Konferensie, Saterdag 28 Sept 2013 - Vryheid en die herstel van die Boere-Republieke! PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 26 September 2013 07:07

 

BOERE- EN BONDGENOTEKONFERENSIE, SATERDAG 28 SEPTEMBER -VRYHEID EN DIE HERSTEL VAN DIE BOERE-REPUBLIEKE!

ZAR - OVS

Hierdie is die voorlaaste kennisgewing oor bogenoemde konferensie waar ons Boere en bondgenote uitnooi om saam te kom besin oor die pad van ons Boerevolk vorentoe.

Ons matig ons nie aan om voor te gee dat dit 'n Volksvergadering is nie. Inteendeel dit is 'n konferensie waar ons praat oor ons opset as volk en wat ons Godgegewe plig is in hierdie land, waaraan ooglopend niks gedoen word nie. Daarom die vertrapping en vernedering van ons volk en die verwoesting van ons erfenisse en dit wat vir ons heilig is. saam daarmee die gehoon en gespot van jakkalse wat met die vyand heul en wil voorgee dat die Boerevolk nie bestaan nie!

Ons gaan nie langer toelaat dat ander oor en namens die Boerevolk praat nie en veral nie die Afrikaner met sy geskiedenis van paai en agteroor buig nie. Van nou af aan praat onsself oor vryheid en die herstel van die Boere-republieke. Ons gaan nie langer stilbly nie!

Daaroor gaan dié konferensie. Kom word deel van die nuwe ontwaking en bring u deel tot die vryheid van ons volk.

piet.rudolph@gmail.com