Die Dood van Generaal Manie Maritz – Moord? PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 19 Augustus 2009 07:07

 

Generaal Manie Maritz, 19 Desember 1940 - Boerenasie

Vanaf: http://www.woes.co.za/bydrae/artikel/die-dood-van-generaal-manie-maritz-moord

[Boek “My lewe en strewe” in pdf format]

Datum gepubliseer: 19 Aug 2009
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die 1988 hitte van Februariemaand se somer son by Silkaats Nek naby Brits, brand neer op die Kriminele Buro se geel drie liter Ford Sierra waarmee ek opgewonde by Oom Manie Maritz se Brahmaan Stoetery indraai. Ek is opgewonde, want ek gaan vandag vir myself uitvind of agt jaar se intensiewe studie, my eie persoonlike waarnemings en onderrig aan die hande van die land se mees erkende politieke kenners, en die vyftien jaar ondersoek ondervinding in die polisie genoeg was om my by die regte politieke oortuigings te bring, en of ek maar net soos baie ander regses besig was om my te ‘vergryp’ aan sameswerings teorieë oor die uitverkore volk en andere.

Agt jaar vantevore is ek as jong konstabel op grond van my onophoudelike navrae en belangstelling verwys na iemand wie Jan alleman nie maklik by sou kon uitkom nie. Daar het ek as 24 jarige jong man Generaal Manie Maritz se boek, ‘My Lewe en Strewe’ bekom. “Seun, hierdie boek het die generaal se dood beteken” vertel die ou belese boek versamelaar my...”Jy sal drukkers foute in die boek vind want daar was jag op die generaal gemaak om hierdie boek nie te publiseer nie. Hy het die boek in dele en in die geheim by verskillende drukkerye laat druk. Die boek was onwettig verklaar, maar die generaal was polities so onverskrokke as wat hy op die slagveld was, en hy was vasbeslote om sekere dinge by sy volk tuis te bring ...” Oom Piet Malan het sy breë sterk hand op my skouer geplaas ...” Lees hierdie boek deeglik, jou lewe gaan drasties verander, wees net versigtig met wie jy hierdie dinge deel ou seun. Praat eers met die manne wat die pad geloop het voordat jy goedsmoeds met hierdie dinge omgaan, anders gaan daar vir jou deure toegaan. Kyk dinge uit, volg die politiek deursigtig, steek kers by mense op, groei in die dinge...Generaal Maritz is vermoor as gevolg van die boek, maar dit is toegesmeer, sy seun weet alles...” Ek het die boek verslind en een oggend drieuur terwyl ek lees roep ek in woede uit. My arme jonge vrou het regop gesit in die bed...”Nou weet ek my skat, nou weet ek alles - die bliksems!”

My oupa se broer was die jongste minister in Malan se kabinet, later waarnemende Staatspresident met Eben Donges se onverwagse dood en ‘n rebel toe hy jare voor dit, die eerste persoon in Pietersburg was wat geweier het om teen Duitsland te veg. My vader het ook soos sy oom geweier en hy het my as seuntjie van vier jaar oud vermaan om nie ...“alles te glo wat daar oor die Duitsers en die oorlog gesê word nie”

Ek is as klein seuntjie op die plaas deur Verwoerd se kabinet ministers op die arm gedra. Rebelse bloed het in my are gedruis Die DNA  in my het my genoop het om nie alles goedsmoeds te aanvaar nie. Ek het grootgeword met manne wat eerder sou veg as om te skik en verklik. Manne wat soos Generaal Manie Maritz, hulle nie laat onderkry het nie...

Generaal Salomon Gerhardus (Manie) Maritz se profiel voor op ‘My Lewe en Strewe’, hierdie rare boek, het dadelik my oog gevang en my verbeelding aangegryp, want ek meet ‘n man uiterlik aan sy nek. ‘n Man met ‘n gespierde nek lol jy nie mee nie. Generaal Manie Maritz het ‘n nek soos ‘n bul gehad en ‘n kyk. ‘n Oop, reguit en sterke kyk waaruit eerlike geen nonsens, duidelik gestraal het. En dit is wat hy inderdaad was en uitgeleef het.

Gebore op Kimberley 26 Julie 1876 as direkte afstammeling van die Voortrekker Gerrit Maritz. Hy sluit op 24 jarige ouderdom aan by die weerstand teen die Jameson inval en verwerf daardeur sy eerstegraadse Transvaalse Burgerskap. Dit was die begin van ‘n asemrowende krygers verhaal. Die tipe verhaal waaroor Hollywood rolprente maak. ‘n verhaal van dapperheid, onverskrokkenheid, ‘n patriotisme en ‘n vaderlandsliefde wat nie aldag gekry word nie. Hy sluit by die Zuid Afrikaansche Republiekeinse Politie (ZARPS) in Johannesburg aan en word na sy opleiding aangestel om spesiale diens te verrig deur ondersoek te doen na onwettige drank handel en smokkelary. Hy wys baie gou dat hy onverbiddelik in die uitvoering van sy pligte was en kom toe ook agter dat die drankhandel na ‘n ander area verskuif wanneer hy aan diens is, en hy word ook summier verbied om buite sy gebied te opereer. Hy het later met sy ondersoek gevind dat daar ‘n Joodse sindikaat was wat met die drank gesmokkel het en dat hulle deur die polisie beskerm was. Manie het geweier om omkoopgeld te vat en het die mense wat hy gevang het summier aangekla. Hy het later op ‘n bordeel toegeslaan wat deur Jode bedryf is en het arrestasies daar uitgevoer. Toe hy in die hof getuig het die aanklaer hom in die geheim gewaarsku dat hulle hom gaan arresteer op ‘n klag van meineed omdat hy ingemeng het in sake wat gelaat moes gewees het. Hy is toe ook gearresteer en is in die Fort opgesluit, maar toe hy voor die hof verskyn is die saak teen hom teruggetrek. Hy is egter summier uit die polisie ontslaan. Dit was sy eerste ondervinding met die Joodse magte.

In 1899 is hy met die Boksburgse Kommando na die Natalse front en daarna na Colesburg en die Vrystaat. In 19 April word hy saam met Jack Hindon, Henry Slegtkamp, Wynand Malan, Barnie Enslin en ook Jopie Fourie lid van die dappere Danie Theron Verkennerskorps. Hy het hom onderskei as Boere kryger en is op 6 Mei 1901 bevorder tot hoofkommandant van alle rebellekommando’s in die distrik Calvinia en Kenhardt. In Januarie 1902 word hy bevorder tot generaal na vele oorwinnings teen die Engelse.

Maar, generaal Maritz het ook sy ondervindinge met Jan Smuts gehad en dit het gestrook met wat my oorlede vader my as kind van Generaal Smuts vertel het: “Jan Smuts was aan die Engelse se kant en hy was ‘n agent van die Jode” het my vader altyd gesê. Toe my pa aan die Botha Regiment in Pietersburg behoort het en geweier het om die ‘Rooi Eed’ te neem het generaal Smuts hul rangtekens op ‘n openbare parade van hul skouers geskeur en dit voor baie mense in die grond getrap...

Generaal Manie Maritz en enkele van sy manskappe is gedurende die oorlog by ‘n sendingstasie by Leliefontein deur 40 Hottentotte in ‘n lokval gelei nadat hulle bedrieg is. Hulle het ‘n hewige hand geveg om lewe en dood gehad en het net, net daarin geslaag om die dood vry te spring. Toe hulle daarin slaag om te hergroepeer het hulle teruggeslaan en die Hottentotte almal gedood. Generaal Smuts was baie ongelukkig toe hy die dooie Hottentotte sien en het hom by die vyand geskaar. Denys Reitz was saam met Smuts op die toneel en volgens Reitz sou Smuts dit eerder goedgekeur het as Manie hulle se liggame daar gele het.

By O’okiep was dit vir Manie Maritz eienaardig dat Generaal Smuts nie saam die Burgers wou ingaan om die plek te bestorm nie hy wou gehad het dat Manie, kommandante Bouer en Schoeman 1000 meter agter die linies moes wag... Kort voor die Vredesluiting van Vereeniging op 31 Mei 1902 het generaal Smuts met sy vertrek ‘n vergadering gehou en die Burgers van die Kaap onder Manie maritz versoek om hulself steeds gereed te hou om te veg: “Ou Manie, sien jy kans om jou kommando bymekaar te hou – want al maak Transvaal en die Vrystaat vrede kan ons verder veg” Met sy terugkeer het Smuts vir Manie Maritz beveel om die wapens neer te lê en die voorwaardes van die vredesverdrag te aanvaar. Manie Maritz weier om die wapen neer te lê en volgens die vernederende vredesluiting op 31 Mei 1902 ‘n Britse onderdaan te word en verlaat die land deur Duits-Suidwes-Afrika na Europa.

In Europa ontmoet hy vir Generaal De Wet en vind by hom uit dat Smuts vir De Wet gesê dat die manne in die Kaap nie eintlik bereid was om verder te veg nie... Die vals en verraderlike inligting van Smuts was daartoe deurslaggewend dat De Wet uiteindelik tot die vredesverdrag ingestem het want De Wet wou by Smuts weet hoe die saak met die Kaapse burgers gestaan het. De wet het verklaar dat Smuts aan hom gesê het dat hy klompies burgers bymekaar gekry het wat daar rondgevlug het en dat hy hulle so goed as wat hy kon probeer organiseer het, maar dat daar ...”geen hoop in die Kaapkolonie was nie”

Wat ‘n godskreiende skande dat twee van ons grootste en dapperste krygers so uit hul veglus en land bedrieg is deur die leuenagtige verraad van die uiterste hanskakie en latere Sionis – Jannie Smuts. Wat ek in ‘’My Lewe en Strewe’ gelees het, het gestrook met wat ek as kind by my pa gehoor het en ek het begin dink...

In Europa het generaal Manie Maritz se reputasie hom vooruitgegaan en het hy verskeie aanbiedinge gekry. In Parys het die Russiese ambassadeur hom genader en aangebied dat die Russiese regering hom op staat kostes sou oplei waarna hy ‘n goeie aanstelling in die Russiese leer sou kry. Hy het die aanbod van die hand gewys en het Madagaskar met die oog op moontlike nedersetting besoek maar vind die plek nie geskik nie. Hy gaan na Duits-Suidwes via die Kaap en veg in 1905 vir die Duitsers teen die Herero’s.

Hy keer terug na die Transvaal en nadat hy ‘n paar dae in Pretoria deurgebring het word hy gearresteer en versoek om die eed van getrouheid aan die Britse koning af te le en dan daar te bly, maar hy weier. Hy word onder haglike toestande aangehou en hulle probeer hom forseer om die eed af te le vir sy vryheid, maar hy weier steeds. Hy word toe voor die hof gebring waar die magistraat die keuse aan hom herhaal of dat hy alternatiewelik die land binne 24 uur verlaat. Manie Maritz weier en verlaat die Transvaal en vestig hom in die Kaap. Hy boer vir vyf jaar in Ventersburg en kry in 1914 aanstelling as Kommandant in die Suid Afrikaanse Polisie. Hy weier egter om Duits Suidwes Afrika in opdrag van die Unie van Suid Afrika in te val en rebelleer op 9 Oktober saam met 940 van die 1000 man onder hom. Hy veg tot 30 Januarie 1915 toe hy moes oorgee omdat die Trasvaalse Rebellie misluk het. Hy dien ses maande gevangenisstraf uit in Angola en gaan woon na sy ontslag tot 1920 in Portugal en Spanje. Uit Duitsland keer hy terug na Suid Afrika en word in 1923 vir hoogverraad aangekeer. Hy word tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis, maar na drie maande vrygelaat.

In 1936 word hy Nasionaal Sosialis en in 1940 stig hy die anti parlementêre Volksparty en later die Boerenasie.

Hy sterf egter op 20 Desember 1940 n ‘n motorongeluk voor die sentrale gevangenis in Pretoria – Dit is wat in die populêre geskiedenis opgeteken staan en wat met die Geregtelike Doodsondersoek bevind is...

Generaal Manie Maritz het egter die Joodse Protokolle in ‘My Lewe en Strewe’ gepubliseer en ook breedvoerig verwys na die metodiek van die Joodse geldmag in Suid Afrika hy is daarvoor aangekla en beboet en is met die dood gedreig...

Nadat ek die boek deeglik bestudeer het, het ek as jong polisieman ‘n verdere in diepte studie van die geldmag gemaak en onder andere B M Schoeman se ‘Die Sluipmoord op dr. Verwoerd’ en sy ‘Die Geldmag’ bestudeer. Ek het alle reëls van die polisie verontagsaam en het ‘n ingeskrewe lid van die Herstigte Nasionale Party geword en selfs later as Adjudant Offisier onwettig in die party se Hoofbestuur gedien. Ek het ook by verskeie geleenthede as Mnr Jaap Marais se lyfwag saam hom  na veraf vergaderings gery met my amptelike polisie R1 masjiengeweer no 7771. Ek het later toe ek waarnemende Stasiebevelvoerder was John Vorster se amptelik uitgereikte portret uit my kantoor verwyder en Jaap Marais sin teen my muur gehang.

Ek wou hê hulle moes my aanspreek – ek was lus vir baklei teen verraad...

Dit is twee jaar voordat ek as gevolg van politieke gewetensbesware uit die polisie bedank, toe ek by Generaal Maritz se seun, Oom Manie Maritz se Brahmaan stoetery indraai om te hoor oor hoe die Generaal eintlik dood is...
[...]