Oproep vir bystand; oprigting van 'n grafsteen vir Generaal Alec Cruywagen - Balmoral PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 22 Mei 2013 07:07

 

OPROEP VIR BYSTAND; OPRIGTING VAN 'N GRAFSTEEN VIR GENERAAL ALEC CRUYWAGEN- BALMORAL

June 25, 1993. AWB-Wenkommando Gen. Josias Alexander Cruywagen prays in the negotiation chamber

Graf, Genl (AWB) Alec Cruywagen; Balmoral - Piet Rudolph (15 Jan 2013)
’n grafsteen vir Alec Cruywagen - Boere-Republikeine (22 Nov 2012)
AWB-Wenkommando Genl. Josias Alexander Cruywagen

Generaal Alec Cruywagen was op 'n stadium die KG van die AWB. Hy en wyle Dirk Ackermann is die twee manne wat die gepantserde voertuig by die Wêreldhandelsentrum te Kemptonpark, tydens die Kodesa-beraad, deur die glasvoordeur gejaag het. Dit was om hulle weerstand teen die onderhandelings en die oorgawe aan die ANC te bevestig. Omdat hierdie daad teen die planne van ons vyande en die linkse pers ingedruis het, is hier nie veel aandag daaraan gegee nie en is dit steeds die hoop dat die jare die gras hieroor sal laat groei, sodat ons nageslag kan vergeet van enige weerstand teen De Klerk en die NP se verraad. Hierdie aksie was een van die groot heldedade van die AWB. Wyle Eugene Terre'Blanche was ook die dag teenwoordig. Die gebou is deur AWB-krygers beset. Dit is jammer dat dit so vinnig in daardie geledere vergeet is.

Cruywagen se graf is by die Balmoralkampkerkhof en is sonder 'n kopstuk, byna vergete en verlate!

Op hierdie blad is bykans 'n jaar gelede, 'n oproep gemaak vir bystand om aan hierdie Boereheld minstens 'n laaste volkswaardige rusplek te gee. Danksy vele beloftes van bystand, wat nie gerealiseer het nie, is ons nou in die moeilikheid wat die sperdatum van die oprigting betref. Dit sou 31 Mei 2013, gewees het.

Danksy die insette van Ruhan Stokkies Swanepoel en enkel ander bydraes, kon ons die bedrag van R2700 in. Ons kort nog sowat R5 000 om 'n nederige kopstukk op Cruywagen se graf te plaas! Ons pleit by hulle wat onthou en erns met die saak het, vir hulp en bystand!
Daar is 'n rekening waarin bydraes betaal kan word en wat bestuur word deur Nico Barkhuzen van Pietermaritzburg. Die besonderhede is soos volg: Vryheid vir die Boerevolk, Nedbank, Tak Hayfields, (PMB) Rekeningnommer 102 622 8727, Bankkode 1340 2500. Merk asseblief A. Cruywagen om vir Nico toe te laat om te kontroleer. U kan ook vir my kennis gee sodat ons ontvangs kan erken.

Asseblief, volksgenote wys u wil om volk te wees. Piet Rudolph