Vals en verdraaide geregtigheid - Andre Visagie 10 Jul 2014 PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 10 Julie 2014 18:30

 

Andre Visagie

From Andre Visagie's Facebook page

Goeie dag Face Book virende. Ek was gister in die landdroshof in Kimberley om gevonnis te word, nadat ek op 8 November verlede jaar skuldig bevind is aan die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. In 2011 op 29 Maart (nadat 30 polisiemanne op hy huis toegeslaan het 6-uur in die oggend in 'n klopjag) is ek in hegtenis geneem. Klagtes soos SABOTASIE, HOOGVERRAAD TERRORISME en ander is gelys as moontlike klagtes, maar NEGE maande later is ek eers vir die eerste keer formeel aangekla op die volgende klagtes: Klagte 1: Ek het my skoonpa se pistool op sy versoek in my kluis gestoor, omdat hy nie vir homself 'n kluis wou installeer toe die wet dit vereis het nie. Ek sou die vuurwapen op my dogter se naam plaas sodra sy 21 word en 'n lisensie kon kry (wat op die dag wat ek in hegtenis geneem is, 83 dae later sou wees). Al die vuurwapens wat op my perseel gevind is, het lisensies gehad - ook my skoonpa (wat so 1200 meter van my af woon) se vuurwapen. Ek moes blykbaar 'n brief by die polisie kry om "wettig" my skoonpa se vuurwapen te kon "besit" MAAR DIT STAAN NIE GESKRYF IN DIE BOEK WAT MENS MOET LEER VIR 'n VUURWAPENLISENSIE (dat jy so 'n brief moet he nie) NIE!!!! My skoonpa het ook kom getuig dat hy die GELISENSIEERDE wapen vir my gegee het om te berg en het aan die polisie die lisensie getoon. Klagte 2: 'n kas met 6 pype wat kan haelpatrone se slagdoppies kan skiet, saam met 'n hewige klomp ammunisie (geweer patrone) in my huis gevind is - dit was versteek bo (in die tassekas) in my seun se hangkas en my seun het by 'n vriend van hom gaan kuier. Ek kyk nooit in my vier kinders se hangkaste wat daar aangaan nie - EN ALLERMINS IN HUL TASSEKAS BO-IN! Die kas was geplant deur wat 'n polisielokvink wat vandag in die hof bekend gemaak is. Ek is skuldig bevind dat ek die kas "in MY besit" gehad het! kLAGTE 3: In my motorhuis (wat nou nog stampvol is van goedere wat in my oorlede ouers se woonhuis was,) het 'n polisieman in my afwesigheid 'n enkele R 1 patroon "gekry"!! Ek is aangekla vir die "besit" van enkele patroon, is daaraan "skuldig" bevind en is vandag vir die "besit" van daardie enkele partoon gevonnis tot EEN JAAR GEVANGENISSTRAF!!! Vir Klagte 1 is ek tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis en vir klagte 2 tot drie jaar gevangenisstraf. Dit ten spyte daarvan dat ek nog nooit aangekla en skuldig bevind is aan ENIGE misdaad hoegenaamd nie EN DAT DIE STAAT SE MAAKSKAPLIKE WERKER SOWEL AS DIE KORREKTIEWE DIENSTE AMPTENAAR aan die hof aanbeveel het dat ek slegs 'n boete en opgeskorte vonnis moet opgele word!!!
Die verhoor het NEGE EN DERTIG MAANDE GEDUUR en is vandag afgehandel.
Gedurende die verhoor het die koerante en radio oneindig baie leuens gepubliseer oor die aangeleentheid - onder andere het die Diamond Advertiser, wat hier in Kimberley verskyn, gerapporteer dat die polisie "AK 47 rifles" by my gevind het en dit gekonfiskeer het. Van die eerste dag af het die koerante gerapporteer dat die polisie volgens die polisiewoordvoerder ook " 16 vermoedelik gesteelde selfone" by my gekry. Nou weet ek ook nie waarom sal ek 16 selfone "steel" as ek kon bekostig om die R190 000.00 se regskoste tot op datum te kon betaal nie!!!. Ek is nooit vir enige diefstal aangekla nie! My advokaat het vandag aansoek gedoen om te appelleer teen die skuldigbevinding en die vonnis. Die aansoek om te appelleer teen die skuldigbevinding, is goedgekeur, maar die aansoek om te appelleer teen die vonnisse is afgekeur, want die landdros het gese dat die vonnisse sal outomaties verval indien die appel teen die skuldigbevindings slaag.

My borgtog is verleng en ek moet een keer per week by die polisie rapporteer.

Die berig wat die radio (RSG) uitgesaai het dat my aansoek om te appelleer 21 Agustus aangehoor sal word, is verkeerd - die aansoek is vandag gedoen en is reeds toegestaan.

Die TV (3) berig dat ek onder huis-ares is en vir wapenvervaardiging aangekla is, is ook vals.

Baie dankie vir al my vriende en familie wat my bygestaan het en vir hul gebede die afgelope 39 maande. Ons Hemelse Vader JHWH se wil sal geskied - ook as Hy vir my in die tronk werk het om daar te gaan doen.

Ek is, soos al my vriende seker ook, KEELVOL vir die media wat ons Boere-mense beswadder om ons af te skrik om nie saam te staan as mense wat ontevrede is met die gemors in die Nuwe SA nie. Daarom versoek ek u wat hierdie stuk lees - "share" dit of stuur dit minstens aan, sodat ons ook die waarheid onder die aandag van ons eie Boere-mense kan bring. Ons dien immers die Een wat gese het "Ek is die Weg en die WAARHEID en die Lewe". Boeregroete.