Die Gronde vir onafhanklikheid - Boere-Republikeine PDF E-pos
Dinsdag, 12 November 2013 21:00

 

Boere-republieke

deur Boere-Republikeine, 9 Nov 2013

DIE GRONDE VIR ONAFHANKLIKHEID

Op watter gronde hunker mense na onafhanklikheid?
1. Omdat ons wit is? vergeet dit. Niemand sal na ons luister nie omdat dit"rassisties sal wees!
2. Omdat ons Afrikaners is? Vergeet dit. Geen volk kan bestaan sonder grondgebied nie. Die Afrikaner het vanaf 1961 tot 1994, weliswaar 'N VEELRASSIGE GRONDGEBIED GEHAD. Hulle het dit weggestem. Verniet weggegee! Daarom praat hulle nou van volkstaatjies en is bereid om plakkers te word om 'n stukke grond onder hulle voete te voel. Natuurlik met toestemming van die Verdrukker!
3. Die enigeste volk met 'n skynsel van witheid wat aanspraak kan maak op onafhanklikheid is die Boervolk. Hulle het grondgebied gehad, erken deur die wêreld. Dit is van hulle geroof deur die Veroweraar wat 'n uitwissingsoorlog teen hulle gevoer het deur hulle land af te brand; hulle vrouens en kinders in konsentrasiekampe te druk en hulle te laat sterf van die honger; hulle mans en seuns, party 8 jaar oud, uit die land weg te voer en in konsentrasiekampe oorsee af te sonder sodat hulle nie oorlog kon maak nie.
Net soos die NP se NSA, nie die herstel van die Boere-republieke meegebring het nie, het hierdie nuwe besettingsmag, dit ook nie gedoen nie. Ons wil ons republieke terug hê. En die Boerevolk is die enigste volk met grond onder sy voete!