Kranslegging; graf Terre'Blanche: 31 Jan 2015 PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 15 Januarie 2015 12:00

 

KRANSLEGGING; GRAF EUGENE TERRE’BLANCHE - VENTERSDORP, SATERDAG 31 JANUARIE 2015

Ventersdorp, 1993

Saterdag, 31 Januarie, 2015 herdenk ons as Boere-Republikeine, die verjaardag van die Boere patriot, Eugene Ney Terre’Blanche by die begraafplaas op die plaas by Randjesfontein, ongeveer 10 kilometer uit Ventersdorp op die Klerksdorp-pad.

Dit gaan ’n kort seremonie wees waar ons kransies gaan lê. As u kransies kan bring in die kleure van die Vierkleur, sal dit baie welkom wees.

Ons kom om 09 00 bymekaar by die ingang na die plaas langs die grootpad waar ons daarna in konvooi na die begraafplaas sal vertrek.

Met die heengaan van ons getroue kameraad, JP Meyer, het ons nie meer ’n kontak op Ventersdorp om vir ons ’n Vierkleur by die ingang aan te bring nie. As iemand weet van iemand wat vir ons die takie kan verrig, sal ons dit hoog op prysstel.

Vir navrae: Piet Rudolph: Sameroeper: Boere-Republikeine.
072 419 3516.