Majuba 2015 - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 03 Maart 2015 12:00

 

MAJUBA- ONS S’N OF WIE S’N?

Op 27 Februarie het ons as Boere-Republikeine gehoor gegee om dié dag as verootmoedigingsdag te gedenk. Ons het dit by Majuba gaan doen. Daar was ook baie Afrikaners. Hulle was in beheer en het die reëlings hanteer. Hulle het nie saam met ons verootmoedig nie. Daaroor is ons dankbaar. Hulle maak daarvan ’n feestelike naweek en of ons as Boere met hulle saamstem of nie, dit is hulle poging om mense bymekaar te kry om ons Boere-geskiedenis feestelik te gedenk.

Daar eindig dit ongelukkig nie. Ons gedenk Majuba in ’n tydsgewrig wat, soos voor die 1ste Vryheidsoorlog, daar daadwerklike pogings was om die Boerevolk te verswelg en te onderdruk. Vandag is dit erger want ons word regeer deur ’n Bolsjewistiese regering met een doel voor oë om die Boervolk en enigeen wat wit is , te integreer en sodoende te verswelg. Dat dit nog nie heeltemal gebeur nie, is te wyte daaraan dat ons steeds die goue reël het van soort soek soort. Vir die wat oë het om te sien moet dit egter duidelik wees dat daar reeds krake is. Kleinskaalse vermenging word grootskaalse integrasie!

Met die pas afgelope Majuba-fees het ’n skool- ons wil weet wie hulle is- hulle tente op die terrein laat opslaan deur swartes. Pure gemaksug.

Daar was ook swart skoolkinders wat blykbaar saam met hulle wit maatjies gekom het. Vir wat? Net om een rede - om die proses van integrasie aan die gang te sit. En die Afrikaners was in beheer. Hierdie jaar nogal die HNP. Ek glo mnr. Jaap Marais draai in sy graf om!

Natuurlik is Majuba ’n geskiedkundige plek. En mense kan daar gaan kyk as hulle wil. Maar gun ons Boere ook ’n plekkie in die son. Veral op die dag wat ons ’n belofte aan ons Hemelse Vader gedoen het. Die Afrikaners is besig met ’n onding op Majuba!

Dit het tyd geword dat die Boervolk wakker word en sy erfenisse in besit neem. Majuba is die Boerevolk s’n!

Piet Rudolph : 'n Boere-Republikein.
072 419 3516.

Majuba

MAJUBA-VIERING, HAAKDOORNBOOM
1.’n Heuglike en besondere Majuba-herdenking is Saterdag 28 Februarie, gehou op Haakdoornboom onder leiding van Marius Harding en veldkornet Johan du Toit.

2. Dit was ’n byeenkoms vir die gebied Noordelike Pretoria wat ook bygewoon is deur Boere-Republikeine van ander gebiede.

3. Die erns van die oomblik was duidelik aanvoelbaar en ’n eensgesindheid oor wie ons en waar ons vandaan kom duidelik op almal se gesigte te lees. Ons gaan wen want ons wil wen!

4. Foto’s is geneem en sal later geplaas word.

5. Die verrigtinge is afgesluit met ’n vleisbraai.

Piet Rudolph: Organiseerder: Boere-Republikeine
072 419 3516.