Boere-Afrikaner wat is dit? - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 25 Julie 2014 11:00

 

Boerestaat

BOERE-AFRIKANER WAT IS DIT?

Die bogenoemde vraag kan net een antwoord hê. Daar bestaan nie so iets nie. Wat party politici nou daardeur probeer skep is 'n platformpie dat hulle namens ’n groot groep blankes praat. Daarmee hoop hulle om die ANC te beïndruk en ’n basis te skep vir samesprekings.

Wat die sogenaamde Boere-Afrikanervolksraad inderdaad hiermee skep is ’n siamese monster- twee koppe op een lyf. Iets wat geen hoop op bestaan het nie.
Boonop wil die "mense" praat met die regering oor “staanplek". Territoriale skeiding” is die gonswoord. Niks oor die herstel van die Boere-Republieke nie. Wat dit betref is dit iets wat lankal in die BAV se snippermandjie lê omdat hulle reeds as Afrikaners afskeid geneem het van die Boerevolk en sy lang geskiedenis van stryd.

Dit het tyd geword dat die Boerevolk herhaal wat al verskeie kere in die verlede gesê is, naamlik dat die BAV of enige instansie wat nie die herstel van die Boere se grondgebied wat in 1902 met wapengeweld afgeneem is, opeis of herstel wil sien nie, besig is met ’n berdrogspul. Ons Boere wil nie ’n karavaanpark, geskenk deur die Bolsjewiste iewers op ons grondgebied sien nie. Ons Boere wil die Boere-Republieke terughê. Nie ’n lappie grond op iemand anders se genade nie.

Daarom kan die BAV praat met wie hy wil maar hy praat nie namens die Boerevolk nie. Hierdie misleiding moet gestaak word. As mnr. Breytenbach en sy serpdraers iemand wil verteenwoordig kan hulle met die grootse liefde hulle :dertigduisend" Afrikaners verteenwoordig. En hulle kan daaroor “Kleinfontein” en “orania” net soos hulle wil. Dit is nie ons Boere se saak nie!

KONFERENSIE PRETORIA

Daarom roep ons elke regdenkende Boer op om Saterdag 26 Julie se konferensie in Pretoria by te woon.(Besonderhede van plek is reeds verstrek)

Sedert die Vernedering van Vereeniging, verby die Uniewording en die skandalige republiek van 1961- 1994 het die Boerevolk nog altyd geswyg. Ons sal nie langer nie.


Piet Rudolph vir Boere-Republikeine e/pos piet.rudolph@gmail.com