Ies reg bly weg - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 23 April 2014 17:55

 

IES REG BLY WEG

Veertig jaar gelede het ons ’n wit verkiesing in Suid-Afrika gehad. Die verraderlike NP van mnr. John Vorster het orals politieke slagspreuke op die lamppale gehad. Dit het gelui: Vir Vrede, Veiligheid en Voorspoed- stem NP.
Ek was ’n kandiaat vir die HNP in daardie verkiesing en het reeds twee ander verkiesings, insluitende een teen FW de Klerk, op Vereeniging, agter die rug gehad. Dit was vir my duidelik waarheen die politiek in Suid-Afrika op pad was. Op ’n vergadering het ek gesê dat as dit is waarheen die NP op pad was dan gaan dit beteken dat ons eendag nie meer met kruisies nie maar met koeëls ons Vryheid sal moet verdedig. Die pers het dit goedgedink om my ’n bynaam te gee. Bynaam te spyt, besluit u maar wie was reg-ek of die NP!
Die NP is lankal weg en so ook die sprake van vrede veiligheid en voorspoed. Die wit mense het ’n etniese minderheid geword en daar is min hoop dat ons binne afsienbare tyd vry kan wees. In elk geval nie met die kruisie nie! Politici en partye wat kastig die belange van die wit kiesers op die hart dra probeer wit kiesers lok met ’n semantiese gegorrel van “selfbeskikking.” In die huidige bedeling is dit so goed soos parool vir ’n prisonier. U stem en die beloftes daarmee saam, is nie die papier werd waarop dit geplak word nie. Al sou al die wit mense vir een opposisie-party gaan stem is dit nog nie genoeg om die Bolsjewiste uit die kussings te lig nie.
Die stilswyende keuse is dus: Stemreg-bly weg! Waarom sal ons deel word van ’n stelsel wat oor die afgrond duisel?
Ons funksie is om die Boerevolk wat soos ons voel bymekaar te maak rondom die onsterflike ideal van Vryheid en die herstel van die Bore-Republieke wat van ons weg geroof is. Daarmee bring ons hulde aan die offers van 35 000 kinders en vrouens wat die hoogste offer vir Vryheid betaal het. Niks meer en niks minder nie!

Piet Rudolph: Boere-Republikeine.

Pik Botha

Constand Viljoen

Zuma en Dr Pieter Mulder