27 Apr 2014 - Sogenaamde "Freedom Day" PDF Afdruk E-pos
Maandag, 28 April 2014 12:00

 

SONDAG 27 APRIL 2014 - SOGENAAMDE FREEDOM DAY

Bronkhorstspruit, South Africa 2014
RSA Empire 2014

Twintig jaar na die eerste sogenaamde demokratiese verkiesing in Suid-Afrika wat voorafgegaan is deur ’n gekonkel en ’n geknoei van verraaier-politici wat met mooiklinkende frases en bangmaakpolitiek tegelyk, ’n vreesbevange spul ruggraatlose wit kruisiemakers oorgehaal het om F.W de Klerk en die NP se abdikasie in ’n referendum te verdoesel.

Die prys vir die verraad sal nie uitbly nie. Trouens dit word reeds stuk-stuk gevorder. Grondgryp is in die lug; plaasmoorde op weerlose ou mense is aan die orde van die dag; wit mense wat op regeringsgesag gedwing word tot werkloosheid en verval. Sommige wit gatlekkers klap hande en juig dat “ons is beter af.” Kaf. Die rykes het sekerlik ryker geword en die korruptiewes meer korrup, maar die armes het armer geword en dit is hartverskeurend om die verval en armoede onder ons mense te sien. Alles met een doel voor oë – om ’n eens trotse wit ras te laat verbaster en te laat verdwyn. Duisende burgers wat aan hierdie land help bou het, is die landuit omdat hulle onveilig voel of totale armoede in die gesig gestaar het. Vryheid, my voet!

Van een ding is ek egter seker – geen Boer met selfrespek sal hierdie Bolsjewistiese “Vryheid” aanvaar of vier nie! Intussen kom die aasvoëls bymekaar om te plunder en te roof wat nog oorgebly het. Die rumoer van vegvliegtuie in die lug bokant Pretoria, die stad van Andries Pretorius en Paul Kruger, bring nie Vryheid nie maar basuin ons knegskap uit.

Goddank, diep binne-in die borskaste van hulle wat Boervolk is en Boervolk wil wees, voel ons die tinteling van ons Vryheid groei – onmisbaar en onvernietigbaar – die Boervolk sal weer vry word. Hier is nie ’n mag op aarde wat dit kan keer nie.

Ons sal vry word want ons wil vry wees. knegte van die ALLERHOOGSTE teen die hele wêreld vry!

Piet Rudolph vir Boere-Republikeine.

Schweizer-Reneke, 7 Augustus 1993. Vryheid van die dorp
BOEREVRYHEID - Schweizer-Reneke, 7 Augustus 1993. Vryheid van die dorp

Bloemhof, 1993. Vryheid van die dorp
BOEREVRYHEID - Bloemhof, 1993. Vryheid van die dorp