Kleinfontein, Mei 2013 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Maandag, 27 Mei 2013 07:07

 

DIE WRANG VRUGTE VAN VERKEERDE KEUSES

Die betoging van die bont korhane, die DA, Donderdag by Kleinfontein, wys die klipharde werklikheid van die Suid-Afrikaanse politiek. Die reg van diegene wat glo in die verbintenis van Afrikaners of Boere met hulle eie mense en die gebrabbel van regte binne die Grondwet, is uitgewys as seepbel van mistasting!

Diegene wat nog glo dat hulle regte onder die sogenaamde Grondwet het, moet weer gaan dink. Hierdie Grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Nog minder het die witmense enige regte anders as om soos 'n marionet aan 'n toutjie rondgesleep te word! Hierdie Grondwet is die Bolsjewiste se handboek ter bevordering van rasse-integrasie!

So ook is daar die neiging dat jy moet stem want dan stem jy teen die ANC, maak nie saak vir wie jy stem nie. Der duisende onnadenkendes wat Afrikaans praat het van hulleself vloermatjies gemaak om vir die DA te stem. Dit in die waan dat hierdie Brits-joodse konkoksie 'n ander benadering as die ANC het. Vele kere het ons dit hier uitgespel dat die DA net 'n afskrif op deurslagpapier is van die ANC.

Op sie voorpunt van die aanslag teen Kleinfontein, was blanke Afrikaanssprekendes met Afrikaanse vanne onder die vaandel van die DA- 'n mengelmoespartytjie wat die Zulus summier by Nkandla weggejaag het!

Die DA stel nie belang in die Witstem nie. Die wittes is opofferbaar. Hulle vry na die Swartstem. Vir daardie doel sal hulle alle Zille-foefies uithaal om dit te bereik. Soos nou bewys is met Kleinfontein waar die Afrikaners dié "aanslag" probeer afslaan het met "melktert en koffie." Foeitog!

(Kommentaar deur Piet Rudolph vir Boere-Republikeine)

Jan Groenewald (links) saam met lede van die DA-jeugliga