Die Boere Rebellie 1914-15 – Gen. Manie Maritz PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 18 September 2013 07:07

 

Uittreksel uit „My Lewe en Strewe”, deur Gen. Manie Maritz


XII.
’N LUNCH IN DIE PRETORIA KLUB.

Nadat ek die kursus deurgemaak had, is ek ook afgestuur na Prieska. Dit was in 1913. Van Prieska het ek ’n brief met Piet de Wet gestuur aan Gustav Voigts, ’n ou vriend van my (Piet de Wet was in Prieska om te handel). In die brief het ek Voigts gevra om aan die Duitse Goewerneur te sê dat hy nie op my moet kyk as Britse offisier nie, en dat ek hoop dat met die Duitse hulp, ons ons vryheid weer sou terugkry. Ek het ’n antwoord ontvang, mondeling, dat ons wense waar son kom. Daar het ons die saak gelaat en vergeet. Dit was vrede en daar was nie die minste gedagte aan opstand of rebellie nie.
ln 1914 ontmoet ek Joubertjie en Piet de Wet te Kakamas. Joubert was deur die Duitse Goewerneur na my gestuur. Ek maak toe ’n plan, en stel Joubert aan as een van my kapteins, en hy gaan saam na Calvinia waar my hoofkwartier was, en vandaar stuur ek hom by Kaapstad om na genl. Smuts in Pretoria, om dié gerus te stel, en hy het weer in Upington by my gekom.
Van genl. Beyers ontvang ek aanstonds bevel om na Pretoria te kom, vir ’n Kommandantsvergadering. Toe ek daar by hom kom wys hy my sy bedanking as Kommandant-Generaal. Dié had hy reeds uitgeskryf en wou dit inhandig. Ek het hom gesê dai hy dit nie kon doen nie, daar die Volk na hom opsien as leier, en hy hom deur genl. Botha laat gebruik. Hy is hoof van die Generale Staf, en dit is oorlog, die Engelse sal hom so vervolg dat hy nie sy lewe seker sou wees nie.
Met die totstandkoming van die Unie is hy aangestel as „Speaker”. Toe sommige mense vir genl. Botha vra of hulle genl. Beyers nie beter kan gebruik nie, was sy antwoord, dat party mense se monde stilgemaak moes word. En toe is hy weer aangestel as Kommandant-Generaal met ’n Engelse staf, wat op hom sit en spioen.
Ek het genl. Beyers ook gevra of hy dan niks met die Duitse Keiser gereël ad toe hy in Duitsland in 1913 die leër maneuvers bygewoon het, maar hy het dit ontken. Ek het hom toe gesê dat ek dan meer as hy gedoen het, want ek onderhandel met die Duitse regerin in Duitswes oor wapens en ammunisie, geld en wat ons verder nodig het. Ek sê nog dat ek die laaste sou wees om ’n vinger te veroer onder die huidige omstandighede. Daar was duidelike bewyse dat dit ’n lang oorlog gaan afgee, en dit sou ons niks baat om Engeland in die rug aan te val nie, want wen Engeland die Oorlog wat sou hom dan verhinder om ons weer met Kaffer, Moor en Indiër te kom aanval. Ons sal dan seer seker nie weer die regte verkry wat ons vandag besit nie. Vervolgens stel ek toe aan genl. Beyers voor, dat hy sy bedanking moes terugtrek en met al die kommandos afkom na Upington, vir groot maneuvers op die grens. Dan kan ons aan die Regering voorstel dat ons die land sou verdedig, en as daar manne is wat in Europa wil gaan veg, hulle vrywillig kan gaan. Kry ons dan bevele om Duitswes-Afrika aan te val, en ons is nog nie klaar nie, dan kon ons die Duitsers vra om terug te trek tot ons klaar is. In die tussentyd nooi ons al die Engelse offisiere asook genls. Botha en Smuts uit, om ons wapenskouing by te woon, as hulle daar is onthaal ons hulle op ’n swierige eetmaal en vang die hele ou klomp met een vangs, en kom huistoe.
Genl. Beyers sê toe aan my dat soiets baie sou wees. „Ja, Generaal”, antwoord ek, „dit mag miskien so wees maar oorlog is oorlog en dan moet mens die duiwel soos die duiwel behandel.
Genl. Beyers het na verdere beraad my voorstel aangeneem, en met dié verhouding is ek na die Kommandante Konferensie weer weg na my Hoofkwartier in Calvinia. Genl. Beyers sou met die ander generaals gesels, en dinge reël. Genl. de la Rey sou die middag met die trein van sy plaas in Pretoria aankom. Genl. Botha had hom laat roep. Genl. Beyers vra my om genl. de la Rey op die stasie te ontmoet en aan hom te sê dat hy niks met genl. Botha moes afpraat nie voordat Beyers hom gesien had.
Toe ek op die stasie kom was mevr. Louis Botha alreeds daar, om genl. de la Rey af te haal, en toe die generaal afklim, kon ek nie kans kry om hom eenkant te kry nie, omdat mevr. Botha ons nie alleen wou laat nie, hy het later aan vriende gesê, hy het gedenk ek was ’n polisieman wat hom wou kom vang (ek was in uniform). Toe ons die stasiehek deurgaan trek ek hom aan sy baadjie terug en fluister in sy oor die boodskap van genl. Beyers. Hy gee my toe so’n druk met die hand asof hy daarmee wou te kenne gee, dat hy verstaan het.
Ek had las van genl. Beyers ontvang om genl. Smuts te gaan sien. Genl. Smuts het my hieroor en daaroor uitgevra, en my toe na die Inligtingskantoor van die Verdedigingsmag gestuur. Daar het ek kol. Skinner ontmoet, wat pas uit Indië aangekom het as hoof van die Inligtings-departement. Hy het my daar ’n kaart van die Kalahari getoon, en ook een van Duitswes-Afrika, waarop die vernaamste waterplekke aangemerk was. Ek het ’n hele paar indiwidue gesien wat die inligting verstrek het, net met die doel om ’n aanstelling te kry.
Volgens my orders is ek toe weer terug na genl. Smuts. Ek het hom gesê dat die meeste van die informasie wat ek daar gesien het, verkeerd was, en die manne wat ek daar voor die deur sien staan het, en wat die inligting verskaf het, sou ek nie graag na die oorlog wou meegaan nie.
Ek kon die generaal daarop geen antwoord gee nie, want dit het my baie wreed geklink, dat ’n Boer-generaal wie se volk hom om brood en hulp kom vra, kan sê hulle kan nie gehelp word tensy hulle gaan veg nie. Denk net—aan Afrikaners wat kos wil hê moet gesê word dat hulle dit alleen kan kry as hulle vir Brittanie gaan veg!
Na die ete het genl. Smuts saamgekom tot by die motor en toe hy my groet sê hy: „Jy weet ou Manie, jy is net soos 'n Kafferkaptein”. En vra „waarom Generaal”? Sy antwoord was: „’n Mens weet nooit wanneer jy die aanval maak, in die dag of die nag nie”. Toe sê ek, „Nee, generaal, dis daarom nie so erg nie.”
Toe genl. Beyers en ek wegry sê ek aan genl. Beyers: „Ou Jannie het lont geruik”!
Ná die Kommandants-vergadering, is ek terug na Calvinia. Op Bloemfontein, terwyl die trein daar staan, het ek genl. Hertzog opgebel, en hom gesê hy moes met die ander generaals in aanraking kom, dinge lyk maar lelik, doelende op die afspraak met genl. Beyers en menende dat genl. Hertzog die ander sou sien en uitvind wat die posisie is.
Die verstandhouding was dat ek ’n bestelling met die Duitse Goewerneur sou maak, en dan sou genl. Beyers, nadat hy met die ander generaals onderhandel het, self afkom en die Duitse Goewerneur ontmoet en onderhandel.
Toe ek in Calvinia was het ek bevel gekry, om met my kommandos op te trek na Upington en my militêre oefeninge en kampe daar hou. Al my kommados is toe na Upington. Met my aankoms op Upington kry ek ’n telegram van genl. Beyers waarin hy sê dat ek moet opkom na Pretoria, of ek moes een van my offisiere stuur. Dit was vir my onmoontlik om te gaan, want ek het seker gevoel dat genl. Smuts my nie meer sou laat terugkom nie. Ek stuur toe vir Kaptein Joubert (Joubertjie).
Joubert ontmoet toe vir genl de la Rey op De Aar, maar hy het nie met hom gepraat nie. Saam met genl. de la Rey ontmoet hy genl. Beyers in Pretoria. Joubert en die twee generaals was die dag saam in Johannesburg, en daar is besluit om die opstand die volgende môre vroeg om 4 uur in genl. Kemp se laer by Potchefstroom te begin.
Besluit werd ook om nog dieselfde aand met genl. Beyers se motor deur te gaan na Kemp toe. Hulle wou gehad het dat Joubert met hulle saam moes ry, maar hy het besluit om liewer met die trein te reis. Die nag met sy aankoms op Potchefstroom hoor hy dat genl. de la Rey geskiet was. Hy vra toe aan Kemp wat hy nou moes doen, maar Kemp het net sy skouers opgetrek.
Joubertjie is toe weer terug na my kamp by Upington. ’n Paar dae na Joubertjie se vertrek is ek teperd na my ander kommandos, onder komdt. Stadler, om sake daar te reël. Met my terugreis die nag om een uur, toe ek op Keimoes kom, kry ek by die Poskantoor ’n telegram dat genl. de la Rey geskiet is.
Die volgende môre by my laer het ek my klaargehou om te enige tyd die bevel te kry, en die rapport van ’n opstand in Transvaal. My laaste hoop was nog die dag met die begrafnis.
Ek kry toe ’n telegram van genl. Smuts, om met ’n sterk kommando op te trek na Duitswes om genl. Lukin te help.
Hy telegrafeer verder weer, dat ek my kommando aan majoor Barney Enslin moes oorgee en na Pretoria kom.
Die Regering het maj. Enslin afgestuur om op my staf te dien, met instruksies dat hy die kommando moes oorneem en ek voorlopig na Pretoria moes kom. Ek het geweet wat dit beteken, en het aan majoor Enslin gesê, dat ek sy dienste nie nodig had nie en hy kon maar vereers in die hotel op die dorp gaan bly.
Ek telegrafeer toe d.d. 10 Oktober aan genl. Smuts, dat tensy hulle toelaat dat Hertzog, de Wet, Beyers, Kemp en Muller my in my hoofkwartier kom sien, ek Upington, Kakamas en ander plekke sou aanval en neem.
Ek het daarby gemeen dat i.v.m, my afspraak wat ek gehad het met genl. Beyers, dat ek bevele van hulle moes kry wat ek nou moes doen, wapen neergooi en weggaan, of veg teen die Regering. Ek was beslis insoverre, dat ek nie vir die Britse Ryk sou veg nie, en my offisiere en kommandos het almal met my hierin saamgestem. Ek was egter gewillig om te enige tyd vir my Volk se onafhanklikheid te veg, en as ek die bevel van genl. Beyers gekry het om te veg, sou ek dit ook gedoen het. Had by my beveel om die wapens neer te lê sou ek dit ook gedoen het, — en die land verlaat het.
D.d. 25 Sept. het ek aan die Verdedigings Deparetment getelegrafeer dat hulle moes verstaan dat myne ’n oefeningskamp was van vrywilligers, en as hulle vanplan was om Duitswes aan te val moes hulle my bedanking aanneem. Enslin, deur hulle verwittig, telegrafeer toe op 28 Sept.: „Voordat er met Maritz afgerekend kan worden, moet er eerst ’n sterke lojale macht naar Upington gezonden worden. Wordt de bedanking van Maritz tans aangenomen, verwacht ek een ramp”. Sien telegramme Bylae Instruksies Genl. Smuts.
Onbewus van hierdie interessante gedagtewisseling stuur ek toe eers vir Ben Nel, van Nieuwoudtsville, na genl. Hertzog, maar Ben het nie weer by my uitgekom nie, hy is direk terug na Dr. Steenkamp op Nieuwoudtville, waar hy, soos ek verstaan het, die rapport aan Ds. Steenkamp oorhandig het. Die dokter sou dan die rapport aan my bring, en was dan ook werklik so ver as Kakamas maar daar het hy omgedraai.
Iets moes ek doen; wag kon ek nie langer nie. Die Unietroepe was aan optrekke. Daar was nog net éen raad, en dit was dat ek my vrou moes stuur. Die 2de Okt. het sy vertrek.
Onderstaande is ’n verklaring wat my vrou gemaak het van haar sending:
Die môre vfoeg voordat dit lig was, het my man en Piet Mof my deur Grootrivier se drif gehelp. Dit het net begin lig word toe ons met die twee motorkarre wegry van die rivier af.
Omtrent 10 uur die more het ons die kommando van genl. Brits ontmoet. Genl. Brits het ek self nie gesien nie, maar Piet Hendriks, wat my vergesel het, het aan een van die manne gevra waarheen hulle gaan, en hy het gesê dat hulle Maritz gaan vang. Ons moes uitdraai en wag totdat die hele kolonne verby was.
Ongeveer 9 uur die aand het ons op Prieska aangekom. Ek is direk na mnr. Redelinghuis, die Bankbestuurder, om die geld wat ons daar in die bank had, te trek.
Piet Hendriksz het hier agtergebly. Wat verder van hom geword het, weet ek nie. Die een kar is toe deur na Ventersburg, na Hendrik Cronje, my swaer, om daar vir my te wag. Per trein is ek na Bloemfontein, waar ek in die Polley's Hotel tuis gegaan het, en het die kinders daar agtergelaat.
Met ’n huurmotor is ek na genl. Hertzog se huis. Dit was Sondag, en toe ek daar kom was mevr. Hertzog net aangetrek om kerk toe te gaan. Ek vertel haar toe dat ek genl. Hertzog moes sien, maar sy sê my dat hy nog slaap, en die dokter gesê het dat hy nie wakker gemaak moes word  nie voor oor ’n uur, en dat ek maar asseblief moet wag.
Ek het gewag en na ’n uur het die generaal te voorskyn gekom, en ek die papiere wat my man my gegee het aan hom getoon, en gevra wat ek aan my man moes telegrafeer. Sy antwoord was dat my man nog 14 dae moes wag. Ek het hom gesê, dat dit ’n onmoontlike saak was, want genl. Britz was reed op weg daarheen om hom te vang. Toe bly hy stil. Ek vra toe waarom my man nog 14 dae moes wag? Hy sê dat die oorlog in Europa oog 14 dae beslis sou wees, en dan kon ons sien wie gaan wen.
Ek stuur toe die volgende telegram aan my man, volgens afspraak:
„Het ouers gesien oor plaas, sal met kinders praat.”
Die selfde dag is ek nog per trein na Ventersburg. Op die stasie het my swaer, Hendrik Cronje, my kom ontmoet. Hendrik is ’n broer van komdt. Frikkie Cronje.
Vroeg die volgende dag is ons per motor weg na Potchefstroom, om genl. Kemp te sien, maar ongeveer 1½ myl buite Kroonstad het die kar gebreek, en moes dit ingesleep word na die dorp. Aan die kar is gewerk tot die nag om 2 uur.
Ek het op die punt gestaan om te vertre, toe ’n man by my kamer aanklop, en vra waarheen ek op reis is. Ek sê toe aan hom na Johannesburg. Hy sê toe dat hy baie jammer was, maar hy had orders om my te stop. Soos gesê het, was die order: „A suspicious looking lady travelling North in a motor car, must not proceed.”
Hy sê toe aan my dat ek per trein verder kon gaan maar nie met die motor nie, en dat hy my na die stasie sou vergesel, wat hy dan ook gedoen het. Hy het egter saamgegaan tot in Johannesburg.
Die kar is terug na Ventersburg na my swaer. In Johannesburg aangekom, is ek na my ouers. Nog al die tyd werd ek gedurig agtervolg deur dié man. Ek besef toe dat dit onmoontlik was vir my om na genl. Kemp te gaan, en ek besluit om ’n sekere mnr. Vorster te stuur met die papiere wat my man my gegee het. Mnr. Vorster het dan ook die papiere persoonlik aan genl. Kemp afgegee. Genl. Kemp het my laat weet, dat hy dadelik vertrek om my man te geen help.
’n Paar dae het ek in Johannesburg oorgebly, maar waar ek ook gaan, daar was die speurder. As ek in die trem ry vertel hy aan die mense wie ek was en dan begin die uitskeldery. „Dirty rebel's wife”, „the traitor”, ens. Kon ek dit hou?! Hulle spuug op die grond en beledig my. Ek het besluit om terug te gaan na my swaer in Ventersburg.
Toe ek op Kroonstad kom, was hy daar om my te kry met kar en perde. Ek vra toe aan hom waar die motor was. Die Regering, sê hy, het die motor op die plaas laat haal en net buite Ventersburg aan brand laat steek.
Ek was net ’n paar dae op die plaas toe komdt. Frikkie Cronje een nag daar aankom en vir my broer sê, dat ek dadelik weg moes, want hy had bevel gekry om my die volgende môre te vang. Ek is sonder versuim op weg, terug na Johannesburg. Ek het egter op 'n klein stasietije afgeklim, en is toe na oom Faan Boshoff. By hulle het ek aan huis gebly vir geruime tyd. Net my moeder het geweet waar ek was. Oral het hulle na my gesoek. Nadat ek 14 dae hier gebly het, word ek eendag skielik onrustig, en sê vir oom Faan, dat ek weg moes. Ei kry ook 'n huurmotor en is na Orange Grove, 'n klein hotelletjie. Skaars was ek 'n halfuur weg of die speurders was by oom Faan Boshoff, om my te vang.
Hier by die hotel het my moeder my kom sien en vir my gesê, ek moes liewer weggaan. Ek het egter nie 'n paspoort gehad nie, en destyds moes 'n mens een hê om na Lourenço Marques te gaan, en dié paspooort moes jy toon as jy 'n kaartjie koop. My een swaer, Malan, het destyds in die kaartjieskantoor gewerk, en het vir 'n kaartjie gekoop. My ma het vir my 'n pruik gekry, en dié het ek opgesit.
In Lourenço Marques het ek na die Amerikaanse konsul gegaan, en hom gevra om vir uit te vind waar my man was. Gerugtes was volop, een het gesê die Unie-troepe het hom doodgeskiet, ander weer, dat die Duitsers hom geskiet het.
Die konsul vind toe uit dat my man na Angola deurgetrek het. Die konsul voorsien my toe van 'n valse paspoort en met dié is ek op 'n Portugese skip. Net die Kaptein wis wie ek was.
'n Volle dag het ons in Kaapstad gelê.
By Mossamedes het die skip aangegaan. Die kinders was op dek. Ek het hulle nooit alleen gelaat nie, daar waa altyd iemand by hulle, en hulle was belet vom met enig iemand te praat. Vir 'n oomblikkie was hulle alleen, en 'n Engelsman vra aan die oudste dogtertjie waar hulle heengaan, en sy sê: „ons gaan soek my Pappie.” „En wat is jou naam vetsak”? vra hy weer. „My naam is Emma, Emma Maritz,” kom die antwoord. Sy voeg nog daarby dat haar pa Manie Maritz is.
Ek kom toe ook op dek en daar kom hy by my sit, en vertel dat hulle nou vir Maritz gaan vang, en dat die Engelse oorlogsbodem „Savage” daar was, en sodra hy op see is sal hulle hom afhaal en Kaapstad toe neem.
Toe ons in Lobito kom, — ons pasaat was deur na Loanda, en ons was gladnie vanplan om daar aan land te gaan nie. — kom oom Frans Kock, wat my vergesel het, my roep en sê ek moes kom kyk hoe mooi die palmbome aan die kus is. Die skip was toe al aan die kaai. Toe ek op dek uitkom, voordat ek nog die bome kon bekyk, wat sal ek sien as my man daar op die kaai staan.
Dit was elf maande dat ons mekaar laas gesien had.

 

XIII.
DIE REBELLIE STORT IN DUIE.

Ek het niks weer van my vrou gehoor nie, dan 'n uur voordat die skip in Lobitobaai aangekom het, toe kom die Griekse konsul na my, en sê my dat my vrou en kinders aan boord van die skip is.
Na haar vertrek op die sending na genl. Hertzog, het ek my kommando verskuiwe na Vanrooyenvlei, want die Unie-troepe was aan die kom onder genl. Coen Brits, en ek wou nie met hulle in botsing kom nie, solank daar onderhandelinge vir vrede aan die gang was.
Op Vanrooyensvlei kry ek 'n brief van genl. Brits waarin hy my sê dat ek moes inkom na Upington, en my kommando aan hom oorhandig. Ek het die brief aan my manne voorgelees en gesê dat hulle kon gaan as hulle wou. Hulle het geweier, en gesê ek moes by hulle bly. Ek het daarop aan hulle belowe dat ek by hulle sou bly totdat hulle van hul ouers gef hoor het, wat om te doen.
Ek skrywe toe aan genl. Brits dat, as hy die kommando wil hê hy dit daar kan kom haal, en voeg daarby dat as ek nie die versekering het dat ek teen die volgende môre om tien uur met genls. Hertzog, Beyers en andere in aanraking kon kom nie, sou ek Upington aanval.
Volgende is die offisiële („Blouwboek”) lesing van die geval:
„Wat er tussen hem en Kol. Brits gebeurd is in verband met dit telegram, wordt verhaald door Kol. Brits in zijn telegram van de 8ste aan de Minister:
„Ik (nml. van Brits aan my) zond uw telegram aan Maritz: re mijn aanstelling aan hem en gelastte hem terzelfder tijd om Vrijdag te 2 uur n.m. hier te zijn om mij in staat te stellen positie met hem en Wlie te bespreken. Volgende is zijn antwoord:
„Heb in 't geheel niet het minste bezwaar mijn bevel aan u te overhandigen, maar wil niet gepest worden van iemand in de wereld door minuten, en ik rapporteer ook aan niemand. Wat ik wil hebben is mijn ontslag, en u kan het kommando-kamp overnemen hier waar ze bestaat. Zal trachten Zondagmorgen in dorp te zijn maar verbind mij er niet aan. U kan mijn ontslag brengen en de kommando alhier overnemen.” Sien Bylae telegramme Coen Brits.
Ek het my later bedink en getrek na Keimoes, met die bedoeling om die Unie in te trek en aan te val, vegtende vir my Volk se onafhanklikheid.
Toe ek op Keimoes kom, sien ek my mede-Afrikaners, wat saam met my in die Boere-oorlog geveg het, wegvlug vir my. Toe sê ek vir my offisiere: „Terug”! My kommandos het ek bymekaar geroep en hulle meegedeel dat my plan was om die Unie in te trek, en vir ons onafhanklikheid te veg, maar ek is nou daarvan oortuig dat daar iets verkeerd met die Volk, hulle is in 'n verwarring, en dit is nie ons plig of bedoeling om agter die Volk aan te jae met die wapen en hulle dood te skiet nie. Ons moes wag totdat die Volk tot 'n bedaring gekom het, en aan ons sê wat ons moes maak.
Ek is bly dat ek kan sê dat die Volk tot 'n bedaring gekom het; die laaste paar jare het hulle gemaal in die maelstroom van valse beloftes en dreigemente, van ons sogenaamde leiers. Vandag soek die Volk na iets, om aan vas te hou, en as ons voormanne en kerke iets oor het vir die Volk dan is dit vandag die tyd om dit te toon. Engelsman sowel as Afrikaner. Ons het 'n groot geskiedenis agter ons, wat baie bloed en bitterheid gekos het. Oral in die land staan monumente vir gesneuwelde helde en heldinne. Is dit opgerig uit wraaksug of as 'n spieël vir ons, sodat ons onsself kan sien? Waar is daardie kinders en nageslag van daardie helde en heldinne? Hulle is slawe in hul eie land! Hulle het minder reg in hul vaderland wat so duur gekoop is, as die Indiër en die Jood. En wie is daarvan die oorsaak?
„England se vier pilare, waarop dit staan, is vier leuens en genl. Botha het dit oorgeneem. Maar dit sal nie bestaan nie, 'n leuen het nog nooit bestaan nie en g'n Volk kan op leuens opgebou word nie. Ek is gereed om vir my onafhanklikheid te veg sonder salaris, maar is nie gereed om met 'n salaris te veg om ander volke te gaan verower en vermoor, in belang en tot voordeel van die Engelsman en die Jood nie.”
Destyds het ek nog gemeen dat die Engelse en Jode maar éen en dieselfde was, maar vandag weet ek dit beter.
Daar, te Vanrooyensvlei, het ek die jong seuns belowe, dat ek by hulle sou staan tot die laaste toe. Daarom staan ek vandag nog by hulle.
Ek zou nie die aanval op Keimoes gemaak het nie, maar die Unie-troepe was aan optrekke, en ek kon nie toelaat en stilsit totdat hulle my op my nes kom platdruk. Daar was dan ook nog onderhandelinge aan die gang. Mnr. Conradie van Kakamas, nou Administrateur van Kaapland, het sy bes gedaan met die Regering om 'n ooreenkoms te tref, sodat ons kon wapens neerlê.
Dit was vir my onmoontlik om stil te lê. Ons had almal gewere in ons hande. Dele van my kommandos had ek reeds teruggestuur, huistoe,—d.w.s. die Carnarvon se kommando onder maj. Ben Coetzee en kapt. Rene de Villiers, die Calvinia kommando onder kapteins Andries Louw en Piet Joubert. Die Namakwaland kommando onder kapt. Tobias Beukes sou die volgende dag vertrek, maar ek was gedwonge om hom ’n dag terug te hou, want toe het die geveg op Keimoes plaasgevind. Die volgende dag is hy met die kommando weg.
Al wat ek nog by my had was komdt. Stadler, en ’n paar luitenante, nml. die luitenante Moolman, Awie de Klerk, Koos de Klerk, Engelbrecht, Marais, ens., wat nie wou teruggaan nie.
Op Keimoes is ek deur die knie geskiet en het toe na Kakamas teruggetrek. Vandaar is ons na Jerusalem binne die Duitse gebied.
Nadat Komdt. Andries de Wet bedank het as offisier van die Vrykorps (die Vrykorps was vrywilligers wat Andries de Wet in Suidwes op die been gebring het, en met 10 kanonne by my op Vanrooyensvlei aangesluit het), is komdt Stoffel Schoeman in sy plek aangestel.
Op Jerusalem het ek 14 dae gelê, aan die wond deur my knie. Ek het besluit om die burgers huistoe te stuur. Een môre laat ek hulle ook inval om hulle dit te sê, toe daar ’n telegram kom, waarin bekend gemaak word van die opstand in Transvaal en in die Vrystaat onder generaals Beyers en de Wet. Toe het ek besluit om die kommando met hulle toestemming te hou en te reorganiseer tot ek verder van die opstand hoor.
Mevr. Millin sê in haar boek General Smuts dat ek die seuns oorgeneem het na die Duitsers. Dit is onwaar. Ek het hulle daar gehou. As ek hulle aan genl. Brits oorgegee het, sou hulle in S.W.A. moes gaan veg het, teen die Duitsers, en dit wou hulle nie. Daar het nie een van die seuns wat by my was op die slagveld gesneuwel nie, hulle het almal teruggegaan huistoe. Maar as hulle in S.W.A. gaan veg het, sou hulle miskien nie weer teruggekom het nie. Die Regering het ook destyds die storie rondgestrooi, dat ek met die seuns saam met die Duitsers veg. Dis is ook onwaar. Ek het nooit saam met die Duitsers geveg nie. Hoeveel van die seuns het daarenteen op die slagveld van Oos-Afrika, Suidwes en Europa gebly?
Daar is so baie leuens in General Smuts dat ek dit nie alles kan aanhaal nie. Sien Bylae telegramme en korrespondensie.
Op ’n dag kry ek ’n telegram dat genl. Kemp by Kuruman verby is, in die rigting van Gordonia. Daar ek toe nog nie kon perdry nie, stuur ek komdt. Stoffel Schoeman met soveel man as wat ek kon bymekaar kry, in die rigting van Zwartmooder in Gordonia distrik, om genl. Kemp te gemoet te gaan, en te help. Ek glo komdt. Schoeman was ook net in tyd.
’n Paar dae later is ek self in die rigting. Ek het genl. Kemp en sy kommando op die pan by Nakop ontmoet.
Wie kan die lyding beskrywe van daardie mense? Wat het hulle nie deur moes staan nie? Maar hulle het ’n ideaal gehad, wat vir hulle meer werd was as hul eie lewe. Manne sowel as offisiere was in ’n akelike toestand. Sommige was tevoet, sonder skoene, deur die warm sand. Die voetsole was deurgeloop, elke stap was 'n bloedspoor. Die voete was opgeswel en gebars, sodat die bloedsug daaruit getap het. Maar ingee is min! Hulle was manne van taaie volharding van suiwere Afrikaanse staal. Dis net manne wat oortuig is van hul ideaal wat so kan volhard en so’n tog kan deurstaan. Hoe bitter jammer en teleurstellend is dit tog, dat ’n man soos genl. Kemp wat saam met hierdie manne die tog deurgemaak het, as hul leier, dieselfde manne vandag moet uitskel en nie meer wil ken nie! Hulle is vir hom vandag ’n uitvaagsel, terwyl hy saam sit met die aartsvyand van ons Volk, die Jood, en sy eie bloed verag en verstoot. Nou met die jongste eleksie het een van sy manne hom gevra:
„Wat van die verlede?”
Sy antwoord was:
„Na die hel met die verlede!”
Ons het die manne na Ukemas in die Duitse gebied, na ’n hospitaal geneem, waar hulle versorg en verpleeg is.
Genl. Kemp, genl. Bezuidenhout, Adam Boshoff, Piet de Wet en ek is toe na Keetmanshoop, waar ek die Duitse Goewerneur vir die allereerste maal ontmoet, en met hom onderhandel het, volgens instruksies wat die ander generaals aan genl. Kemp gegee het. Na hierdie ontmoeting is bekendgemaak my ooreenkoms met die Duitsers, en afgekondig my proklamasie van 16 Des. 1914, wat hieraangeheg is as Bylae.
Mevr. Millin beweer in haar boek General Smuts dat ek reeds so vroeg as 1912 met die Duitse regering onderhandel het, en duisende ponde tot my beskikking in Kaapstad in die Bank geplaas was. Dit is 'n skreiende onwaarheid. Voor 1913 was ek op Piet Retief komdt. van Polisie; na die Opleidingskursus in Bloemfontein (1913) is ek eers aangestel as Luit.-kol. in die Noordweste. Toe het ek alleen die vermelde brief aan Mnr. G. Voigts geskrywe. Maar daar was nooit ’n enkele woord van onderhandelinge nie. Dis egter een van die Joodse maniere en voorskrifte, nl. dat onwaarhede oor persone, wat ’n gevaar is vir hulle, die wêreld ingestuur moet word, sodat hulle deur hul eie Volk verag en verstoot kan word.
Die onderhandeling met die Duitse Goewerneur het eers in 1915 plaasgevind. Dis geen wonder dat genl. Smuts bestempel word as ’n leuenaar, omdat sy maters, die Jode, die kinders van die Vader van die Leuen is”.
Genl. Kemp het my aanstelling as Assistent Kommandant-Generaal geteken deur geul. C. F. Beyers, saamgebring.
Na die onderhandelinge te Keetmanshoop is ons terug na ons kommandos. Die kommandos is uitgerus en met perde, wapens en ammunisie voorsien. Toe het ons die aanval op Nous gemaak.
Ek was van mening dat ons in die omgewing moes bly; die veld was mooi en genl. Kemp se perde nog swak. Dan was ek ook nog nie seker of die opstand in Transvaal en in die Vrystaat voortduur nie. As die opstand onderdruk was, kon ons onderhandel om wapens neer te lê. Is die opstand egter nog aan die gang, dan kon ons deur Namakwaland, die Boland inval, en veg vir ons onafhanklikheid. Kom die Unie-troepe te sterk teen ons op, het ons altyd nog ’n wykplek om op terug te val.
Genl. Kemp en sy offisiere het my egter oorstem. Geul. Kemp wou terugtrek na Transvaal.
Nadat ek weer op Jerusalem terug was, kry ek ’n briefie van genl. Kemp,. waarin hy my sê dat ek nou die beloofde perde aan hom moes gee, want hy gaan terugtrek Transvaaltoe. Ek het hom gaan sien en hom gesê hy kan die perde kry, maar dit sou sy laaste trek wees. Genl. Kemp het my dáar geantwoord: „Ja, oom Klasie sien sy pad”. („Oom Klasie” van Rensburg was algemeen bekend as die „Siener”. Hy het soms snaakse dinge gesien, wat ook net so uitgekom het. „Oom Klasie” het nie sy pad deur die rivier gesien nie, hy het gesien hoe die Springbokke (Unie-troepe) vlug en die donkies (Rebelle... hulle jae. Hy sien egter ook ’n bloedvlek op die kombêrs. Dié dag het ons die Unie-troepe gejae en is een van komdt Schoeman se manne geskiet. Van Rensburg het ook gesien hoe onveilig die pont is, en dat dit sink, en hy wou nie met die pont oor die rivier nie. Die pont het werklik gesink, en twee man het daarme verdrink. Met die terugtrek van genl. Kemp, toe dié vasgekeer was, het hy die  kombêrs gesien oplig en genl. Kemp is toe ook daar uit, waar die kombêrs opgelig het. Op Nous het hy gesien hoe hardloop die „Springbokke”, met die „Donkies” agter hulle. By Lutzputs het hy dieselfde gesien. Vier dae voor die slag het hy gesien hoe hardloop die Springbokke en hy sien hulle deel rosyntjies en koffie uit, en dat hy in ’n swart waentjie ry en sy vrou hom ’n nuwe swart hoed gee. „Sien, broer, ek hou daarvan” het hy daarby gevoeg. Die swart waentjie was die „Black Maria”, en by die fort het sy vrou vir hom ’n swart hoed gegee!)
Ek sou „oom Klasie” nooit in my kommando toegelaat het nie, want hy „sien” sulke snaakse dinge en vertel dit aan die burgers, en netnou glo hulle hom en kan die offisiere niks met hulle uitrig nie. Ek het ook aan genl. Kemp gesê : „Generaal, jy kan nie dat oom Klasie vir jou sê wat jy moet doen nie!”
Aan genl. Kemp het ek gesê: „goed, ons kan trek, julle het my oorstem, maar dit sal ons laaste trek wees, Upington is die Regering se sterkste punt, as ons dit wil vat sal dit bloed kos, en as die opstand in Transvaal en Vrystaat onderdruk is, sal dit ons niks baat nie, ons sal onnodig bloed vergiet het.”
Na ’n paar dae het ons dan ook opgeruk na Upington, met die 10 kanonne onder maj. Jack Smit van die ou Transvaalse Staatsartillerie. ’n Paar dae daarna vang komdt. Stadler ongeveer 70 Unie-troepe by Langklip en toe is Lutzputs aangeval. Hier op Lutzputs het ’n hele klompie Unie-troepe geval, onder andere ’n paar broers, Wilsons. Nadat ek hier van die jongmanne dood gesien lê het, het ek besluit om wapens neer te lê, vir goed en altyd.
Ons het kapt. Jet hier gevang en saamgeneem, en na die noord-ooste van Upington getrek. Ons het ooreengekom om die witvlag in te stuur na genl. Jaap van Deventer, wat in bevel was van die Unie-troepe te Upington. Kapt. Williams het ons ingestuur.
Hy het egter nie weer teruggekeer nie, en daar was vir ons niks anders te doen nie as om Upington aan te val. Ek wou eers nie, maar die verantwoordelikheid het op my gerus. Val ons nie aan nie, dan val die Unie-troepe ons aan, en word my manne geskiet sal hulle my blameer, want die burgers wou veg. Sien korrespondensie tussen my en van Deventer.
Met die aanval het komdt. Stadtler nie my instruksies uitgevoer nie. Hierdeur het die aanval misluk en dit is ook oorsaak van sy eie en ’n hele paar van sy manne se dood. Komdt. Stadler het op Keimoes en Nous ook nie my bevele uitgevoer nie. Dis nie om hom sleg te maak nie; ek haal alleen maar die feite aan. Komdt. Stadtler was ’n onverskrokke, dappere man. As hy egter my bevele gehoorsaam het, dan kon hulle die posisie maklik geneem het en as hulle dan terugval, het hulle skuiling genoeg gehad.
Die aand na die geveg het ek ’n ander brief aan genl. van Deventer gestuur, met kapt. Jet, wat ons gevange gehou het. Ek het van Deventer daarop gewys, dat as hy kapt. Williams teruggestuur het die geveg onnodig sou gewees het, en dat daardeur onnodige bloed vergiet werd.
Die volgende dag het genl. van Deventer die witvlag uitgestuur en is ons na Upington. Ongeveer 6 myl van die dorp het ons die Generaal self ontmoet, en daar is toe onderhandel.
Geblinddoek is ons na Upington, genl. van Deventer se hoofkwartier. Van ons kant was daar genls. Kemp en Bezuidenhout, komdt. Piet de Villiers (Piet Mof) en myself. Ons het ooreengekom dat die burgers hulle wapens moes neerlê en hulle op die genade van die Regering moes werp.
Dié nag het ons daar oorgebly. Om 12 uur die nag kom genl. van Deventer by my, en sê dat hy nou net van die telegraafkantoor kom, waar hy met genl. Smuts gepraat het. Hy deel my toe mee dat genl. Smuts my drie dinge voorlê:
l. Hy bied my weer my betrekking aan.
2. Ek kan die land verlaat.
3. Ek moes wapens neerlê, en my straf ontvang.
Ek het aan genl. van Deventer gevra: „Wat dink julle van my? Is ek slegter dan ’n hond wat tot sy uitbrakasel terugkeer? Hoe dink julle waarvoor het ek geveg? Noudat ek verloor het, om weer om te spring en my betrekking terug te neem? Hoe kan jy soiets van my verwag? Dáar sit die ander generaals en burgers in die tronk, en ek sou my posisie terugneem? Jy kan vir genl. Smuts sê, ek kan hom die versekering gee, dit sal die grootste dag van my lewe wees as ek onder hom kan veg soos in die Engelse oorlog, maar onder vandag se omstandighede val daar nie aan te denke nie.”
Genl. van Deventer het my gevra of ek dan die Duitsers wil gaan help. My antwoord was, dat lek nie van plan was om dit te doen nie, want dan kan ek net so wel vir hulle help.
Die 10 kanonne wou hy hê. Maar ek het hom gesê: „Nee, generaal, as jy hulle wil hê, kan ek jou nie keer nie, maar dan moet jy my los en ek sal by hulle gaan staan, en as julle my platskiet dan kan julle hulle vat.”
Die volgende dag is ons geblinddoek weer die dorp uitgestuur. Ons is toe terug na ons kommandos op Grondneus.
Genl. van Deventer wou op laas nog my rewolwer hê. Ekhet gesê: „Ja, wat wil jy met my rewolwer maak? Jy wil nou maak soos hulle in die storieboeke skrywe, dat as die een offisiere oorgee, die ander sy sabel oorhandig. Dit sal egter geen eer vir jou wees om my rewolwer te neem nie, dit is ’n skande, en jou kinders en kindkinders sal jou eendag daarvoor vervloek.” Ek het my rewolwer behou.
Nadat ons by die kommando gekom het, kom „oom Klasie” (die siener) ewe vriendelik na genl. Kemp en wou weer aan hom vertel wat hy gesien het, maar genl. Kemp vlieg hom daar in, en blameer hom vir die hele opstand; en sê dat dit sy skuld is dat hulle in die ellende verkeer!
Ek het genl. Kemp daarop gewys dat hy „oom Klasie” nie so moes inklim nie, want hy het altyd aan „oom Klasie” geglo en niks gedoen as „oom Klasie” nie sy weg gesin het nie.
Genl. Kemp en ek het ’n hele paar maal gehaak.
Genl. Kemp is daarop met die kommando na Upington, om oor te gee, en ek is op my perd en met my Hottentotjie agter my, weer di wye Noordweste wêreld in.