Die afsluiting van 'n era - Die onsterflikheid van die Vryheidsideaal PDF Afdruk E-pos
Sondag, 09 November 2014 08:00

 

DIE AFSLUITING VAN ’N ERA- DIE VERGANGLIKHEID VAN DIE MENS- DIE ONSTERFLIKHEID VAN DIE VRYHEIDSIDEAAL

Vrydagoggend 10 30 het ons vir Servaas de Wet, oudkommandant-generaal van die AWB, vaarwel gaan sê.

Helaas, die afsluiting van ’n era soos op die onderstaande foto gesien kan word, Dit is ’n foto van ’n byeenkoms waar die AWB en HNP gepleit het vir ’n staanplek vir die wit man in Suid-Afrika. Op die foto verskyn mnre. Jaap Marais van die HNP, Eugene Terre’Blanche van die AWB tesame met kol. Servaas de Wet. Al drie nou reeds heengegaan.

By die kerk het mnr. Louis vd Schyff, sekretaris van die HNP, verhaal hoe die drieman in Junie 1990 by die Uniegebou met F.W de Klerk gaan praat het oor die teostand wat ons nou in is en wat hulle voorsien het gaan gebeur.

By die diens was teenwoordig mnr Andries Breytenbach, hoofleier van die HNP en mnr. Louis vd Shyff, mnre Andre Visagie en R Swanepoel van die Geloftevolk-Republikeine. Die AWB was verteenwoordig deur mnr. Jerry Bezuidenhout en die nuwe KG. Die begrafnisdiens is waargeneem deur dr. Wynand Swanepoel.

Vir al drie die heengegane manne wat so verbete in die stryd teen oorgawe gestry het, sou dit sekerlik ’n riem onder die hart gewees het om te weet dat die vryheidstryd woed voort. Weliswaar in klein verskillende stroompies wat uiteindelik weer sal groei tot ‘n magtige bruisende rivier van Vryheid. Nou is dit nog net ’n ideeal. Maar dit is besig om te groei. Hulle strewe was dus nie verniet nie. Die vryheidsdrang is onsterflik! Rus in vrede, kamerade.

Piet Rudolph: Boere-Republikein
072 419 3516.

Eugene Terre'Blanche, Servaas de Wet en Jaap Marais. 1991