Die prys van stryd - Boeremagsaak PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 31 Oktober 2013 07:07

 

29 Oktober 2013 [South Africa, 29 Oct. 2013: “Boeremag” convictions]

Rudi Gows

DIE PRYS VAN STRYD

Ons vyande jubel sekerlik oor die vonnisse wat aan ons mense opgelê is. Daarin lê egter vir hulle 'n skrale troos opgesluit. Die vuur wat u gehoop het om hiermee te blus, is aangesteek in menige Boerehart en sal groei tot 'n verterende vlam. Daar is opstand wat broei in die harte van menige volksgenoot. Die verdrukker mag glo dat om eggenoot, vader en familie in te kerker, geregtigheid is.
Eintlik is dit 'n onreg teen gades en kinders. Daarmee het hulle die voorwaarde geskep vir die volgende vlaag van opstand en weerstand. Agter tronkmure kwyn die vryheidsvlam nie. Daar groei dit daagliks tot onverwoesbare drang. Gaan vra maar vir Nelson Mandela.

Wat nou vir ons oorbly is die versorging van hierdie families en ons manne binne die tronk en daardeur ons solidariteit en naasteliefde met hulle te betuig. Ons stryd is nie verlore nie en ons Hemelse Vader sal ons nie versaak nie. Wees sterk en staan op teen onreg. Laat ons die verdrukker beteuel met ons gemeenskaplike wil om nie te buig nie. Piet Rudolph.