Ons huldig Genl Koos de la Rey PDF Afdruk E-pos
Sondag, 14 September 2014 16:01

 

ONS HULDIG GENL KOOS DE LA REY : LEEU VAN DIE WES-TRANSVAAL

Genl Koos de la Rey

Môre, 15 September, sal dit 100 jaar gelede wees dat hierdie gevierde Boerpatriot, in die strate van Langlaagte deur die polisie van die Afrikaner-regering van Louis Botha, doodgeskiet is.

By die stasiegebou in Langlaagte was 'n bronsplaat aangebring om die plek aan te wys en die gebeure te herdenk. Dit is sedertdien gesteel en nooit weer vervang nie.

Ons Boere gaan vandag daarheen om die gebeure te herdenk onder die leiding van Dave Christie en Anton Potgieter se Boere-efenisbewaring. Daar is ook 'n kranslegging.

Die erfenisbewaring wil 'n nuwe herdenkings-marmersteen aldaar oprig. Toestemming deur Spoornet is nog nie verleen nie.

Die straat se naam is sedertdien verander na Albertina Sisulustraat.Dit is ter ere van een van die ANC se struggle helde.

Eer julle helde. Ons sal ons s'n vereer!


Piet Rudolph: Boere-Republikeine.