Dr. Lets Pretorius (Boere-gevangene) aangeval met ’n mes PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 14 November 2013 11:51

 

Dr. Lets Pretorius

PERSVERKLARING: NASIONAAL [14 November 2013]
MESAANVAL: Dr. Lets Pretorius: Boeremag: Pretoria-Sentraal


Dr. Lets Pretorius dien tans vonnis uit vir Hoogverraad in die Pretoria Sentrale Gevangenis. Hy is op 12 November gedurende die oggendure aangeval met ’n mes in ’n klaarblyklike poging om hom te beroof. Hy is lig beseer. Sy twee seuns dr. Johan en Wilhelm Pretorius het hom te hulp gesnel.
Die Boere Versorgingskomitee het vandag ’n protesbrief afgestuur aan die minister van Korrektiewe Dienste om beswaar hieroor aan te teken.
Ons wag op ontvangserkenning.

Piet Rudolph
Sameroeper: Boere Versorgingskomitee.

Laas Opdateer op Donderdag, 14 November 2013 12:01