84 of the injured were SAAF members or employees. Amnesty was granted by the TRC.

Aan die ander kant is sommige van die Boeremaglede, nou reeds 9 jaar in aanhouding sonder dat ʼn uitspraak oor die saak gemaak is en sonder dat borg aan 11 van die aangeklaagdes verleen word.
Die saak gaan waarskynlik, volgens die regsgeleerdes in die saak, nie hierdie jaar afgehandel word nie. Borgaansoeke deur die elf persone wat steeds in aanhouding is, is telkens van die hand gewys. Soms gepaardgaande met rassistiese en politieke stellings vanaf die bank.

Volgens Art 35 van die Grondwet, is elke persoon in SA geregtig op ʼn regverdige verhoor. Dit behels ook ʼn SPOEDIGE verhoor. Om mense vir 9 jaar aan te hou sonder om borg te verleen terwyl die saak voortsleep, is nie net onregverdig nie maar druis in teen alle menseregte.
Net soos dit onwettig is om ʼn persoon sonder ʼn verhoor in aanhouding te hou, is dit onmenslik om iemand, deurmiddel van ʼn verhoor in aanhouding te hou.
(Volgens Prof Marinus Wiegers tydens n onderhoud met die SABC wat Vrydagoggend 20 Mei uitgesaai is, stel hy dit dat dit ONMENSLIK is)

Dit is tyd dat die owerheid hieroor standpunt innnem.

[…]

[Church street bombing, 20 May 1983 - Pictures of an ANC massacre]