Oproep! Boeremag vonnisoplegging: 28 en 29 Okt 2013 PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 24 Oktober 2013 10:00

 

OPROEP!!!!!!!!!!
BOEREMAG VONNISOPLEGGING : MAANDAG 28 EN DINSDAG 29 OKTOBER 2013

Boere gevangenes

Op bogenoemde datums gaan die regter in die Boeremagverhoor uitspraak lewer. Hierdie is 'n geskiedkundige oomblik in 'n dramatiese tydperk in ons Boerevolk se bestaan.
Vir meer as tien jaar staan hierdie beskuldigdes in die "regbank", gebrandmerk as Boere en uitgelewer aan die genade deur verraaiers, nuusdraers en lakeie met 'n skynsel van wit.
Sommige is reeds genadiglik deur die dood ontslaan- hierdie jammerlike instrument wat Staat genoem word, sal sekerlik as hulle kon, hulle wou opgrawe en in die Sentrale gevangenis begrawe!
Hulle word beskuldig van Hoogverraad. Goddank dit is nie laagverraad wat gepleeg is vir 30 silwerlinge nie!
Hierdie manne se grootste sonde was dat hulle in die bres wou kom staan vir 'n verdrukte volk. Hulle siening is in die hof uitgespel en gaandeweg sal hulle visie, verder in ons volkslewe gestalte aanneem.
Dit is die plig van elke reggeaarde Boer om ons meelewing met hierdie volksgenote te kom betuig op hierdie twee dae. Ons is dit aan ons kinders verskuldig sodat hulle ook sal weet dat ons het nie gelate en willoos ondergegaan nie. Kom asseblief in u groot getalle en kom onderskraag ons mense. Ons gaan in vrede maar met verset in ons harte. Kom asseblief!

Piet Rudolph namens Boere-Republikeine.