Konferensie 22 Junie 2013 - Pretoria PDF Afdruk E-pos
Maandag, 17 Junie 2013 16:24

 

DIE KONFERENSIE 22 JUNIE 2013

VierkleurOns is steeds in die beplanningsfase en sal weldrae 'n Program aan u voorlê. Hierdie konferensie gaan poog om Boere bymekaar te kry as volk. Ons gaan nie organisasies stig nie. Ons het nie 'n twis met die Afrikanervolk nie; ons gaan nie oor organisasies en hulle doelstellings praat nie. Dit gaan oor Vryheid en die posisie waarin die Boerevolk hom bevind en wat ons kan doen om ons volk bymekaar te kry. Elkeen wat hom gedronge voel om daarheen te kom, doen dit as Boer!

Ook 'n boodskap aan ons vyande en diegene wat ons ondergang soek- Ons gaan nie 'n staatsgreep beplan nie en geen geweldspraatjies sal aangehoor word nie. Wat ons egter uitdruklik sê is dat ons die staat as vyandig beskou!

= = =

BOERE- EN BONDGENOTEKONFERENSIE SATERDAG 22 JUNIE OM 08 00.
PLEK: ERICASTRAAT 14,
Wintersnest, Akasia, Pretoria-Noord.

(Ko-ordinate sal later verstrek word saam met die program)

'n Ligte middagete GAAN verskaf word. Ten einde die reëlings te vergemaklik moet asb vroegtydig kennis gegee word dat u die konferensie gaan bywoon. 'n Bydrae van R100 word versoek om die koste te delg. U kan dit betaal die oggend met registrasie. Vir diegene wat graag wil bydrae kan dit gedoen word by "Vryheid vir die Boerevolk, Nedbank-tak Hayfields, Pietermaritsburg, Penningmeester mnr Nico Barkhuizen rekeningnommer 102 622 8727. Bankkode 13402500. Merk ASB u inbetaling : 'KONFERENSIE.

LW- HIERDIE KONFERENSIE GAAN OOR DIE POSISIE VAN DIE BOEREVOLK EN 'N ERNSTIGE POGING OM DIE BOEREVOLK BYMEKAAR TE KRY EN TE ORGANISEER RONDOM ONS VRYHEIDSIDEAAL. ONS IS AMPER 20 JAAR IN DIE NEERDRUKKENDE NUWE BEDELING EN STEEDS KAN ONS NIE UIT EEN MOND PRAAT NIE. DIT, TERWYL ONS VERTRAPPING BY DIE DAG GROTER WORD!

Sameroeper Piet Rudolph (e/pos piet.rudolph@gmail.com)