DIE REBELLIE 1914-2014 PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 29 Januarie 2014 19:30



Louis Botha e Jan Smuts (Unione del Sudafrica)BOERE-REPUBLIKEINE is van plan om 'n aantal byeenkomste te organiseer om hierdie tragiese gebeure van 'n honderdjaar gelede, met 'n aantal openbare byeenkomste die gebeure te gedenk.

Vooraanstaande Boereleiers wat twaalf jaar vantevore uit 'n verwoestende oorlog gekom het en hulle vryheid verloor het, was in opstand teen die Afrikaner-regering van Louis Botha en Jan Smuts wat aan die Engelse kant tot die Eerste Wêreldoorlog wou toetree en Duits Suid-wes wou binneval.

Die opstand het met lewensverlies aan Boerekant gepaard gegaan. Genls De la Rey, Beyers en kommandant Jopie Fourie is doodgeskiet. Die gevierde Boereheld, genl De Wet se seun is ook doodgeskiet en hy en genl Kemp is vir Hoogverraad verhoor!

Met die oog hierop nooi ons ander organisaies en instansies wat die saak simpatiek gesind is, om saam met ons deel te neem, Graag verneem ons ook van direkte afstammeling van die Rebelle wat nog leef om met ons in aanraking te kom sodat ons hulle kan inskakel.

Piet Rudolph: Sameroeper. E/pos piet.rudolph@gmail.com

 

Jopie Fourie, Boer martyr

The 1914 Rebellion