17 September 1990 - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 18 September 2014 18:00

 

ONS ROEP IN HERINNERING : 17 SEPTEMBER 1990

Pretoria, 10 Februarie 1990. Piet "Skiet" Rudolph, Robert van Tonder en Eugene Terre'Blanche

Gister, 24 jaar gelede is ek deur die Veiligheidspolisie gearresteer en vir ses maande aangehou ingevolge artikel/kragtens artikel 29 van die Veiligheidswetgewing van destyds.

Die rede vir my aanhouding is die stigting van die Orde Boerevolk deur my en ’n aantal ander Boere, toe dit duidelik geword het dat die NP en F.W. de Klerk gaan kapituleer en die land oorhandig gaan word aan die ANC. Ons het in opstand gekom teen presies die toestand van vandag wat ons destyds geantisipeer het. Mnr. Eugene Terre’Blanche en twee ander lede van die AWB was betrokke by die planne.

Aanvanklik was die plan om die volk wettiglik te bewapen maar toe dit duidelik word dat De Klerk gaan kapituleer het ons besluit om hom aan te vat met wapengeweld en die Boere-republieke terug te eis.

Daaruit het voortgevloei die diefstal van ’n groot aantal wapens by Lugmag-hoofkwartier wat uitgedeel is aan mense sonder wapens: bomaanvalle op ’n paar NP- en vakbondkantore: ’n aanval op die Britse Ambassade in Pretoria: ’n bomaanval op Melrose-huis in Pretoria, waar die Vrede van Verreniging gesluit is asook ’n poging om De Klerk by ’n openbare vergadering in Vryheid dood te skiet.

Die regering het ’n belonging van R 50 000 op my kop geplaas wat my beweelikheid baie aan bande gelê het. Ek kon nie organiseer soos ek wou nie.

Omdat ek deur die V/pol. opgelei is en amper 15 jaar ’n speurder was , het ek hulle werkswyse geken. Ek het voorsorg getref teen verraad, maar het nie die verraad verwag uit die oord waaruit dit uitendelik gekom het nie. Ek sou nie gevang gewees het as dit nie vir die verraad van hierdie persoon was nie. Ek troos my egter daaraan dat hy met sy reputasie en agtergrond, een honderd persent deur alle regses vertrou sou gewees het!

Hy het my na die Voortrekkermonument gelok nadat hy ’n week vantevore my na Bapsfontein probeer lok het. Die Vader het my behoed want die polisie sou my met hom saam in ’n lokval probeer het, het warvandaan hy sou weggehardloop het en ek doodgeskiet sou word!

Toe ons wegry van hom af by die Voortrekkermonument was die V/pol op ons spoor. Naby die Fonteinesirkel het die kar begin lol..

Toe ek later die dag gearresteer is en geboeid op die grond gelê het by Wonderboom-polisiekantoor, het een van die speurders vir my geva of die kar wou breek. Daarom weet ek waar die agtevolging begin het. Die V/pol. Het in ’n persverklaring probeer voorgee dat hulle my van Potchefstroom agtervolg het. Dit was ’n infame leuen.

Ek is op 18 Maart 191 saam met 40 ANC-gevangenes losgelaat sonder dat ek van enigiets aangekla is.

Daarvandaan het die veiligheidsapparaat in ’n dikstroom disinformasie begin saai. Bekende regses en politieke partye het daaraan deelgeneem.
Dit bekommer my nie. My vyande weet hulle kan my nie breek nie. En die vryheidsvlam brand vandag hoër en suiwerder as 24 jaar gelede!

Ons sal wen want ons wil wen!

Piet Rudolph: Boer-Republikeine.
072 419 3516.