VVK verduideliking? - Marius Harding (Propatria) PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 30 Julie 2014 12:52

 

STOP VVK

From Hermanus Nicolaas Harding (Propatria)

Ek is nou oor die laaste twee dae lasting geval deur baie mense wat blykbaar dink ons is besig met n kinderkrans partytjie waar ons almal ter wille van ‘eenheid’ nie ons opinies moet lig nie en bloot meedoen aan dwaashede.

Ek word beskuldig dat ek die VVK Boere-Afrikaner Volksraad in die wiele probeer ry.
Ek word verder beskuldig dat ek van die Volksraadslede in persoon teiken
Ek word beskuldig date k eenheid saboteur
Ek kla maar doen self niks

Nou asseblief, gee tog aandag vir n rukkie dan sal almal nou weet hoe die wind waai;

Vryheid;
Geen volk op die aarde sal vry word sonder dat hulle hulself vry maak nie, en dus vryheid kan afdwing nie.Ons as Boervolk se enigste struikelblok na Vryheid is onsself.
Indien iemand dink hy kan dit by n hof gaan kry sal hy uitvind dat hy by daardie selfde hof gaan moet aanklop om die begunstigdes te forseer om nou die bevel te gehoorsaam. Dus moet ek almal teleurstel wat dink ons is naby vryheid en vir hulle se dat sou die BAVR dit reggekry he tom n gemidelde bydrae van R50 per lid van hulle volk te kon monster dan sou ek reeds baie meer opgewonde gewees het namens hulle….. die gemidelde ondersteuner van die BAVR spandeer meer as tien maal meer belastings aan die NSA as wat hy/sy bereid sou wees om aan sy eie verkose volksraad te betaal.
Om dus my sienswyse in konteks te sien met die nuutste verwikelinge moet die leser ingedagte hou dat ek hier en nou verklaar dat die deursnit ondersteuner van hierdie VVK Volksraad nie self hard genoeg glo in hulle planne om dit ten volle te ondersteun nie.

Regeerings permisie
Orania het al n paadtjie oopgetrap na die regeerders toe, hulle kan getuig daarvan dat die regeering se houding teenoor hulle is; Maak dit n werlikheid! …. Dus is die regeering nie soseer gekant teen hulle begeerte om n aparte volkstaat te skep nie, hulle se basies net dat hulle dit nie vir die Oraniers gaan doen nie. Orania ondervind minimum weerstand van die regeering, volgends wet mag hulle byvoorbeeld nie self bouplanne ens goedkeur nie want hulle is nie n erkende munisipaliteit nie, tog laat die plaaslike regeering hulle began om binne hulle gebied te maak soos hulle wil. Ek dink dat die Here by daardie vereedelde beeswagter se kantore gaan uitstap met n groot jubel en n tiptoe want die boodskap sal wees…… gaan en maak julle droom n werklikheid!
Ek het niks daarteen dat hulle na n regeering toe gaan om te onderhandel nie, ek weet baie goed wat die bybel se, maar daar is ook talle voorbeelde van die teendeel, byvoorbeeld, as jy n volksvreemde verkeersbeampte gehoorsaam is jy tog besig om met die ‘vyand’ te werk?.... Of by Pick n pay se toonbank betaal jy aan n volksvreemde ens….
Soos ek reeds gese het, sonder dat jy die roete gevolg het om eers die groter volk agter jou te kry kan jy honderd toestemmings kry, dit gaan jou nie n tree verder bring nie.
- Ek dink dus dat dit prematuur is om enigsins met die regeering te gaan praat oor vryheid. Wat ek wel eerder sou gaan bespreek het is XYZ wat n verskil kan maak.

Identiteits probleme
Hierdie is die kern van baie probleme, wanneer van hierdie BAVR lede praat dan gebruik hulle wisselvallig terme soos Boere-Afrikaners en Afrikaners asof dit een ding is, volgende gebruik hulle die term Boer wanneer hulle so voel. Geen Boer wie ek ken is gediend om n Afrikaner genome te word of enigsins geassosieer te word met die Cape Dutch Afrikaners nie, nou is daar natuurlik n groot grys Area want Allan Boesak is ook volgends himself n Afrikaner, en so het Thabo ook verklaar dat hy n Afrikaner is … (Natuurlik met die begrip dat hy n boorling van Afrika is) en so het Jonker Afrikaner (Stigter van Windhoek) die man gewees wat die Afrikaner term international verower het deur ooreenkomste te sluit met beide Duitsland en Britanje onder die vaandel van Afrikaners, verder het tot die leier van die BAVR Andries Breytenbach se pa n onderskeid gemaak in sy geskiedenis skrywes van Afrikaners (Kolonianers) en Boere as Transvalers en Vrystaters. Die ABO het die twee blanke Afrikaansprekende groepe finaal geskeur. Ek het egter geen problem met iemand wie na himself verwys as Afrikaner nie, ek he took nie n problem met iemand wie na himself verwys as Boere-Afrikaner nie, want ek respekteer hulle keuse om hulself te identifiseer volgends hulle sort. Ek word bemoerd wanneer hulle een van daardie begrippe om my nek wil hang, en ek sal dit in elk geval nooit aanvaar nie.

Mense kan se dit is nie belangrik nie, dit is hul keuse, vir my is dit wel belangrik dat mense my keuse van identiteit sal respekteer en iemand wie dit nie doen nie het HOMSELF aan my verkeerde kant geposesioneer!

Wie verteenwoordig die VVK BAVR
Hier kom n volgende probleem, ek kan nie verstaan hoekom daar altyd n gespook en spartel is oor getalle nie. Voor die verkiesing was daar glo meer as 30 000 gerigestreer, en met die verkiesing is daar toe net iets soos 23000 wat wel gestem het? Dus het bykans n kwart van die mense nie gaan stem nie, wat tog beteken dat hulle ontrek het?

Ek hoor iemand redeneer dat hulle (BAVR) die enigste is met n mandaat, en daarom is hulle die enigstes wie mag praat namens die Boere, die Afrikaners en die Boere-Afrikaners…. Dit is absurt. Die FN party het seker ook n mandaat om namens die mense te praat wie vir hulle gestem het, en so het die VF+ verseker n groter steunbasis as die VVK mense?..... Nou moet ons ook in ag hou dat hierdie VVK n voorskrywende beleid gehad het, die kanidate moes vooraf ooreenkom dat hulle ter wille is van n volkstaat en ander beperkinge. Dus het die VVK n beleid gehad en dit maak van hulle n organisasie en nie n onafhanklike verkiesings komisie nie. Sou elke kanidaat self n beleid neergesit het op die tafel dan sou dit meer na n onafhanklike verkiesing gelyk het.

Indien hierdie mense konsikwent gewees het in hul uitsprake sou dit nie nodig gewees het om vir die regeering kennis te gee dat hulle nie namens al die Boere praat nie, maar uitsluitlik hul lede.

As ek moet raam wat is die persentasie steun wat hulle binne hul teikengroep het skat ek dat dit 0,02% is. Dus kan eerder geredeneer word dat meer as 99.8% uit 100% van hul teikengroep hulle verwerp en dus nie toevertrou om n beter uitkoms te lewer as die ANC regeering nie. Gegewe dat die ANC uiters swak presteer behoort die mense te besef dat hulle nie naastenby op die tafel plaas wat die breer teikengroep wil he nie.

Persoonlike aanvalle
Vir iemand soos Abel Malan om stellings te maak dat die wie nie met hom saamstem nie se koppe gaan waai is dood eenvoudig n streep in die sand trek. Ek is teleurgesteld dat n klomp mense hul ongebore nageslag se toekoms in sy hande plaas met sulke diplomatieke vermoe. Om om te draai en my te beskuldig dat n aanval loods na sy publikasie van uitgesproke diktatorskap val hy in die klas van die huidige regeering.
Enige iemand wie my aanval oor my openbare skrywe aan Abel moet asseblief eers die geskiedenis van sy plasing gaan oplees.
Met sy houding is ek nie verbaas dat die deursnit Afrikaner en Boer nie geloof het in hul planne nie.

Eenheid Saboteur
Ja ek pleit skuldig op hierdie aanklag. Ek is nie een vir blinde eenheid nie. Die NP het immers die HNP voorloper ook beskuldig dat hulle eenheid skaad….. So is dit dan date k wel met enige party sal saamwerk op n gegewe doelstelling.
Eenheid is nie altyd goed nie, veral as daar verwag word dat almal breindood moet volg soos skapies na die slagpale toe.
Ek het destyds ook gese dat Constand Viljoen nie te vertroue is nie, en ek was ook beskuldig date k eenheid opponeer… nou ja, ek hoef seker nie uit te brei nie?....

Voeg bymekaar wat by mekaar hoort!
Hierdie slagspreuk hoor ek amper weekliks, maar die gebruikers daarvan verstaan dit nie mooi nie. Dit beteken ook dat jy NIE moet bymekaar sit wat NIE bymekaar hoort nie!.... Ons Voorouers het getrek uit die kaap uit weg van ander blankes af, en special van die Liberale Afrikaner af….. Later het hierdie Cape Dutch Afrikaners teen die Boervolk oorlog gemaak en is hulle medepligtig aan die moored op derduisende Boerebabas wat hulle laat verhonger het en n marteldood gesterf het. Enige iemand wat wil he date k met sulke mense in n eenheid getel moet word is van lootjie getik, dit is so goed mens gaan spoeg op die Boerebaba’s se graffies….. daardie Boerekindertjies en die jongmeisies en die ouma’s se bloed roep uit die aarde, die rekening is oop en iewers in die toekoms gaan daardie onskuldiges gewreek word…… in die nagte as ek oor my volk dink, dan sien ek in my geestesoog hoe daardie kindertjies vermaar het, en dan lees ek argief materiaal wat die Afrikaanse koerante in die Kaap gese het van die Boervolk!......
Daarom vra ek mooi aan al die sogenaamde leiers; Moet nie bymekaar sit wat nie bymekaar hoort nie.

Wat doen ek?
Baie jare gelede het ek die roete na vryheid bekyk en ek staan by my stellings; Ek het n 300 jaar plan, en binne hierdie plan is sekere mylpale. Ek voorsien dat ons so bietjie voor schedule is want waar ek gedink he tons sou wees oor 30 jaar is ons al op twintig jaar verby. My planne behels; Ontdekking van identiteit 2. Polariseering weg van ander groepe blankes af 3. Aanwas van die Boervolk 4. Verbeterde volks onderig (skoleering) 5. Daarstel volksekonomie parallel met ekonomie 6. Ontsnapping uit die greep van die Kerke en n nationale geloof wat die bybel aanvaar maar die dogma afskud.
Vir hierdie om te kan gebeur is alles baie stadig, ons mense leef nog ver te lekker, hulle kies nog om eerder n mooi kar te ry as om n hele klompie kinders te he… hulle gaan kyk eerder rugby voordat hulle n oomblik spandeer om na te dink oor hul eie ongebore nageslagte se toekoms, en wat hulle self daaraan kan doen….
Ek is dus besig om stelselmatig my planne te bestuur al gebruik ek ander mense en ander instansies om dit ten uitvoer te bring en sorg dat ek met die meningsvormers binne my teikengroep werk om my doelstelings te bereik. Verder woon ek graag volksgedrewe aksies by en ek lewer earlike opregte opinies waar ek dink nodig om mense soos jy wat hier lees te oortuig om die regte roetes te neem. Ek het geen ambisie om n leier van mense te word nie, want dit sou beteken in n politieke situasie date k verantwoordelik moet wees vir ander mense se ongebore nageslagte se toekoms, en dit is n baie te groot verantwoordelikheid vir n dom mal Boer soos ek.

Groete

= = =

About VVK / BAVR

VVK, the name of your “freedom” is Boer Genocide. Nov 2012
Feb 1, 2012. White Genocide in southern Africa: anti-Boer white Afrikaner propaganda at the European Parliament
Jan 2012: in Orania the “parliament” of the nation that doesn't exist
VVK, what is your nation?
Abel Malan in jail. Free “Cliffie”! Free all Boer patriots!
April 2011. Paul Kruger (VVK) to the International Criminal Court. Does he give himself up
UNPO, 5 April 2011: the VVK on the VF+ road
Elections and other initiatives. The Chaos will not free the Boer nation
The VVK is outside of the boundaries of the Boer nation
Why a Volksregister, why VVK? - Marietjie Smuts
The nature of the afrikaner “volksraad” of the VVK
The nature of the VVK

= = =

Boer Republican Electoral Commission (BVK)