Aksie helpmekaar: Lorraine Barnard, vrou van Cliffie Barnard (Boerekrygsgevangene) PDF Afdruk E-pos
Maandag, 19 Augustus 2013 07:07

 

AKSIE HELPMEKAAR: LORRAINE BARNARD, VROU VAN CLIFFIE BARNARD

Free Cliffie! Free all Boers!

Lorraine is die vrou van Cliffie Barnard wat as Boerestryder, al meer as 16 jaar in die tronk sit en 'n ware Vryheidsvegter is.

Lorraine staan by haar man van dag een af. Sy het elke dag 'n geveg om den brode en daar is nie geld vir somtyds broodnodige behoeftes nie. Nogtans kla die vrou nie.

Die aksiekomitee het die vrymoedigheid om u WEER te nader vir hulp en bystand. Lorraine se motor kort bande en daar is net nie ekstra geld om dit aan te koop nie. As ons net R 50,00 van goedgesinde en warmhartige Boere-volksgenote kan kry dan help ons dié volksgenoot. Haar bankrekening is : L. Barnard, Absa Spaar, Uitenhage - 905 355 9724 - Takkode: 632005.

Ek ken u, die skenker, se gesindheid dat die linkerhand nie moet weet wat die regterhand doen nie, maar ek pleit tog dat u 'n naam by die bydrae sal bysit,want ek wil u persoonlik bedank. Dankie by voorbaat vir die Helpmekaaraksie - Piet Rudolph, Orde Boerevolk- e/pos: piet.rudolph@gmail.com