Ope Brief aan Abel Malan - Marius Harding PDF Afdruk E-pos
Maandag, 28 Julie 2014 07:30

 

Geagte Abel

Ek neem kennis van jou skrywe waar jy beweer dat mense wie debateer oor hul identiteit Idiote is.
Verder plaas jy n fototjie om te wys wat sal gebeur met enige iemand wie julle teenstaan in julle aksies..... nou ja, kom ons kyk wat in jou are vloei..... ek gaan jou nou openlik aanval en dan gaan ek kyk of jy die moed van oortuiging het om jou drygemente uit te voer.

Kom ek gee jou eers gou n les in volksleierskap, aangesien jy nou die bruinpak afgestof en laat droogskoon maak het kan jy dalk so paar lesse waardeer om jou meer aanvaarbaar te maak vir n verteenwoordiger van die nuutgestigte (of in proses van stigting) Baster Boer en Afrikaner volkie genaamd die Boere-Afrikaner

Les 1; Diplomasie
Abel, gaan kyk bietjie na die Russiese leier Vladimer Putin, hy is n volksleier soos min, en dan gaan kyk jy hoe gemaklik hy problem hanteer, ten eerste is hy in voeling met sy mense. Hierdie mense ag hy as belangrik en hy noem hulle nie idiote nie, want hy verteenwoordig hulle.... Twede gebruik hy elke geleentheid om juis weg te bly van geweld af en deur slim skuiwe sy oponente te fnuik....

Nou bring dit my by jou en jou sienswyse van hoe om probleme te adreseer. Eerste neem jy nou nie deel aan belangrike debate soos identiteit nie, nee dit is immers mos n problem wat jy dink sal verdwyn soos wat tyd aangaan, en dit gaan nie gebeur nie, dan is jou frustrasie vlak hoog en jy moet dan dreigemente prober om die problem te oorkom..... wat ook nie gaan gebeur nie..... Abel, met alle respek, so n leier sal ek hoogstens n paar bandiete laat oppas in lande waar hulle skoffel.

Les 2
Wanneer jy op n kretieke oomblik is van jou langer termyn plan, is dit uiters dwaas om skoor te soek met enige iemand wie jou hand moontlik kan versterk. Sien Abel, vanaf sowat 1986 toe ek betrokke begin raak het by die Boervolk se herlewing het ek gesien hoe die herlewing van die Boervolk se identiteit groei, en elke jaar groei dit meer en meer, en sedert julle klompie vir ons gaan meer mense betrokke kry het by die buite parlamentere politieke speelveld het die hoeveelheid mense wie nou na hulself verwys as Boere selfs meer gegroei (dankie). Om in jou gedagteveld te he dat hierdie tendens gaan verdwyn wys vir my dat jy beperkende kennis het tot n groepie saamsingers wie hul eie dogma glo...... jy gaan met skok uitvind dat dinge op grondvlak anders daarna uitsien as wat jy gedroom het.

Les 3 Mandaat
Abel, ek het julle mandaat destyds beskou en vir myself gese; Die mense gaan nie ten uitvoer bring wat hulle gehoop het binne die tydsgrens van hul mandaat nie..... kan jy dalk n vervrissing gee van hoe julle mandaat gelees het?..... Ek kan nou nie meer mooi onthou nie, maar ek dink dat julle termyne reeds verstryk het?.... Moes julle nie reeds weer n verkiesing gehou het nie?....
Dink nou as jy daar voor Zuma sit en hy loer vir jou oor sy bril en vra vir jou hoe lyk jou mandaat?.... en as jy dan nou die oorspronklike een uithaal dink ek hy gaan jou vra om weer n verkiesing te gaan hou en dan met n vars mandaat na hom te te kom?...... dink jy nie ook so nie?

Les 4 Valsheid
Abel, jy moet onthou dat die eintlike heersers van die land net die blygemaakte veewagter as seremoniele posisie geplaas het, en die wie werklik die toutjies trek is nou nie regtig dom nie. Nou jy sien Abel, julle het nou n nuwe volk loop stig, die Boere-Afrikaners en so deur die loop van tyd verwys julle manne soms na die volk as Afrikaners en ander volksraadslede praat van Boere en ander hou by die Boere-Afrikaner gedagte..... sien Abel die probleem is dat julle historiese eise voorhou as julle sin, maar daardie historiese eise behoort aan die Boervolk..... (Net so terloops Abel, jy kan argumenteer oor jou Afrikaners net soos jy wil, die Boervolk is steeds op die lippe en geheue van die hele westerse wereld en hulle gaan nie val vir die foefie nie.) As jy argumenteer dat jy die Afrikaners verteenwoordig gaan enige man by vermoe om te lees vir jou se dat jy nie n halwe present van die teikengroep verteenwoordig nie, en dat die Golflandgoed mense n beter kans het om al die golf estates as nuwe volkstate te kry want hulle het immers al n klein mate van selfbeskiking, en hulle woon reeds bymekaar ens.....
Om enige iets op die tafel te sit van die Boervolk gaan jou niks help nie want jy verteenwoordig spesifiek nie die Boervolk nie...... dit word dan ook met julle eie dokumentasie weerle

Abel, daar is nog n paar lesse wat ek jou kan gee, maar aangesien ek nou nie sal toestem dat jy my verteenwoordig nie, moet ek vir jou se dat enige tyd wat ek bestee om jou iets te leer meer n tydmors sal wees, veral omdat ek dink as julle nou weer n verkiesing moet hou julle nie naastenby dieselfde getalle gaan trek nie en dus gaan julle jul tyd mors.

Ten slotte Abel, ek is regtig moeg vir onbevoegde leierskap wie by gebrek aan insig en diplomasie rondval van een kort termyn plannetjie na die volgende een.

Groete

Abel Malan - clow version

Laas Opdateer op Maandag, 28 Julie 2014 07:36