Wie is Boer en wie nie? - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 18 Julie 2014 11:00

 

10 Oktober 1987 - Bloedrivier

WIE IS BOER EN WIE NIE?

Daar is nie twee "Boerevolke" nie. Daar is net een. Hulle wat met wapengeweld onderdruk is.
Daar kan ook nie 'n Gelowige Boerevolk en 'n ateïstiese Boerevolk bestaan nie. Wie nie bereid is om soos President Paul Kruger ook "op staatkundige gebied die ewige beginsels van God's Woord" te bely nie, kan nie 'n Boer wees nie. Sonder die Almagtige in ons volkslewe trek ons 'n streep deur die Gelofte wat net deur Boere afgelê is en die fondament waarop die hele Boervolk se bestaan gebou is.
Net so kan jy nie 'n Boer wees as jy nie wil voortbou op die herstel van die 2 Boere-Republieke- Transvaal en die Oranje Vrystaat met Noord-Natal ingesluit, nie. Praatjies van 14 republieke en tot by die Kongo-rivier is praatjies vir die vaak.
Daar is ook net twee vlae wat ons as Boere kan aanhang- die Vierkleur en die Vrystaatse vlag. Om te sê jy is 100% en meer Boer en dan die vlag met die Union Jack daarop, rond te swaai, is 'n getuigskrif van totale onkundigheid en 'n vertrapping van dit waarvoor meer as 35 000 Boerevrouens en kinders gesterf het.
Ons Boere se onsterflike ideaal en dryfveer is Vryheid- Dit waarvoor ons voorsate GESTRY EN GELY HET. Niks anders nie!

Piet Rudolph: piet.rudolph@gmail.com