Ons bring hulde: JP Meyer 16-09-1949 - 21-06-2013 PDF Afdruk E-pos
Maandag, 16 September 2013 12:00

 

ONS BRING HULDE: Jp MEYER 16/09/49-21/06/2013

J.P. Meyer

Vandag wil ons in herinnering roep die verjaardag van hierdie vreeslose Boerepatriot wat op 'n redelike jong ouderdom van ons weggeneem is. Hierdie man wat altyd meer gegee het as wat hy geneem het, het hom regdeur sy lewe beywer vir die Boeresaak. In die laaste jare van sy leeftyd toe hy alreeds siek was, het hy geywer vir die konsentrasiekampkerkhowe veral die een by Balmoral, maar toe hy later nie meer so ver kon ry nie, het hy byeenkomste gereël by Klerksdorp.

As Wes-Transvaler het hy groot liefde gehad vir die Wes-Transvaal en sy mense.

Ons is saam aangehou in 1990-91 en was albei op verskillende geleenthede aangehou by Hartbeesfontein vir onder andere die ontploffing by Melrose House waar die "Vrede" in 1902 gesluit is. Jp is onwettig en onskuldig aangehou. Hy is later losgelaat sonder dat die ondervraging van die V/Pol. iets uit hom kon kry.

Ek mis jou, kameraad en saam met Klarina en jou kinders stort ek vandag 'n traan oor jou.

Rus sag, getroue vriend -

Piet Rudolph: Orde Boerevolk. e/pos piet.rudolph@gmail.com