Oor mense wat sê dat hulle Boere is en dit nie is nie - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 03 September 2014 11:00

 

NO BAV - Free Boer Nation

'N POLITIEKE TWEEGESPREK

Oor mense wat sê dat hulle Boere is en dit nie is nie

Man, jy is nie 'n Boer nie. Nog minder is Abel Malan. Jy is nie eers 'n Afrikaner nie. Jy is 'n Boere-Afrikaner- Julle nuutskepping om te maak of Boer en Afrikaner dieselfde is. As jy 'n Boer was sou jy 'n Boere-Republikein gewees het!
Om volik te wees moet jy gondgebied hê of gehad het wat jy steeds as jou eie beskou. Wys my in die gedkiedenis waar daar 'n volk was soos Boere-Afrikaner! Waar was die land van die Boere-Afrikaner?
En, dan, wanneer julle argumentjies aan flarde is wil julle, julle opponente uitmaak as NI-agente.
Kom ek sê jou wat jy nog in die politiek moet leer. Wie dei verdelers is en wie die heersers is. En wie die vuilwerk doen!
Die laaste ding wat die Bolsjewiste wil hê is 'n Boerevolk wat sy grondgebied terug wil hê. Dit is 'n stuk aarde wat bietjie groter is as die plakkerskampe van Kleinfontein en Orania.
Daarom praat die Bolsjewiste nie met die Boere oor grond nie. Hulle praat met die mense wat hoed in die hand wil bedel vir 'n karavaanparkie of nog 'n plakkerskampie.
En die meeste van DIE SERPDRAERS het al saam met Zuma gevreet. Om dit te kon doen moes hulle 'n sekerheidsklaring ontvang het van N.I. dat hulle SKADELOOS is.
Dit is die NI-agente wat die regering se vuilwerk doen om verdeeldheid by die volk in te dra en sodoende die Volk- wat onkundig is- uitmekaar te hou en weg van die ideaal van vryheid en herstel van die Boere-Republieke. Solank die aandag afgetrek word van die groter eis. En dit is presies wat die BAV doen!
Jy kan duisend keer sê jy is 'n Boer. Jy is vals. En om dit te bewys kom sê onomwonde jy is 'n Boer-Republikein. Dan sal ons weet waar ons met jou staan! Ek begin 'n slegte gevoel kry waarom jy so fanaties is. Praat jy vir jouself of ..........
Julle bontpraters is so bedwelm met die politiek dat ek begin vrees dat julle nooit gaan wakker word nie. Dit is julle politiek om met die regering te baklei omdat julle partykeer nie elektrisiteit het nie, maar of julle nageslag 'n vaderland sal hê, maak nie eintlik saak nie!

Piet Rudolph: Organiseerder: Boere-Republikeine.
072 419 3516.


DIE BAV SE PERSVEKLARING OOR HULLE GESPREK MET DIE REGERING.

1. Die onderstaande is 'n persverklaring uitgereik deur die sogenaamde BAV na sy samesprekings met die regering.

2. Die Bav verklaar self dat die samesprekings het gegaan oor"die toekoms van Afrikaners"

3. Die "Opbouende vrae oor veral die uiteindelike formaat van 'n Afrikaner-volksrepubliek en kon almal positief beantwoord word." Ongelukkig weet ons nie en word ons in die duister gehou
oor hoe die vrae "positief beantwoord" is. Tipies die ou taktiek van die nou gestorwe NP!

4. Nie 'n enkele woord oor vryheid nie. Net oor diegene wat "selfbeskikking nastreef.

5. Ons wil herhaal: Hierdie gesprekke is futiel en die selfbeskikking wat hie bweoog word, is soos parool vir 'n prisonier. Dit geskied op iemand anders se voorwaardes.

6. Wat ook uitgespel behoort te word is die betekenis van die woorde: " 'n verenigde demokratiese staat?"

6 Ons herhaal: Die BAV praat nie namens die Boerevolk nie. Cyril RAMAPHOSA het die NP se onderhandelaars ore aangesit omdat hulle wydsbeen oor belangrike kwessies wou loop. Hou maar dop wat hier gaan gebeur. Die eis van die Boerevolk is Vryheid op sy herstelde Boere-Republieke. Finis en klaar!

Piet Rudolph- Boere-Republikeine.
072 419 3516.


"Samesprekings Boere-Afrikaner Volksraad met regering
Verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad (BAV) het gister, 28 Augustus 2014, met Adjunk-president Cyril Ramaphosa samesprekings by die Uniegebou in Pretoria gevoer oor die toekoms van Arikaners. Die volgende media verklaring is nou deur die BAV uitgereik: “Ons het geen negatiwiteit oor die beginsel van selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk ervaar tydens die gesprek nie. Die byna twee en ‘n half uur lange gesprek het openhartig en in goeie gees verloop. Dit was hoofsaaklik ‘n informatiewe gesprek. Opbouende vrae oor veral die uiteindelike formaat van ‘n Afrikaner-volksrepubliek is deur die regeringsafvaardiging gestel, en kon almal positief beantwoord word. Daar is ooreengekom dat daar nog baie gesprek met mekaar nodig is. Die Regeringsafvaardiging sal pres. Zuma op hoogte stel, en sy kommentaar sal in ‘n opvolggesprek bespreek word. Mnr. Ramaphosa het bepaalde operasionele voorstelle aan die afvaardiging van die Boere-Afrikanervolksraad gemaak, wat eers aan die volle Volksraad gerapporteer sal word om te oorweeg binne sy strategiese beplanning. Intussen het die Volksraad die onderneming gegee om ook ander Afrikanergroepe wat selfbeskikking nastreef, sal nader met die oog daarop om die proses meer inklusief te maak sodat die regering uiteindelik slegs met ‘n enkele forum gesprek hoef te voer.” Inmiddels het ‘n regeringswoordvoerder Ronnie Mamoepa na afloop van die vergadering gesê Ramaphosa het tydens die samesprekings opnuut die belangrikheid van die Handves van Menseregte in die Grondwet bevestig, in besonder die regte van alle burgers om hulle kultuur, geloof en taal in ‘n verenigde demokratiese staat uit te oefen. Ramaphosa het ook gesê die regering is daartoe verbind om meer duidelike beleidsrigtings aan die sakesektor te verskaf, terwyl hy daaraan werk om beleggersvertroue in die land te verstewig."