Servaas De Wet - ’n onverskrokke held PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 09 April 2014 20:00

 

SERVAAS DE WET- ’N ONVERSKROKKE HELD

Eugene Terre'Blanche, Servaas de Wet en Jaap Marais. 1991

Servaas de Wet is ’n oudpolisie-offisier, 82 jaar oud en voormalige KG van die AWB. Hy en wyle mnr. Eugene Terre’Blanche was as polisiemanne saam verbonde aan die Wageenheid van die staatspresident.

Servaas is Maandag 7 April om 11 00 op sy kleinhoewe naby Kemptonpark deur 4 swartes gewapen met vuurwapens aangeval. Sy vuurwapen is van hom afgeneem tesame met sy selfoon. Hy het sy aanvallers aangeval en het een van hulle sê voete onder hom uitgeruk sodat dié hard met die aarde kennis gemaak het. Omdat die rowers wapens vasgehou het en hom dus met eenhand beveg het, het Servaas hulle opgedreun. Hulle wou hom gedurig op die grond kry om hom vas te maak maar hy het soos ’n verwoede leeu geveg. Hulle het gedreig om hom te skiet. Hy het gereageer deur te skreeu dat hy ’n ouman is wat nie bang is vir die dood nie.Intussen het ’n tuinjong waarop die aanvallers geskiet het alarm gemaak. Die rowers het op die vlug geslaan.
Servaas is behalwe bloukolle en styfheid ongedeerd. Magda, sy vrou, het vir my gesê hoe trots sy op haar “stoeier” is. Sy was by die werk ten tye van die gebeure.
Om ons dankbaarheid te betuig dat ’n kameraad steeds in lewe is en omdat ons die Almagtige vir Sy ingryping wil loof, hou ons eerskomende Saterdag 12 April 2014 om 10 00 ’n spesiale dankdiens om dankie te sê vir die ingryping van ons Hemelse Vader en eer te betoon aan ’n moedige man wat die woord Oorgee, nie ken nie!
Kom sê saam met ons dankie by Filadelfia-ark, H/v Van der Hoffweg en Charlstraat, Kameeldrift-W es. Ko-ordinate S25 42.967 E028 00.367.

Sien u daar!

Piet Rudolph: Sameroeper. e/pos piet.rudolph@gmail.com

Piet van Rooyen, K/Genl. Servaas de Wet en Hans Koen. Middelburg